Hof moet sê of struggle-lied rassisties is

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Vrydag gesê hy wag op ʼn uitspraak van die konstitusionele hof om te beslis of ’n struggle-lied wat deur sy lede gesing is rassisties is.

Argieffoto van ‘n Cosatu-betoging deur lede van Numsa

Die hof het Donderdag ʼn aansoek deur die maatskappy Duncanmec aangehoor wat vyf jaar gelede werkers afgedank het omdat hulle dié Zoeloelied gesing het.

Die lied was gewild gedurende die apartheidsjare en indien dit losweg vertaal word, kom dit daarop neer dat dit goedgekeur word om ʼn “boer leed aan te doen”. Numsa sê hierdie woorde verwys na die “afstammelinge van Hollandse setlaars in Suid-Afrika”.

Volgens Numsa het Duncanmec die saak by die konstitusionele hof ingedien nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en die arbeidshof beslis het dat die werkers onregmatig afgedank is en weer aangestel moet word.

“Die saak is Donderdag deur die konstitusionele hof aangehoor wat sal besluit of die uitspraak van die arbeidshof en KVBA gehandhaaf moet word en of die uitspraak omgeswaai moet word in Duncanmec se guns,” het Numsa in ʼn verklaring gesê.

“Ons hoop dat die hof tot die regte beslissing sal kom en die besluite van die arbeidshof en die KBVA sal ondersteun. Struggle-liedere vertel die storie van ons stryd teen apartheid.

“Struggle-liedere is deel van wie ons is en hoe ons as die swart werkersklas-meerderheid ons uitdruk. Enige beperking ten opsigte van hierdie reg sal ʼn beperking wees van die reg op vryheid van spraak.”

Die konstitusionele hof het uitspraak voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

No name ·

So dis ok om struggle lied te sing tydens n betoging en te se dis ok om wit mense te vermoor maar as ons die stem sing en ons vlag ophef is ons rasisties dink baie mooi want as dit ok is om dit te los dat hul dit sing dan is rasisme nogsteeds in die lig. En om jou te se dis hoe jy jul uitdruk dan kan ons ook dieselfde doen try us!!!

Komaan ·

JA ONS WAG OOK IN SPANNING. Want as ‘swart man’ in die laaste saak as RASSISTIES beskou is sal ek graag nou GEREGTIGHEID wil sien. NIE ALLEEN is die struggle song RASSISTIES nie, maar glad nie meer nodig nie aangesien die witman nie meer aan bewind is of apartheid meer ter sprake is nie. Dit is haatspraak en aanhitsing tot geweld op spesifiek EEN rasgroep . ek sou GRAAG wou sien as blankes dieselfde liedjie sing en die boer of settler net met swartes vervang wat die uitspraak dan sou wees? Hoekom het hulle altyd nodig om liedjies te sing om boere te vermoor as hulle oor DIENSTE kla? Wie verskaf die dienste en skole? Boere??

Oom Kalahari ·

Vur ons is daai liedere rassisties en aanhitsinge. As hul dit goedkeur wil ons ook ons “Stem” sing en vlag behou wat ook ‘n lang pad van tradisies en behoud kom en waarde aan heg. Die beperkinge hierop is die onreg, verdrukking en beperkinge op wie ons is.

Paul ·

Kom ons gee ‘n bietjie meer klarigheid oor waarom Duncanmec die saak na die konstitusionele toe geneem het en wat in die bostaande berig ontbreek. Hulle was nie tevrede met die vorige hofuitspraak om die werkers weer in diens te neem nie, daar Duncanmec sê dat die sing van die struggle lied het rassespanning tussen hul werkers veroorsaak.

@ Paul ·

Paul ons het dit op die radio gehoor . maar wat maak die verskil?? AS MY WERKERS heeldag sing KILL THE WHITE KILL THE BOER soek ek hulle ook nie op my erf nie al beveel die hof my WAT ? Ek maak eerder die plek toe as wat ek met mense in diens sit wat ander aanspoor om my te vermoor . ek verstaan 100% hulle punt.

Jack Daniel ·

STEM 100% SAAM! What’s for the one is good for the other!!!

Al ·

Die struggle is +- 28 jaar al verby toe NP samesprekenings gehou het met ANC oor vrylating van Nelson Mandela. Daar is geen rede om verder struggle liedjies te sing nie. Dit hoort aan ñ verbygaande era. Punt.

