Hof moet sê oor selfverdediging – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Volgens pres. Cyril Ramaphosa sal howe eindelik die finale sê oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp omtrent die besit van vuurwapens vir selfverdediging hê.

Dié stelling is gemaak in ’n antwoord op ’n vraag in die parlement Donderdagaand waar die president ’n aantal joernaliste toegespreek het.

Maroela Media het berig dat die wysigingswetsontwerp onder meer voorstel dat geen vuurwapenlisensie vir selfverdedigingsredes uitgereik sal word nie.

“Uit ’n wetlike oogpunt het ek nog altyd verstaan dit is selfverdediging wanneer jy ’n vuurwapen besit en dit gebruik indien jou lewe bedreig word.

“Die howe het egter jare lange ondervinding met selfverdedigingsake en is in die beste posisie om ’n finale beslissing daaroor te maak. Ek glo dat die howe uiteraard die voorgestelde wysigings sal bevraagteken.”

Die wysigingswetsontwerp is op Vrydag 21 Mei in die Staatskoerant bekendgemaak en sedertdien vir kommentaar oopgestel.

Verskeie organisasies en politieke partye het die wysigings as “roekeloos” en “irrasioneel” bestempel, terwyl Gun Free South Africa (GFSA) dit verwelkom het. Laasgenoemde meen dié wysigings is nodig en sê dat Suid-Afrika ’n baie veilige land sou wees indien vuurwapens doeltreffend was om mense veilig te hou.

“Deur die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk, beperk jy ook die aantal vuurwapensterftes,” het Adèle Kirsten vroeër aan Maroela Media gesê.

TLU SA meen egter dat dié wysigings teenstrydig met die Suid-Afrikaanse Grondwet is.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het aangedui dat hy die voorgestelde wysigingswetsontwerp sal beveg aangesien dit ’n “aanval op gemeenskappe se weerbaarheid” is.

Die Vryheidsfront Plus en die DA het ook aangedui dat hulle die wysigings sal teenstaan.

Lede van die publiek het tot 4 Julie tyd om kommentaar op die webwerf van die burgerlike sekretariaat vir die polisie in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

gatgogga ·

Hy is te ge-intimideerd om standpunt in te neem oor enigiets – wil net altyd die gehoor wat nou voor hom is, bevredig. M.a.w., kruip by almal, en laat besluite aan ander oor. Waarvoor het ons hom nodig? Jy kan hom nie glo nie.

Di ·

As dit wel gebeur sal dit die laaste spyker in die doodskis wees vir ons as wit burgers van hierdie land. Daar is meer kriminiele met onwettige vuurwapens as wat daar SA burgers is wat wettiglik ‘n vuurwapen besit.

Johann ·

Baie interessant, gaan die howe nou by elke plaas en woonhuis ‘n wag plaas? Hoe gaan die hof bepaal hoe ek my huis en eiendom drie uur in die oggend beskerm wanneer die hof lê en slaap?

SjN ·

Gelukkig het ons nog op die stadium nog howe, dit wil se as hul nie weer uitstel nie.

Persheks Adri ·

Howe wat teen ons is en gaan luister na die kabinet of hoed eish

Persheks Adri ·

Cyril hoeveel gewapende wagte het jy en jou verskriklike “VIP’s”? Gaan julle dit ook dan af staan soos verwag van ons? Die antwoord is NEE! Hoe moet ek myself en my gesin beskerm met ‘n land vol gewapende kriminele huh? Julle krap nou waaragtig nog steeds en ondermyn ons gaan aan

Baardman ·

Adèle Kirsten, so jy sou reken dat n wet om voertuie te verkoop en gebruik, die padsterftes sal beperk. Word wakker asb

koos10 ·

Tipies ANC. Kom met mal wette en verwag dan dat die howe om die gemors uit te sorteer. Dan is dit appèl op appèl en miljoene rande later om tot dieselfde slotsom te kom as wat ons reeds weet.

gatgogga ·

En Cyril gee geen leiding nie, hy het nooit ‘n opinie nie. Waarvoor het ons hom nodig? Al wat hy doen is om ons in te lig watter Covid reels is van toepassing.

Anoniem ·

Hoekom maak julle dan wetgewing as julle weet dat dit in die hof betwis gaan word Ramaphosa?

Rudolf ·

Nooit in hulle wildste drome verwag daar gaan soveel teenkanting wees nie. Heeltemal uit voeling.

JohanR ·

Cyril – vind jy dit onmoontlik om op jou eie ‘n besluit te maak. Dink net as jy saam met my in IT gewerk het waar jy binne 10 minute 5 take moes multi task, sou jy nie 5 minute in die werk gehou het nie. Jy is soe stadig, as nie stadiger as NDZ!

Persheks Adri ·

Gun Free: jy beperk nie vuurwapensterftes net om vuurwapens te beperk nie hoor! Dis blerry orals beskikbaar op straat vir die kriminele duh

Herpiet ·

Me Kirsten duidelik weet jy nie wat in jou land aangaan nie

gatgogga ·

Kirsten dink seker dat wanneer SAPS al die wettige wapens gekonfiskeer het (dit kan so twee jaar duur, want hulle weet waar elke wapen is), dan sal die kriminele gebonde voel om hulle onwettige wapens vrywillig in te handig.

Johan ·

Wat van die ander twak in die wet..skrap die hele ding en gee n eenvoudige stelstel wat kan werk! Sommer n “oordrag boekie” met n aanlyn selfhelp register….die enigste werklike waarde aan enige vuurwapen register is om te help met ondersoeke, na n gewapende roof of moord, skurke gaan geen stelsel gehoorsaam nie.

