Hof moet nou besluit oor Walus se paroolaansoek

Tydens ‘n vroeëre betoging teen Janusz Walus se vrylating. Foto: ANA

Michael Masutha, voormalige minister van justisie en korrektiewe dienste, was bevooroordeeld toe hy besluit het om nie vir Janusz Walus, Chris Hani se moordenaar, parool toe te staan nie.

Só het adv. Roelf du Plessis, Walus se regsverteenwoordiger, Maandag in die Pretoriase hooggeregshof aangevoer.

Walus vra die hof om Masutha se besluit om te keer en hom op parool vry te laat en na Pole, sy geboorteland, te deporteer. Hy dien reeds meer as 25 jaar tronkstraf uit vir die moord op Hani, voormalige leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.

“Die redes op grond waarvan Masutha Walus parool geweier het maak glad nie melding van die positiewe aspekte vervat in Walus se sielkundige verslag nie. Dit fokus slegs op die negatiewe punte,” het Du Plessis gesê.

Volgens Du Plessis het die sielkundiges Joel Mbele en Zelda Buitendag albei bevind die kans is skraal dat Walus weer ʼn misdaad sal pleeg indien hy vrygelaat word. Hulle het ook bevind dat hy berou toon vir die moord. “Walus vat volle verantwoordelikheid vir wat hy gedoen het en het berou betoon teenoor Hani se familie. Hy aanvaar dat hy ʼn verkeerde keuse gemaak het. Ten spyte hiervan het Masutha steeds bevind dat Walus nie berou toon nie,” sê Du Plessis.

Dit is die vierde keer dat ʼn hof moet besluit of Walus vrygelaat moet word of nie. Du Plessis het die hof gevra om te besluit oor die saak eerder as om dit terug na die minister te verwys.

Adv. Marumo Moerane, Masutha se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê die besluit om nie aan Walus parool toe te staan nie, was ʼn rasionale besluit wat geneem is op grond van die sielkundige verslae wat aan hom beskikbaar gestel is.

“Die minister het rede gehad om bekommerd te wees oor Walus se gebrek aan berou. Indien jy nie berou het nie, is die risiko dat jy weer ʼn misdaad pleeg soveel groter,” het Moerane aangevoer.

Uitspraak word voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

wilma ·

hoeveel moordenaars het werklik berou getoon en so min as ses jaar agter tralies dan weer op str om weer misdaad te pleeg

Corrien ·

Berou, my magtig die ja stemmers moet Berou toon. Elke dag ervaar ek die negatiewie gevolge van die flippen ja stemmers. Mede danksy hulle sit Walus nog in die tronk, skande.

PJC ·

Dit is onaanvaarbaar dat hierdie minister en die Hani familie meer sě het as die howe. Dit is hierdie tipe optrede wat wys hoe diep die haat vir die witman loop. So lank as wat hierdie tipe optrede plaasvind sal ons mekaar haat. Dit beklemtoon ook hoe min van ń toekoms ons en ons kinders onder ń ANC regering het.

Stebastiaan ·

Hierdie minister is net soos die voriges net weer besig om haat aan te blaas. Is hani se lewe dan meer werd as al die boere vermoor is, driekwart van hulle moordenaars is al parool toegestaan. Hierdie land het twee regstelsels, sonder twyfel!!!

Christa ·

Dis die onregverdigste mense wat sulke besluite Moet Neem. Hoekom Moet Hani se familie n sê he. Word Plaasmoorde se agtergeblewendis in Ag geneem as moordenaars na kort straf weer op straat loop. Hani Gaan nie terugkom nie. Die Kans is ook goed dat Wallus se saak met Sy God reg is en die wat so onredelik is nie saam met Hom by die hiernamaals Sal wees nie.

jaco ·

In 1989 het kommunisme in Pole al begin verwater. Teen 1990 was dit weg/verby. Alhoewel walluz toe reeds in SA was, kon hy mos teruggekeer het Pole toe. In 1993, toe hy vir Hani vermoor het, was dit tog duidelik wie in SA sou oorvat. So waarom het nou so iets simpel gedoen? Terugkeer Pole toe sou veel beter gewees het. 3.5 miljoen wit mense in SA smag na buitelandse burgerskap waarmee hulle bloot SA kan verlaat, terwyl dié man wat dit reeds gehad het, sulke nonsens aangevang het.

