Hof: SAUK-joernaliste moet terug werk toe

Foeta Krige, Suna Venter en Jacques Steenkamp Dinsdag (26 Julie 2016) in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: Facebook

Foeta Krige, Suna Venter en Jacques Steenkamp Dinsdag (26 Julie 2016) in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: Facebook

Die arbeidshof in Johannesburg het die SAUK Dinsdag beveel om die vier joernaliste wat onlangs in ʼn omstrede besluit van die uitsaaier afgedank is, se afdankings op te hef.

In die uitspraak wat deur regter Rob Lagrange voorberei is en deur regter André van Niekerk gelewer is, word die SAUK beveel om die joernaliste toe te laat om met onmiddellike inwerkingtreding terug te keer werk toe en hul take en verantwoordelikhede soos normaalweg te hervat. Die uitsaaier word ook verbied om enige verdere dissiplinêre stappe teen die vier joernaliste in te stel.

Die hof het verder die SAUK se algemene bestuurder van radio en aktuele sake en die waarnemende uitvoerende hoof vir nuus en aktuele sake vyf dae gegee om hofstukke in te dien waarin hulle redes uiteensit hoekom hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid vir die joernaliste se regskoste, in geheel of gedeeltelik, aanspreeklik gehou moet word nie.

Solidariteit het verlede week die arbeidshof genader om Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp se afdankings ter syde te laat stel. Hulle is deel van agt joernaliste wat onlangs deur die uitsaaier afgedank is en wie se afdankings glo met die SAUK se omstrede verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings verband hou.

Hoewel die ander vier joernaliste, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule, deur hul eie vakbonde en regspanne verteenwoordig word, sal vandag se uitspraak vermoedelik ook hul afdankings beïnvloed.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Lucas ·

En redes hoekom hulle nie koste self moet dra nie sal hulle baie vêr voor regverdiging moet gaan soek net om geen te kry nie!!

Gerd Lourens ·

Skitterende nuus!!!

En die ongekwalifiseerde “top matrikulant” se goue handdruk kom al hoe nader…

pieter ·

Baie geluk bly jul is weer terug maar dankie aan solidariteit en afriforum vir jul puik werk ,was dit nie vir julle nie het baie mense al sonder werk gesit hou so aan ons waardeer dit en as lede sien ons wat jul vir sa beteken

Barbaar ·

Bloednuus vir die SAUK se “Pupet Management”

Ek sien daarna uit om te verneem dat die koste bevel toegestaan word vir die “Pupet Management” se persoonlike rekening .

Frans du Toit ·

Indirek is dit tog maar die belastingbetaler wat die koste gaan betaal maar is ek verheug oor die uitspraak..

Cherokee ·

Duidelik verstaan jy nie die 5 dae grasie wat die hof gegee het aan sommige senior lede, nie.

Mira ·

Baie bly dat hulle weer terug is op hul poste. Hoop nou net nie dat die “top bestuur” nou gaan besluit dat hierdie joernaliste die mense gaan wees wat nou skielik Boet Fasie se stoetkoei wat in ń doring getrap het, se storie moet gaan doen nie. Ons almal weet hoe “slim” van daai mense is. Hulle gaan dalk nou hierdie 4 weghou van alles wat net moontlik kan lyk na onluste en vir hulle al die ou afgesaagde storietjies gee.

JC ·

MOOI SO SOLIDARITEIT/AFRIFORUM, EK IS SO BITTER trots op julle!!
Ou Max kan gaan doppies blaas, hy soek net aandag, en is uiters jaloers op wat Afriforum al reeds verrig en bereik het ten spyte van sy vieslike vitrioel, asook onderdrukking en teenstand vanaf regeringskant! Praat nou van suur druiwe oor Solidariteit/Afriforum se uiterse groot suksesse! Kyk net na al Afriforum/Solidariteit se suksesse (DKD saak vir Afrikaanses! Saak teen die moedertaalonderdrukker UV, om net ‘n paar te noem)
Al wat MAX doen is eintlik om nog net meer aandag op Afriforum te plaas en sodoende nuwe lede vir ons wonderlike organisasie te werf! Afriforum moet hom eintlik bedank vir sy goeie en gratis reklame hehe!!
Afriforum/Solidariteit gaan nog massief raak!! Wat is verkeerd daarmee om vir jou grondwetlike regte te veg en hierdie vieslik korrupte regereing aan te vat en trots te wees op jou Afrikanerskap? Daai dae is nou verby!!
Afriforum ONS BOU!! en is trots op ons Afrikanerskap in diversiteit met die ander volke in hierdie mooi land van ons. OU MAX, ek lag te lekker vir jou, jy is uiters naief! EK HOOP DIE HOF LOOI HULLE MET ‘N DE BONIS PROPRIIS PROK & KLIENT KOSTEBEVEL!

