Hof moet staatskaping-verslag hersien, vra Zuma

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het die Pretoriase hooggeregshof versoek om die openbare beskermer se sogenaamde staatskaping-verslag en die aanbevelings tersyde te stel.

Volgens hofdokumente wat eNCA gepubliseer het, het Zuma Vrydag die beëdigde verklaring ingedien waar hy die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se aanbeveling in die verslag bevraagteken dat hy ʼn kommissie van ondersoek moet opstel onder leiding van ʼn regter wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys moet word.

Zuma versoek ook die hof om die verslag terug te verwys na die nuwe openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, vir verdere ondersoek. Hy hou vol die aanbeveling is teenstrydig met die wet, die Grondwet en oortree die skeiding van magte-beginsel. Volgens die hofdokumente voer hy aan die besluit, om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel en wie dit sal lei, is sy reg.

Die verslag, wat vrygestel is kort nadat Madonsela se termyn aan die einde van Oktober verstryk het, sluit besonderhede in van ʼn vermeende onbehoorlike verhouding tussen Zuma en die welgestelde Gupta-familie. Die verslag beveel onder andere aan dat dié bewerings en ander deur ʼn kommissie ondersoek moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

petro ·

Sal Zumpie nou nie maar ophou om die belastingbetalers se geld te mors ek is seker hy sal nie so aangehou het nie as dit uit sak moes kom nie hy jump en jive soos n kat op warm kole

Waghond ·

Hoe kan Zuma, as die beskuldigde, oor sy eie lot beslis deur ‘n regter aan te wys om die beskildigings teen homself te ondersoek?!

Gironki ·

En dan nog die vermetelheid he om die hof te versoek om die verslag terug te verwys na die nuwe openbare beskermer wat in sy sak is

Li Sc ·

Hou op om altyd die skuld op ander te pak. Vat jou pak soos n man. O ja vergeet doen mos nooit iets verkeerd nie

Jan ·

Geldmors. Tydmors. En natuurlik sonder meriete. Geloofwaardigheid ‘n sonderlinge begrip. En miljoene ander trek swaar.

Lance ·

Alles net weer skelmstreke ….dat so n skelm ongeskoolde man die leier van SA kan wees ….baie dom van die kiesers gewees om die man te kies wat hulle eintlik moes help …

Emma ·

Vir ń man wat hom nog nooit aan wette gesteur het nie is die verwysing na verbreking van die Grondwet nogal lagwekkend!

Hennie ·

Waghond ek stem 100% saam, hy sal mos beslis n regter aanwys wie hy kan omkoop!!

Simon ·

Uit vorige ondervinding weet ons dat Thuli Madonsela se (let op) verslag wat sy opgestel het as Direkteur van haar Department MAG nie verander word nie en moet in sy huidige formaat behou word.
Deur hierdie skuif te maak stel hy die in-werking-stelling van die aanbevelings uit vir ruim ses maande, in welke tyd hy genoeg beweegruimte kan kry om van die aanbevelings “onuitvoerbaar” / “onnaspeurbaar” te kan maak.
Deur toe te laat dat die verslag nou in werking te stel gaan onberekenbare skade aan sy beeld en aan die ANC broken en moontlik die val van die ANC kan veroorsaak lank voor die volgens verkiesing van 2019.
Hy is n geslepe “worldwise fighter”.
Het julle regtig gedink hy is “So” dom?

John ·

President Zuma se nuutste volsin is dat dit glo teen die Bybel is om hom so teen te staan in die parlement. Kan van ons dominees dalk vir ons die versie uitwys asb.

Penellope Jones ·

Nee Zuma, jy moet net die inhoud van die verslag aanvaar.
Dit gaan nie help om aanhoudend die boodskapper “aan te val” terwyl die boodskap opsetlik geignoreer word nie.
Wat belangrik is, is die inhoud, nie watter prosedures gevolg was of dan volgens jou en jou adviseurs, “nie gevolg was nie”.
Dit is nie waaroor dit gaan nie.

Adam Boshoff ·

Ek weet nie of ek erens iets gemis het nie Het die konstisionele hof dan laas beslis dat die OB se bevinding en aanbevelings bindend is nie of was dit net vir daai spes saak en kan daar nou n ander beslissing wees Ek dink bv aan uitgewysde sake soos in Howe altyd gehandhaaf word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.