Regs! ·

Hierdie arme man gaan nooit weer vry wees nie. Maar moordenaars van boere, en verkragters van ons vrouens kom baie vinniger in aanmerking vir parool. Ons vyand het die hef in die hand, en God laat dit toe, want ons volk aanbid vir baal sondae in die vrymesselaar- baal tempels. En ons volk loop agter die leuns van die baal priesters aan wat sondag na sondag die liberale, verdraaide evangelie aan hulle verkondig.

George in Bloem. ·

In SA today some animals are indeed more equal than others…….

Essie ·

Hy het mos nou 25 jaar
Lewens lank gesit.
Laat hom gaan, terug Pole toe.

SjN ·

Terwyl Masutha besluit om parool voorwaardes moet hy sommer die terminale mediese wonderwerk genaamd Shaik ook herroep.

Leon ·

Daar is baie meer betrokke agter die moord van Chris Hani. As Walus begin praat gaan baie mense in hoë posisies skielik in baie groot moeilikheid wees en in baie groot verleentheid. Hani was nie in ‘n goeie posisie in die toe hy vermoor is nie en daar was buitelandse organisasies wat hom uit die pad uit moes kry weens sy sienings. Hy het heeltemal te veel geweet van wat die Britte en die Amerikaners vir Suid Afrika beplan en dit het ook nie met die mANC, PAC en SAKP se planne ingeval nie. Mev. Hani moet pasop as sy daardie blik wurms oopmaak. Sy kan dalk baie seer kry en dieselfde pad loop. as Chis.

Nico ·

So Leon dan was jy blykbaar een van die medepligtiges as jy dan so baie weet. Gaan sê dan vir Blade sodat jy jou gewete kan stil. O ja jy kan nie want dan moet jy Janus gaan aflos.

JohanL ·

Leon, jy kan dalk net die spyker op die kop slaan. Hani was op daardie stadium ‘n bitter sterk kandidaat om Mandela op te volg. En ons weet hy was sterk kommunisties. Hy was ook ‘n “doring in die vlees van bepaalde ANC leiers” – soveel so dat hy dissipliner aangespreek was na hy opgestaan het teen hulle.

Gegewe die onlangse en bestaande (of is dit gedurige?) interne stryd wat daar in die ANC heers mbt leierskap, is die vraag dus wat was die motivering vir sy moord? Was dit die “groter kommunistiese” een of die “interne leierskapstryd” een?

Hoe dit ookal sy, jammer dat die hof se besluit onderdanig is aan ‘n individu (die Minister).

Dirk Breytenbach ·

Ai die samesweringsteoriee tog. As iemand dan so baie weet oorhandig die bewyse.

John ·

Hani se familie se hartvogtigheid en woede dat hy nie sy politieke loopbaan kon voortsit nie, is die grondoorsaak vir die volgehoue straf van Walus: Swart rassisme in beeld.

Heksie ·

Mandela sit agter die moord van Chris Hani en hy het goed geweet om ‘n blanke te kry om dit te doen sodat rasse haat nog net meer aangevuur word. Dit het hom gebaat want hy het die land oorgeneem en kyk waar sit ons na 25 jaar van sogenaamde demokrasie.

Hennie ·

Beslis. Hani het ‘n ewe goeie kans gestaan om president te word. Dit was die enigste uitweg om hom te elimineer as kandidaat!

Julie Jansen van Rensburg ·

Ja, daarhet destyds iets oor Mandela se betrokkenheid uitgelek, maar feit is dat hierdie weiering om Walus na meer as 25 jaar te laat huis toe gaan is bloot te danke aan swart rassisme. Ek besoek gereeld ‘n jong vriend wat net sy wetlike plig as polisieman gedoen deur ‘n transitorower vrek te skiet, en waarvoor hy 10 jaar opgelê is. Ek weet ook van twee ander gevalle waar mans hulle geliefdes wou beskerm toe vuilgoed hulle ma en vrou aangerand en die vuilgoed in die proses ook vrek gemaak is… een van daardie twee is ‘n swart man wat sy ma se verkragter vermoor het om sy ma te beskerm; die ander ‘n oubaas wat ‘n betreder geskiet het toe dié besig was om sy vrou teen haar kop aan te rand. Dit, mense, is deesdae hoe die “LAW” werk… Wat my laat wonder – as daar nou ‘n opname gemaak moes word oor hoeveel mense werklik onskuldig toegesluit is, sal dit ontstellend wees…

m ·

Hoeveel onsluldige mense is nie dood agv. Chris Hani se aksies nie, baie. Walus het sy tyd gedoen, laat die man vry!!

