Hof sal toesien dat Zuma regsgeld terugbetaal

Oudpres. Jacob Zuma se regskoste het belastingbetalers reeds meer as R15 miljoen ut die sak gejaag. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het die staatsprokureur opdrag gegee om al die nodige stappe te doen, wat siviele prosedures insluit, om die geld terug te kry wat reeds aan oudpres. Jacob Zuma se regskoste bestee is.

“Die staatsprokureur kry opdrag om binne drie maande van hierdie bevel ʼn verslag op te stel, onder eed en gesteun deur volle en volledige boekhouding … waarin stappe uiteengesit word wat gedoen is en wat nog gedoen sal word om die geld terug te kry wat die staat vir mnr. Zuma se regskoste betaal het,” het regterpresident Aubrey Ledwaba in die uitspraak gesê.

ʼn Ooreenkoms tussen Zuma en die presidensie om sy regskoste te betaal, is in dié uitspraak ter syde gestel.

Ledwaba het gesê die staat mag nie aanspreeklik gehou word vir Zuma se regskoste nie, hetsy in kriminele óf siviele sake.

Die DA het die aansoek gebring om te versoek dat Zuma gelas word om die geld terug te betaal. Die EFF het hulle later by die saak aangesluit.

Adv. Thembelihle Ngcukaitobi, namens die EFF, het aangevoer Zuma se regskoste tot op hede is nader aan R32,2 miljoen. Hoe die party tot dié gevolgtrekking gekom het, is nie bekend nie aangesien die algemene opvatting is dat sy regskoste sowat R15,3 miljoen beloop.

Dié party wou gehad het Zuma se gewese regsverteenwoordiger moet die geld terugbetaal wat die staat aan hom betaal het.

Mmusi Maimane, DA-leier, het die hofverrigtinge bygewoon en gesê die uitspraak moet gevier word. “Hiervolgens is die ooreenkoms tussen Zuma en [pres. Cyril Ramaphosa] irrasioneel en onwettig en word dit ter syde gestel. Dit beëindig die kringloop van korrupsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

leser ·

zuma het seker gedink dat hy onaantasbaar is, maar nou sien hy sy blaker, nog net die r650 miljoen vir sy kaia moet ook nog teruggekry word
kom ons klink solank ‘n glasie, dis eintlik te waar om te wees

Snowball ·

Pragtig! Ek vier dit so op hierdie Donderdag! ??Uiteindelik geld die wet van Transvaal ….

zoom zoom ·

Die Hof kan nie eens Mollefi en die vorige NPA baas kry Om die geld wat hulle onregmatig gekry het te laat terug betaal. Zuma en Sy span gaan die ding rek en uitstel vra tot die perde horings kry.

Anoniem ·

Baie dankie vir ‘n regverdige uitspraak, regterpresident Ledwaba!

Karel ·

Hy gaan seker nou ‘n tweede verband op sy huis vat! Waar het hy nou weer die eerste verband bekom?

Elsabie ·

Lekker lag ek nou!!! Nee wat, daai geld gaan nie terugbetaal word nie. Wag net, die volgende verskoning is oppad!

De Villiers ·

Voordat almal te optimisties raak, moet ‘n mens eers realisties wees. Eerstens wonder ek of hy enigsins die finansiële vermoë het om dit terug te betaal. Tweedens gaan die ANC in elk geval iets vir hom beding wat hom gaan vrystel van die betaling. Dalk gaan hy dit regkry om homself te sekwestreer of iets. Daar is baie opsies wat hy kan uitoefen. Maar op die einde van die dag gaan hy niks terug betaal nie, of net ‘n klein gedeelte. Einde van die storie.
Het Hlaudi Motsoeneng al enigsins sy skuld begin terugbetaal wat die hof gelas het? Ek het nog niks daarvan gehoor nie, maar ek glo nie.

Theo ·

Stem saam , die kans om daardie geld unit Zuma te kry is skraal.

toy ·

Ai daar moet altyd iemand wees wat ons as goeie nuus sien en hoor moet gaan jinx met negatiewe woorde.

Anti-Haas ·

Mooi Foto. Lyk of hy benoud is. Die foto van sy vorige artikel lag hy daardie uitlokkende laggie/grin van hom. Lekker, nou begin jou wiel draai…….