Jack Daniel ·

Onthou dis a land Waar net sekeres swaar gekry het en struggle het. Wat van ons wit vrouens wat in die konsetrasie kampe was en gesterf het. Wat v d boere en hul families wat op hul please nou vermoor word. Struggle die families nie om dit te verwerk nie en te oorkom nie. Ons moet maar eenvoudig aan gaan. So struggle Ons voort teen rasisme.
Life goes on!!!
Build a bridge and get over it and if you can’t build it swim! After 24yrs of Democracy every body should already gave reached the other side of the river!!!

Oom Kalahari ·

Hier kom die groot toets en Afriforum moet die uitslag as dit in hul guns is na die buitelandse Strafhof neem vir verder bestudering. Onregverdige uitslae deur Regters maak hierdie sogenaamde Reenboog Demokratiese bestel nul en void en is daar geen versoenings basisse nie. Te veel word die minderheid ontneem en verdruk vir 24jaar lank al, hoeveel te meer moet hierdie mishandelde sisteem van onregverdigheid voortduur. Daar is geen verdere “Struggle” prosesse waarvan ons bewus is nie tans en was ingelig dat daar eenvormigheid, respek en gelykheid vir almal is in 1994. Steve word gou gesond jong, dit lyk of jy binnekort weer die Stem kan sing en vir ons die vlag kan swaai.

DewaldS ·

Hahaha – jy glo seker ook in unicorns? Gaan bestudeer bietjie wat Afriforum met die 110% gunstige uitspraak van Regter Lamont gemaak het…

voortrekker ·

Ek ken ook ‘n paar baie ou voortrekker liedjies wat ook nie rasisties is nie.
Wil julle regtig he ek moet dit vir julle sing?????

jo ·

Die regter het op gisteraand se nuus klaar gesê blankes moenie die woorde so letterlike opneem nie!!!

Al ·

Hy het my baie kwaad gemaak deur sy bevooroordeeldheid. So dan moet swartes ook nie die gewraakte K-woord letterlik opneem nie? Want dit word gesê oor dat jy ontsteld is dat jy beroof word soos in die Vicky Momberg geval is en die rowers so noem?

Johan ·

jo, dit is wat my ook regop laat sit het. Ek reken lankal dat sekere regters by die Konstitusionele Hof NIE OBJEKTIEF is nie. Dink ook aan die Hof se uitsprake oor Afrikaans.

Dat selfs ‘n sg “regter” as’t ware al verskonings uitdink vir die beskuldigdes in die saak, is rede tot GROOT kommer.

Paul ·

Jip, en daar sé die Adjunkhoofregter van die konstitusionele hof gister dat struggle liedere moet/kan nie as haatspraak geklassifiseer word nie, daar moet begrip wees vir die verlede.

Mooi man, daar het ons dit!

ERNSTIG ·

Dan moet anderskleuriges ook dit nie so letterlik opneem nie . veral die HOODIE episode en die k episode . as hulle dit nie so ERNSTIG opneem nie sal daar geen probleme wees nie en H & M sou nie omgeskop gewees het en Penny sou nie gestraf geword het nie.

Volkspele ·

Vanaand gaan die volkies koring sny behoort ook BINNEKORT verbied te word. ;)

Hendrik ·

Hierdie lietjies is nie net rassisties nie maar ook ‘n dreigende optrede teen die Boer. Ons het nie ‘n hof nodig om dit uit te werk nie!

marous ·

Foeitog want daar is niks anders om te blameer behalwe die Hollanders nie ? Het die britte na hulle hier aangekom en ‘n unie gestig en “segregration policies ” ingestel of is duimsuig? O , hulle mag nie na die britte verwys nie want hulle aanvoerder staan voor die monarg ….en pleit.

moeks ·

Daar is ‘n tyd en plek vir alles. “Struggle” liedere hoort nie in die werksplek nie. So dan kan elke werker maar nou sy liedjie sing en vlag rondswaai.

John ·

Klink of ons nou ook die Voortrekkerliedjies… Uit die blou en … Saai die waterlemoen… en … Die bokkies klim die berg om die boere te vererg… kan sing wanneer ons betoog teen rassisme by besighede soos Sasol…

Oujongvrou ·

Dis ons wat nou aan apartheid sindroom ly. Ons word gekeer om te werk, ons taal te praat in skole, ons lied te sing ens ens .