A ·

Hoekom wil hulle hê hy moet vergifnis vra as hulle nooit van plan was of is om dit te gee. Hy het sy straf gedien, meer as baie wat vingers na hom wys.

jack ·

Masuta is destyds deur Zuma aangestel in sy pos. Daar was al verskeie vrae gevra oor sy bevoegdheid as minister. Natuurlik is die standaard van aanstellings van ministers deur die president steeds n kommerwekkende kwessie en is die bewyse ooglopend gegewe die toestand van meeste departemente op provinsiale en munisipale vlakke. Wallus se vrylating is bloot n politieke spel en kan Wallus homself daaraan troos dat 70% van die huidige regering behoort self agter tralies vir die misdade gepleeg in die verlede en wat steeds gepleeg word. Hulle sal wel eendag rekenskap moet gee vir wat hulle aan ander doen.

Japie ·

My skoonmoeder is vermoor tydens n plaas aanval. Moordenaar is 25 jaar opgele en nal 4 jaar vrygelaat en lag elke dag vir my as hy my sien. Geen berou is getoon nie en ons familie was nie geken nie. Hoe regverdig is dit.

Swannie ·

Wallush sal NOOIT vrygelaat word nie weens politieke redes.

Ja swaer ·

Ja mnr Moerane, jy gaan seker vir die hof wetenskaplike bewyse of geldige regspraak voorhou dat dit bewys is as jy meer en meer berou toon, dat jy nie weer misdaad sal pleeg nie. As ek daar binne was sal ek heeldag en aldag loop en vertel hoe jammer ek was. Jy en jou minister het geen gronde om die parool te weier nie. Eugene de Kock het 16 jaar gesit en tientalle vermoor op sy eie erkennings. Walusz het een moord gepleeg. En die SAKP was nog nooit werklik sterk in hierdie land nie, nie eens met Hani aan bewind nie. So die statuur en belangrikheid van Hani word by verre oordryf en opgeblaas

Lees Baie ·

Die SAKP was inderdaad nog (gelukkig) nooit op sy eie sterk in SA nie. Maar verskeie ANC lede was gedurende hul stryd vir vryheid, lid van beide organisasies. Hani was een van hulle. Hani was ‘n gewilde leier onder vele aanhangers en hy was in die prentjie as ‘n toekomstige opvolger vir Mandela in sy kapasiteit as ANC lid – deur eers as vise-leier gekies te word. In hoe ‘n mate hy sy kommunistiese standpunt sou kon verdedig of uitbrei in sy hoedanigheid as ANC vise-leier, kan mens net oor bespiegel. Die SAKP het immers toe reeds vanaf die 1950’s ‘n sterk invloed gehad op vele aksies en besluite van die ANC. Die stigting van byvoorbeeld MK was geneem agv “advies” vanaf kommunististiese kant dmv SAKP.

Piet ·

Hoeveel “unrepentant” moordenaars loop vry rond. Begin by Kerkstraat bom en kom na die hede waar die EFF plaasmoorde vergoeilik.
Klink of Buang die plakaat kon saamstel.
Hoeveel moordenaars is in hoë posisies die huidige Staatsdiens.
Ga!

Gaitsigubib ·

Moet tog nie van die Messina landmyne vergeet nie. Party van ons kan nooit stil gemaak word nie.

Gaitsigubib ·

Vir een of ander duisestere rede word die man aangeval deur die dieselfde persoon wat basies dieselfde storie te vertelle het in elke berig nl, dat Pole nie meer kommunisties was nie. Dit klink of die persoon eerder vir Hani wou he as presedent van die RSA i.p.v Mandela. Dit sou dalk n werklikheid wees indien Hani nie vermoor was nie. Hy was op daardie stadium meer bekend as laasgenoemde. As leier van die SAKP het hy geen geheim daarvan gemaak dat hy n stroere aanhanger van Karl Marx was nie. Teen die tyd sou hy al n voorbeeld gemaak het van die “kapitaliste”. Ek het al ander Afrika lande gesien waar so mens in beheer was, die blankes daar het bietjie vinniger verkas as wat in SA die geval is. Lyk my sommige mense weet nie wat kommunisme beteken nie, geen wonder die selfde skrywe wat elke maal gespoeg en plak word nie.

Ig ·

Laat hom vry en laat ons n monument vir hom oprig. Hy het ons baie probleme gespaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.