Hof sê dagga moet wettig wees

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof het Dinsdag sy langverwagte uitspraak gelewer oor die wetlike gebruik van dagga.

Die hof het die vroeëre uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad gehandhaaf wat bevind het dat die kriminalisering (strafbaarmaking) van daggagebruik, -besit en -kweking in die privaatheid van die huis ongrondwetlik is.

Die parlement het opdrag gekry om gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe te wysig.

Die uitspraak beteken ʼn persoon mag binnekort in die privaatheid van sy of haar huis dagga kweek, besit en gebruik. Dit het egter net betrekking op private gebruik.

Die saak spruit uit ʼn aansoek wat deur Gareth Prince, ʼn prokureur, Rastafariër en kampvegter vir die dekriminalisering van dagga, en Jeremy Acton, voorsitter van die Daggaparty, ingedien is. Die respondente in die saak is verskeie regeringsdepartemente, die polisie, asook die direkteur van openbare vervolging.

Prince het aangevoer die kriminalisering van daggagebruik en die besit daarvan is ʼn skending van die reg op gelykheid, waardigheid en vryheid van geloof.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en ander regeringsdepartemente het die wettiging van dagga teengestaan en gewaarsku oor die skadelike newewerkings daarvan.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Sallie-dagga-doenie ·

Geen wonder dis vandag so stil rondom my nie, hulle vier dit seker!…

jaco ·

die hof word deur die ANC-regering beheer en so ook die NVG. Maar die NVG is teen die hof se uitspraak. So eintlik is die ANC teen die ANC. Wat n absurditeit!

Hennie ·

Grondonteiening vir kommersiële daggaplase en siedaar die werkloosheidsprobleem in die land is opgelos. Skitterend. En dan het die land nog ‘n meevaller in sondebelastig soos vir sigarette en drank.

Paul ·

Paul Kruger het gesê, “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms”.

Die ANC regering sê, “Breek uit die verlede alles wat goed en edel is af, en bou daarop die toekoms”.

Ons het van ‘n Geknelde land, ‘n Offerland, ‘n Gelofteland en Bedoelde land in ‘n Dagga land verander.

Reinhardt ·

En alkohol? Dis seker vanuit die hemel? Jesus het immers water in wyn verander, of hoe?

Mrs H ·

Ag nee dis baie jammer. Hou maar die kriminele statistieke dop. Wonder hoeveel gaan dagga handel bydra met land se ekonomie? Dis ook seker al hoekom hulle dit gedoen het…ekstra geldjie. Beslis nie vir die beste belange van die burgers se vooruitgang nie.

Skinny Bob ·

Sal onder tabak en sigarette geklasifiseer word om sonde belasting daaruit te kry.

Hannetjie ·

Nou verstaan ek nie.Daar mag nie gerook word nie.En die wetgewing rondom rook gaan ook dan strenger gemaak word! Maar dagga word gewettig.So…daar gaan lekker dagga- huispartytjies gehou word.

Lizzy ·

@Hannetjie – Rook is nie ‘n oortreding nie en is dit wettig. Waar jy dit rook, is waar die verskil in kom. Of jy nou ‘n sigaret rook en of jy ‘n dagga zol rook… Ek persoonlik dink dit is uitstekende nuus! Mense wat kanker het kan nou meer baat uit ‘n natuurlike produk wat ook baie goedkoper is a chemo.

bgj van der westhuizen ·

ja het dit verwag sal toe gelaat word ek wil nou net weet wat gaan hulle doen met mense wat gerook is en wat moters busse vragmoters bestuur en daar is n ongelik wie is dan skildig as eimand gedood word deur so n bestuurder

Andre ·

Wat verstaan jy nie van “in die privaatheid van jou huis”?

Landi ·

André, wie gaan hoog gerooktes stop as hulle agter die stuurwiel inklim en hoog gerook wil rond ry? Soos alle ander wette, dink ek regtig dat hulle dit nie NET in die privaatheid van hul huise sal doen nie. Hel, dit WAS onwettig, en DIT het hulle nie gestop nie?! Hierdie is net nog n vervaardigde loophole waarmee ernstigge kriminele gaan weg kom “wettiglik”.