Francois le Cochon ·

Die reg op vryheid van spraak is nie absoluut nie. Daar is beperkings.

rk ·

Ek dog hulle wil alles oor die apartheid era verwyder, standbeelde, liedere, vlae, en jy kan ook vervolg word as jy die ou SA vlag iewers display… maar hulle mag hulle simpel apartheid lied sing.. en stook om meer boere dood te maak?? Maak sin…

Jacques ·

Ek wonder maar net of die persoon voor op die foto ooit weet wat en waaroor apartheid gegaan het of het hy daaroor iewers iets raak gelees en by ander mense gehoor . Hy lyk vir my darem baie jonk .

Wit Suid Afrikaner ·

Ek sing Die Stem net waar en wanneer ek wil en ook die Voortrekkerliedjies -.
Gaan ook vir my ‘n pakkie klere maak met die ou Landsvlag as print.
‘n Mooi broek en hemp . Daarmee gaan ek na sport byeenkomste toe gaan.
Hoop iemand sien my raak!

Ag jinne ma se kinders ·

Ek lees die berig en my blooddruk styg… dan lees ek die kommentaar en ek giggel vir ‘n paar van ons boertjies wat so suiwer Afrikaans-sarkasme praat. Ons lewe nie in ‘n demokratiese land nie, mense. En wanneer jy ‘n hooggeplaasde is, moet jy sekerlik jou kaarte regspeel as jy en jou familie mekaar nog more die son wil sien skyn. DIT maak my hartseer. Dat die balans waarna gestreef word in woorde, nie die skaal laat balanseer in dade nie.

Genoeg ·

Agggg liewe hemel!!!!! Gaan dit nooit einde kry nie.?? Ons land is in sy dinges in!!!!! Sing vir n slag n ander deuntjie!!! Daai klavier is nou regtig vals…….

Ampie ·

Wed my linker pinkie die “hof” gaan geen probleem met dié sogenaamde liedjie hê nie.

Oom Kalahari ·

Well what’s good for the goose is good for the gander.
Dit sal nooit einde kry as dit bly by eenparige klavier spel. As die tromme en blik kitare slaan moet ons net bly dans soos poppekas poppies. Daar word darem ook oogklappe afgehaal en ‘n streep getrek dat onregverdigheid nie net bly druk toepas op een groep van mense nie.

Bokka ·

Op my car se dak is n kort lugdraad ek gaan n ou SA vlaggie daarop sit.

Roger ·

Die narre, met hul swart jassies, sal dus weer ‘n regverdige uitspraak lewer….

Oom Kalahari ·

Hierdie is ‘n president wat hul wil skep om opkomende sake van Malema en Zuma nietig te laat verklaar met hul haatspraak liedere wat gesing word en so ook die koorsangers van BLF.

Wel as hul tenoor sing op hul moord liedere dan sing ons tenaar op ons Christelike Volksliedere.

Lollie ·

Natuurlik moet hierdie soort van liedjies verban word! Dis beslis rassisties!
Hulle wil nie hê ons moet die Stem sing nie, nie die ou landsvlag gebruik nie en het gekla oor Bok van Blerk se Delarey!
Indien enige iemand iets beter vir die toekoms wil hê dan moet sulke ‘struggle’ liedjies verban word!
Hoe op dees aarde sal dinge verander as almal nie wil saamwerk nie!

Mike ·

Robert dit is juis wat ons nie moet doen. Een ding van die Afrikaner is dat hy nie kan saamstaan nie… maar die dag as hy saamstaan. Verwys na die Swart Maandag toe ons almal saamgestaan het. Hierdie is my land, nes dit joune is en geen persoon gaan dit kom afneem vir “ou people” nie. Ek is en was nog nooit in my lewe ‘n rassis nie en beplan ook nooit om een te word nie, maar as jy die hele dag moet hoor “julle boere” en ek boer nie eens nie… dan begin my lont nou kort word. Watter land in die wereld is ‘n eerste wereldse land wat tenvolle bestuur word deur “our people” en waar daar geen korrupsie en moorde en en en en is nie. Ons moenie bang wees om oor hierdie dinge te praat nie, maar as jy wil praat is jy ‘n rassis. Ek lag nou al so hard in ‘n ou se gesig as hy die woord apartheid opbring dat hy maar later omdraai en loop – shame moet erg wees om dit as enigste verskoning te kan gebruik vir alle “fights”. Erken eerder dat “our people” tekortkominge het, maar nee vat eerder die wit man se belastinggeld vir sassa en free education en en en.