Dries ·

Geen twyfel dat hy dit ni sal kan betaal ni. Maar, hou dop. Volgende doen hy aansoek om sekwestrasie…

Buizer ·

Sekwestreer hom. Vat alles wat hy het, selfs Nkandla. Vat enige voordele weg wat hy nou nog geniet as oud-president. Miskien kan hy nog gaan staan en huil vir ‘n GBS kitsbank. Indien hy nie kan betaal nie, sit hom in die tjoekie.
Nogtans, die nuus dat hy sy eie regskoste sal moet betaal is ‘n klein sonstraaltjie deur die wolke op ‘n bewolkte dag.

Hanna Hoekom ·

Ek vermoed as dit van dag 1 so was sou staatskaping nie so goed geslaag het nie. Dit was die eerste hand in die koekblik voor die res gevolg het.

Blommie ·

Hy het lankal nie meet maaitjies wat hom kan en wil help nie…
Hy het nie meer MAG nie, so wat gaan sy koprupte maaitjies baat daaruit om hom te help!
Hoop die het nou n president geskep vir ons land deur die presidient!
Betaal of NIE!
Die regstelsel het ons harde belasting betalers vir eenkeer nie gefaal NIE.

hb ·

Ja wat daai smile op sy gesig is ni verniet daar ni. Hy is werklik onaantasbaar. Ons dink maar net hyt nou moeilikheid. En daai skenkings waarvan jy praat gaan in elk geval op n manier uit di belastingbetaler se sak uitkom. Ons is maar eintlik so dom soos grond. e Ek kanni verstaan dat di meeste mense nog steeds dink dat Zuma en sy kaders regtig gaan boet vir hulle dade ni. Sal niks oorkom ni. Mors ook net geld met al hierdi kommissies van ondersoeke

Jerry ·

Hierdie bevinding beeindig nie korrupsie nie, dit bevestig dat n korrupte ooreenkoms tussen CR en Zuma plaasgevind het wat finansiele beskerming aan Zuma sou verleen het, indien hy bedank! Die ANC gaan nou moet pa staan vir die kostes. Korrupsie bestaan en is springlewendig in die ANC en hulle sal nou net effens slimmer te werk gaan.

ne ·

Kry vir jou zuma….. Laat jy bietjie voel hoe dit gaan as jy jou swaar verdiende geld in die water gooi. Belasting betalers is VOOS betaal aan ANC se gerief.

Johan ·

He…he….he…he…I must pay back 14 mil and hundred and 2000,no listen propily…..he.he…he…he

Peter holmes ·

Hy gaan seker nou appeleer en dan Konstitisionele Hof toe. As hierdie bevel deaurgevoer word gaan sy regspan verdwyn soos rotte van n sinkende skip af.

Morkel ·

Die werklike goeie nuus is nie wat hy moet terug betaal nie, maar dat hy nie verder vorentoe belasting betalers se. geld kan gebruik vir sy regskoste nie. Vertragings tegniek gaan nou sukkel. He, he, he, …… legal aid is sy voorland.

Snowball ·

Inderdaad Morkel, al betaal hy niks terug nie, sit hy gestrand vir onkostes vorentoe, tensy iemand hom finansieel bystaan, want belastingbetalers gaan nie meer hoes nie. Dít is al rede genoeg vir ‘n vet party!

TLC ·

Nou wie gaan die balju uitstuur om solank te begin opskryf
OMW die man sal arme ET laat skuilplek soek

Geregtigheid ·

JZ gaan nou seker weer die apartheids regering blameer.

John ·

Hullle sal uiteindelik ook Nkandla se brandpoel moet uitgrawe om al die advokate se rekeninge te dek. Wat van die kenders se spaarvarkies… veral daai een s’n wat so graag in Saxonworld se tea garden gekuier het.

Adrian ·

Wanneer betaal Brian Molefi die R20 miljoen terug en wat van zuma se neef en mandela wat biljoene skuld vir die personeel van eurora myn in springs WANNNNNNNEEEERR BETAAL HULLE

Nadia ·

Dit is seker hoekom VAT van 14% na 15% verhoog was……..om Zuma se regskoste te dra. Dit is van om naar te word!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.