Johan ·

‘n Studie in die UK het bewys dat bestuur onder die invloed van Dagga glad nie gevaarlik is nie!!!

a3 ·

as ek my gebruik verdriedubel kan ek my water en ligte betaal! helske goeie werkskepping en betalend!!!!!!!!!

marous ·

Waneer word tik en kokaine en diamante optel en vlieende pienk olifante gewettig ? Hoop die regters en hul dierbares wat sulke besluite neem loop eerste vas in ‘n gerookte wat in sy eie huis homself bewimpel en dan die strate invaar .

inge ·

Marous, die mense rook al klaar en loop tussen ons almal rond en bestuur karre etc. Dit verander niks nie. Tik en kokaine het geen medisinale gebruik nie, natuurlik sal dit nooit wettig wees nie. Jy maak jou eie afleidings t.o.v dagga sonder die feite.

janee... ·

ek was vir lank ook “teen” dagga en die gebruik daarvan. Maar soos ek meer en meer lees op die internet en hoor hoe dagga eintlik ‘n wonderlike medisyne is, twee keer begin dink daaroor. Dagga-olie veral het baie medisiale waarde. Help teen alle kwale, siektes, rumatiek, epilepsie en veral ook kanker! Die grootste rede hoekom daar ‘n verbod op dagga geplaas is, is juis oor dagga goedkoop is, en dit die mediese bedryf kan skade aandoen @ winste wat gemaak kan word uit siek mense.

Bella ·

Stem saam jou, was ook teen dit tot my oorlede moeder kanker geveg het (dit het haar aan die einde gehelp om rustig te wees en te kon slaap) As ons dit vroeer gekry het was sy dalk nog hier

Rastaman ·

Klink of jy nou van ‘n dagga-hoog af terugkom. Daar is nie sameswerings teen dagga nie. Dis eenvoudige fisika. Dagga se nadele is ordes meer as sy voordele. Punt. Die ou mense het nog omgegee vir sy medemens en daarom is dit op ‘n beheerde item lys geplaas. Gaan ons nou dieselfde argument uithaal vir LSD? Van die briljantste idees en uitvindings is gemaak deur mense wat LSD gebruik het. Moet ons dit ook nou wettig?

Hennie ·

Met grondonteiening wat die ANC regering deur die parlement wil druk om grond/plase af te vat is hier mos nou ‘n kolossale onvoorsiene meevaller wat Cyril en sy kabinet kan benut. Kry die Chinese om duisende Dagga plase vir kommersiële gebruik op daardie grond/plase te vestig. Hulle kan der duisende mense van werk voorsien en dan is dit nie net drank, sigarette en tabak wat sondebelasting aan die regering betaal nie, maar kan hulle dan ook Dagga daarby insluit.

Roy ·

ALLES IS WETTIG MOET NET NIE ROOK NIE SO EK WEET NIE OF HULLE DIT GAAN DRINK SOOS TEE NIE

monika ·

ok so mens kan nou kweek en rook by jou huis, maar as ek nou ‘n dagga plant wil plant, waar kry ek die sade? sienende dat mens nie in dit mag handel nie? en dis nou as jy nie dagga het om van sade te kry nie, en dit ook nie kan gaan koop om die sade te kry nie, so hoe gemaak? LOL

Hanlie Geyser ·

Geen wonder die land is in die toestand nie. Regtig. Maak dit wetig. Al die ander lande baklei daarteen en SA maak dit wetig. Geen hoop meer vir die land nie. Kinders gaan nou net net onderwysers kan skiet nie maar ook in die klas n daggawalmpie kan rook.

Hendrik de Jager ·

Baie lande het dit klaar gewettig. Maak seker van feite voor kommentaar gelewer word. In Holland kan jy by n kafee n zol bestel en dit net daar rook. Van n menu af.

Hendrik de Jager ·

Drank is baie meer skadelik as dagga. Hiekom gaan niemand hier tekere oor drank nie? Jou groot dwelm gebruiker stel bitter min belang in dagga. Dit is die chemiese dwelms wat hulle soek soos kokaine en heroine.

Andre ·

Drank veroorsaak baie meer misdaad en geweld as dagga. Beste ding ooit, dit skroef die medies bedryf met hulle hoe pryse. Dagga is bewys om kanker teen te werk, hoe kan hierdie dan `n slegte ding wees?