Danie Robbertse ·

Wat van ons reg om net te bestaan wat deur hulle van alle kante in die wiele gery word?

Anoniem ·

As dit dan so is dan sing ek die stem uit volle bors want dit is die lied wat ek sing as n eed wat ek afgele het vir my voorouers en dat ek sal baklei tot die dood vir Suid Afrika

zoom zoom ·

As dit nie na “HULLE” wens is nie gaan daar verseker plekke afgebrand word want dit is “HULLE” reg om te maak en te breek .

Mollie ·

“STRUGGLE-LIEDERE” is nie veronderstel om enigsins NOU van toepassing te wees nie, WANT APARTHEID IS AL 25 JAAR GELEDE VERBY EN HUL “STRUGGLES” IS VERBY. Wat GELD vir WIT moet GELD vir SWART OOK!!!! Geen wonder daar is soveel haat tussen die rasse nie, want die een rasse groep word net getik oor die vingers terwyl die ander rasse groep in die tronk gesmyt word vir rassistiese opmerkings!

Onnie ·

Dan wil ek en Steve die ou volkslied sing waar en wanneer ons wil

Mahe ·

Terwyl SA slapgat-opportuniste as “presidente” het, sal die haat net al hoe groter word. Dit is duidelik die regerende party se doelwit, want behoorlike leiers sal harmonie en vooruitgang nastreef. Mense…Die Stem is een van die mooiste skeppings in Afrikaans. Gaan lees dit in geheel. Om dit te vergelyk met barbaarse aanhitsing, is so onvanpas.

JC ·

Die dubbelstandaarde en manteldraiery van die “howe” moet nou stop!

Hulle optrede is besig om so skynheilig te word, daar kon net sowel nie ‘n grondwet gewees het nie!!!

Wat help dit daar is ‘n “grondwet”,maar hulle gaan net aan en verdruk soos hulle wil? (soos in die geval van ons geliefde taal Afrikaans by daardie UFS!!!)

Selfs in toeka se jare was daar geregtigheid en het die Hooggeregshof die regering se neuse in die grond gevryf oor onregmatige optrede!! Bv die afskaffing van die kleurling stemreg in die Kaap deur die ou NP regering – op 27 Augustus 1952 verklaar die Hooggeregshof van die Parlement die Appèlhof se besluit in Harris vs. Dönges ongeldig. Twee dae later beslis die Kaapse Hooggregshof die wet wat die hof daargestel het, was op sigself ongeldig en dat dit geen reg had om besluite van die Hooggeregshof of die Appèlhof ongeldig te verklaar nie. In November daardie jaar verwerp die Appèlhof die regering se reg tot appèl. Die besluit het daarop berus dat artikel 152 van die Suid-Afrika-wet bepaal het dat elke burger die versekering gehad het dat hul regte ingevolge die verskanste klousules beskerm sou word en dat dit die plig van die howe was om dit te waarborg-.
Die howe is veronderstel om al die burgers van die land te beskerm teen onderdrukking van hul verskanste regte,enteenrassediskriminasie !! Waar voer die “howe”hul plig uit?Keer op keerwordindieANCse guns en hul ideologie beslis!

Paul ·

Ook hier waar jy kommentaar lewer het hulle ‘n probleem, jy mag nie koring sny nie, nie die berg klim nie en daar mag nie ‘n wollerige diertjie met ‘n lang stert op jou skouer sit nie, selfs al is dit ‘n idioom is dit taboe!

Paul ·

Dankie JC!!! waardeer. Ek sien hier ondertoe vra Maroela: Is ‘n ‘poep’ abstrak. Dit mik ek nou op die howe en al die hoofregters.

Deon Koegelenberg ·

Die laaste paragraaf in Numsa se woorde se ; ” Enige beperking ten opsigte van hierdie reg [ om die struggle lied te sing] sal n beperking wees van die reg op vryheid van spraak.” Dan sal dit mos ook n beperking wees op vryheid van spraak wanneer die K…. woord en baie van ons ou ou liedere en gedigte gebruik gesing of voorgedra word . Dink bevoorbeeld aan die Gedig Vegkop, Bleek blink die seile ver teen die hang . Swart kom die K…. met driftige drang . Nee ek se as hierdie lied en baie van hul haatspraak in hul guns beslis word is dit baie onregverdig .

Riana ·

Ai jai jai…. ons het nie nodig om op hulle vlak te daal nie… behou ons trots en christenwaardes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.