Cherokee ·

Hoe kan jy verbitterd maar trots wees? Ek is in my noppies met wat gebeur het en fluit ‘n deuntjie daaroor en drink ‘n bier daarop maar beslis nie bitter nie! Nee, ek glimlag daaroor!

snuffels ·

HAHAHA….wens ek kan in droopy oog se gesig lag vir hom met sulke uitspattigheid soos wat hy verdien!

Anoniem ·

Wonderlike, wonderlike nuus! Hoe krul my tone nou van pure plesier! Dankie aan Solidariteit vir hul hulp en ondersteuning. Sommige mense raak tog so gou moedeloos en braak aanmekaar gal oor ons mooi land en die toekoms, maar kyk nou net wat is vandag bereik! En dit nogal op ‘n beskaafde manier, sonder om goed te breek of te brand of te toi-toi.

CHARMAINE ·

Baie geluk,baie mooi, baie bly hulle kan weer gaan werk. En dit is goed om die se gatte bietjie te skop te veel sulkes kom weg met sulke goeters.

Ernest ·

JC vergeet van iemand soos MAX…. Hy leef in sy eie wonderwereld, het nog nooit iets iewers beteken nie. Dis nie die moeietewerd om kennis van sy uitsprake te neem nie, want dis soos altyd absurd.

JC ·

Hi Ernest, jammer, ek kon myself nie help nie hehe! Dis waar wat jy se… :-)

DB Jaeger ·

Stem saam Ernest. Max leef vir seker in sy eie wêreld. Hy verwar sy persoonlike ervarings en sy afleidings daarvan, as die waarheid vir almal.

Koos1 ·

Dis goeie nuus!!! Wat my baie bekommer is dat in onse ou land alles hof toe moet gaan voordat “Common Sense” inskop. Enige person wat bietjie van ons wetgewing ken, weet jy kan nie ‘n person afdank sonder ‘n tug verhoor nie.
Hier is iets wat besig is om agter die skerms afspeel, wat veel groter as die storie is, en ek glo dit is ook groter as om Zuma te beskerm.
Dalk die 3de mag waarvoor die regering so lief is om te blameer???

Hulle het nou hulle werk terug, hoe lyk dit met ‘n siviele saak om hulle name in ere te herstel?

Loeis ·

Bo en behalwe die oorwinning vir die joernaliste, is dit WONDERLIK dat die skuldiges in hul persoonlike hoedanigheid vir kostes aanspreeklik gehou kan word. Maroela Media, hou ons asseblief daaroor op hoogte!!

Willie E ·

EK wens Afriforum kon ‘n politieke party geword het….

Sarie ·

Sal nie soveel kon doen as n politieke party. Hul aanslag is anders.

Tong innie kies ·

Nou kry Hlaudi n meer senior posisie en begin nou “Radio Nkandla alias Nkandla FM”.Dit gebeur natuurlik eers nadat hy sy “Hardverdiende” GOUE HANDDRUK van Miljoene rande ontvang het.Hy was immers een van die hoogsbetaalde kaders in hierdie land!

Nenna ·

Hoekom is die stasiebestuurder van RSG so stil? Me. Magdaleen Kruger het jy die hofsake bygewoon? Wat is jou kommentaar? Dis vir my so al asof jy jou baie skaars hou. Jy is tog immers die vier joernaliste se baas. Het jy hulle enigsins ondersteun? Ek wonder maar net….

Elmarie ·

Sy hou ‘n lae profiel is seker bang vir haar werkie. Sy sal geen standpunt in neem nie.

Frik ·

Ek wonder in watter rigting gaan trapsuitjies se oog nou draai Met sy arogansie is hy tot enigiets in staat Hoop hulle word persoonlik vir kostes aanspreeklik gehou dan sal hulle tweekeer begin dink

Columbiana ·

Well done Solidariteit. Briljante uitspraak met pragtige bloedneus vir Hlaudi en sy makkers

Ben Prinsloo ·

Gee asb vir “Ou Rooioog” n bietjie rooipeper om sy rooi bloedneus te stop asseblief. Hehehe. Van die “Mad Max” se verwronge uitlatings sal ek liewer ook net sê: los die kasterolie en gee hom rooi rissie.

Sarie Laing ·

Ons is ongelooflik trots op Solidariteit en Afriforum. Dit gee ons weer ‘n bietjie hoop in hierdie modderput van korrupsie en onregverdigheid wat ons vandag verswelg. Ons is TROTS om deel te wees van Solidariteit en Afriforum !!!!! Ou Max, jy is ‘n papetiese “man” wat ‘n laaste, desperate poging aanwend om ‘n klein bietjie aandag op jouself te vestig. Liberaliste soos jy is die oorsaak dat daar op ons mense getrap word deur mense wat nie eers die stof aan ons voorgeslagte se skoene werd is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.