Persheks Adri ·

Ek stem Johan ons doen lading ontwikkeling ook en weereens wil hulle ons nóg meer beperk tot ammunisie, maar kriminele het genoeg ammunisie om nie eers te praat van hoeveel uniforms “verloor” het nie

Mariana ·

Puppet vir ministers. Kan geen besluite neem nie. Pateties

Kaal Keiser ·

… en die hof sal voor gesê word wat die besluit sal wees …

Anoniem ·

“Deur die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk, beperk jy ook die aantal vuurwapensterftes,” het Adèle Kirsten
Grootste klomp bollies Adele Kirsten. Dan moet jy die land skoonmaak van messe, panga’s, byle, alles wat iemand anders kan beseer en dood. Die maklikste is om van die mense ontslae te raak deur hul selfverdediging wapen weg te neem.
Mense sal doodgemaak word en sterf solank daar nie wetgewing toegepas word nie.

Kerneels ·

My raaiskoot – dieselfde mense as wat agter die plaasaanvalle/moorde sit. Sonder vuurwapens is ‘n boer ‘n “sitting duck”.

Tipper ·

So lyk suid Afrika 27 jaar later,wonder maar net as die ergste gaan toesak.

Christo ·

“Deur die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk, beperk jy ook die aantal vuurwapensterftes,” het Adèle Kirsten vroeër aan Maroela Media gesê.

Adele Kirsten, as die misdadigers jou huis oopbreek om in te kom, kom drink hulle NIE koffie en tee nie……….jy lewe in ‘n droomwereld. Word wakker asseblief……….jou koffie is al laaaaaaankal koud.

casper ·

Sien die groot prentjie !! Hulle kan nie sommer net mense se goed en land vat solank hulle nog wapens het nie !!Derhalwe sal hulle die wapens moet onwettig maak !!

Moedeloos ·

My man het die afgelope week gaan heraansoek doen vir sy vuurwapenlisensie. Die vrae en dokumente wat hulle nou soek hoekom hy n vuurwapen in sy besit wil hê is onmenslik.

Nozi ·

Al wat ek hier kan sien is dat daar nou net nog meer onwettige vuurwapens in di land gaan wees.

Kobus ·

Kan die Adel Kirten asseblief al die ontwettig handwapens by die kriminele in onvangs gaan neem en aan die SAPS oorhandig want dit is waar die vuurwapens sterftes vandaan kom nie wettige houers van lisensies nie

Gato ·

Hierdie is alles deel van die proses om SA in n kommunistiese land te verander. Grond onteiening, ontneming van wapens ens, ens. Almal moet afhanklik gemaak word van die regering vir al jou behoeftes.

Strandloper ·

Hoe onossel en dom astrant kan n mens nou regtig wees?

gatgogga ·

Dink jy as jy dit sou se van de Klerk, dat Maroela dit sou plaas?
Ek glo nie eers dat hulle hierdie kommentaar van my sal plaas nie. Maroela is te bevoorooldeeld om vryheid van spraak toe te laat.

VaalDonkie ·

Ek wens hulle wil ons ook ‘n slag raadpleeg. “Ons” is nou mense soos ek wie jag en sport skiet, ens. Hulle praat altyd net met Gun Free SA en daai een Ingelse dominee wat altyd daai een storietjie oor die kindjie met die af beentjie en die gelapte teddie vertel (nee, ek weet ook nie wat dit met gewere te doen het nie).

Persheks Adri ·

Ek stem! Hulle verstaan ook nie herlaai nie net soos hulle nie die kompetisies verstaan nie. Seker oor hulle dit nie doen nie met die dat hulle nie verstaan nie…

Eugene ·

Enigiemand wat mense se reg op selfverdediging ontneem behoort in n malhuis geplaas te word. Die president moet vir cele inroep en opdrag gee om op te hou te en geld op lawwigheid te mors

Johann ·

Side step sy ewe sy PLIG. S.l.a.p.g..g.g.g.g.g.g.g.gt! Elke lewe wat geneem word en onntneem.word van die REG om hom/haarself te bewapennis.ip JOU gewete! AS jy so iets het?
Skaam my vir jou!

Johan ·

Jong as ons mense nie ook besef daar is mag in getalle nie, en steeds net aanhou kerm en nie wesenlik betrokke wil raak om dinge te verander nie, gaan niks verander nie. So dan kan ons aanhou kla om die braaivleis vure en dit daar laat. Die regering haat jou, as jy dit nog nie weet nie sal jy nooit nie, so sterkte

ES ·

Vuurwapens is doeltreffend om hierdie die veiligste land te maak – wat nie doeltreffend is nie, is die hoeveelheid “red tape” waardeer mens moet gaan om ‘n eenvoudige vuurwapen aansoek deur die Sentrale Vuurwapenregister moet kry.

Dirk Mostert ·

GFSA lewe in ‘n Utopie. Kyk nie verder as hul neuse nie.

Debbie ·

Ek dink as jy aangeval en vermoor word omdat jy jouself nie mag beskerm nie, behoort die slagoffers se familie ‘n baie groot eis teen die staat sit. Dagvaar sommer al die instansies wat vir die wet stem. Dit is as gevolg van hulle wette dat mense nie meer hulle lewens mag beskerm nie. Of klomp slagoffers moet bymekaar kom en ‘n enorme bedrag eis. Dagvaar sommer die ouens in privaat hoedanigheid ook. En vat al hulle lyfwagte en wapens weg. Dan kan hulle voel hoe dit voel om weerloos en uitgelewer te wees aan misdadigers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.