Gebruik bietjie julle koppe en maak julle oe oop.

Landi ·

Omdat dit nie beheer word nie André. Soos jy self seker weet is SA vol sisteem misbruikers. Middel misbruikers. Georganiseerde kriminele…. Blatante leuenaars. Hoe kan dit n goeie ding wees André? As jy kanker het, laat dit jou dokter wees wat jou “wettiglik” help.

Reinhardt ·

Landi, dit word nie beheer nie want tot nou toe was dit onwettig… sodra die parlement die nodige wysigings doen sal al die regulasies en beleide daarmee gepaardgaan. Soos bv jy moet 18 wees, mag nie bestuur nie ens. Die middel misbruikers is daar of jy nou dit wil wettig of nie. Georganiseerde kriminele gaan dan nie meer kriminele wees nie, eenvoudig net boere en besigheidsmanne. Dis nie eintlik ingewikkeld nie, maar dit help nie ek redeneer met iemand wat reeds hul besluit gemaak het nie.

MTSteyn ·

Ha-ha! “Dagga werk teen kanker.” Dankie, ek hierdie ligte vermaak op hierdie triestige Kaapse Dinsdagmidag nodig gehad.

Ek en my kollegas sal dit van nou af begin voorskryf, en die gebruik daarvan selfs propageer.

In die laaste dae sal die wat sleg is, verder versleg, en sal die Bloed-gewaste heiliges hulle stryd in heiligmaking voortsit, tot op die Wederkoms.

Waarom by die wettiging van die ‘gate-way’ dwelm (dagga) vassteek; waarom nie voort stoom op hierdie immorele pad en ook vra vir die wettiging van kokaïen, wat ook ‘bewysbare’ medisinale voordele het nie?

Pieter ·

Ons kinders glo lankal dis wettig en regtig okay om te gebruik dis dan wettig. Dis maklik om te kry en wat is so gevaarlik…..hulle verstaan nie die implikasies en nagevolge nie. Dis ‘n hartseer dag vir my! Hulle laat verkeerde goed reg klink!

SeMaarNet ·

Ek dink dit is fantastiese nuus! Marijuana prysse sal opgaan wat dit moeilik maak vir onwettigge handel en siek mense in SA sal die vrugte kan pluk van iets wat eerste wereld lande lank al het! Daar is elke dag dronk bestuurders op ons paaie en kinders wat tik koop onder n trein brug, MENSE MAAK HULLE EIE KEUSES van hoe hulle iets gebruik! Ek se go vir legalization op marijuana!

Lekker gerook ·

Don’t drink and drive. Smoke and fly.
Nou kan ons beroof word in ons huise en nie ‘worry’ nie want ons almal is op ‘n lekker trip.

Bella ·

Wonder soms of mense regtig weet wat dagga is en wat dagga doen? Dit is nie n chemiese dwelm nie, dis soos n antideppresant en bygese n medisyne! Het self gesien hoe dagga olie my oorlede moeder gehelp het met haar kanker waarmee sy geworstel het! Ai, om dagga te wettig het niks met huidige land probleme uit te waai nie – dalk net dalk sal daar minder geweld wees as meer mense n rokie maak — just saying

Thys ·

Jou wyse woorde val op dowe ore. Mense stel nie belang om te leer nie, volg eerder oer-oue stories sonder grondslag.

Solank daar behoorlike wetgewing in plek gestel word om dit te reguleer kan dit ‘n wonderlike ding wees. Kyk net na die statistiek in Nederland of die state waar dit reeds wettig is in Amerika, dit wys hoeveel positiewes daar is.

Nanya ·

Almal van julle wat se dis ‘n slegte besluit is seker diegene wat naweek vir naweek met hulle alkohol en sigarette voor die TV sit en rugby kyk, en drink tot julle uitpass! Alkohol is die mees gevaarlikste dwelm in die wereld! En die ergste is, dit word in die kerk bedien!!! Haal af julle oogklappe! Word wakker! Die mainstream media het jou ge-brainwash om na hulle poppe te dans!

Careltjie ·

Ek is bly as dit goedgekeur is vir private (medisinale) gebruik. As jy dit nog nooit nodig gehad het nie, sal jy ook NOOIT die voordeel daarin sien nie. Kyk die saak na twee kante. Sodra die wat kla kanker kry, sal hul vinnig na die dagga olie gryp.

Mrs H ·

Jy is reg, ek sal net verkies om n kwaliteit produk van n betroubare plek, wat goedgekeur en getoets is, te bekom.

Annelize ·

Wel, hierdie land is so in sy maai in, hulle moes iets rondom die Dagga kwessie doen sodat die mense kan begin cope met wat aangaan. Want hel, om in hierdie land verstand bymekaar te hou, moet jy of hoog gerook of moedeloos beskonke wees.

Koos ·

DAGGA IS VERSLAWEND!!!!!

En alle verslawende produkte, noem op net wat jy wil, is TABOE!!!!

Genade, uit hierdie kommentare blyk dit duidelik dat ons mense se morele standaarde ver benede die peil is waarop dit behoort te wees – KOM BY ASSEBLIEF MENSE !!!

1+1 ·

Koos ek stem met jou saam. Ons het hier te doen met ‘n stuk naiwiteit wat skrikwekkend is. Die uiteinde van hierdie besluit sal eers oor twee of drie jaar gemeet kan word. Hopelik sal daar meer stemme uit die hulpberoepe opgaan bv. beraders wat met die verslaafdes werk. “ons gaan onder as gevolg van ‘n gebrek aan kennis”
Humanisme ‘n instrument van satan.

FreddieM ·

So as n eks SAP lid het ek lank geworstel met die idee om cannabis te gebruik vir my vroutjie van 25jaar wat gediagnoseer is met stage 4 kanker in 2016.
Na n lang ondersoek het ek besluit om dit self vir haar te maak (CBD olie).
Wel my gevoel teenoor die gebruik van Cannabis het totaal en al verander. Om die waarheid te sê voel ek sleg en skuldig oor al die arrestasies wat ek self gemaak het waar Cannabis betrokke was.
My vrou se eetlus, slapeloosheid, naarheid, pyn ens het drasties toegeneem en waar nodig gedaal.
Ek sê nie hiermee dat almal dit nou moet begin gebruik nie maar ek weet een ding en dis n feit soos n siek koei…. ek, my familie en friende gee liewers vir ons siek geliefde n plant wat ons self geplant het, self behandel het en self die uitreksel gedoen het as om iets soos morfien voor te skryf !! Groot farma maak biljoene deur mense net sieker te maak maar dit weg te steek agter stunning etikette en hoë pryse ! Staan 1000 persent agter die goedkeuring van self medikasie en gebruik van Cannabis.
Alkohol eis lewens elke dag maar dit word aanvaar en verkoop (ten duurste), sigarette en talle ander slegte gewoontes (omdat ons daarmee groot geword het) word aanvaar as die norm ! Word wakker, staan op of staan terug, besef dat ons mense jare al aan die neuse rondgely word.

Hendrik Du Plessis ·

Freddie ek stem saam met jou regtig mense wat nie weet wat dit is om elke dag pyn en seer te hê nie sal nie saam stem met die wettig maaking nie.Ek het morfien gebruik en met tye siek geraak darvan vir pyn daar is pille wat kan help maar geld is altyd n probleem as jy nie n medies het om sterker pille te kan koop. Ek gebruik nou dagga vir my pyn en ek dink dit basies een maal n dag voor ek gaan slaap saans en ek weet nie meer van slaaplose nagte nie en pyn nie. Ek het 9 rugoperasie gehad en dagga mak dat ek weer moed het vir die lewe eke dag so ek staan vir die wettig makening daar van.

Heila Fourie ·

sigarette is verban maar dagga gewettig.
wat ‘n siek grap om dagga openlik te koop en te kweek en almal op skool mag dagga rook.
Heila

HBK ·

Help nie ek mag nou dagga groei nie, daar is dan nou water beperkings. Mens kan net nie wen nie.

Cherokee ·

In die privaatheid van die huis – dink daaroor hoe gaan woonstelblokke stink.

Lallie ·

Met die toestand wat ons land is stem ek saam dat dagga darm die sinkende skip sal rustig maak hahaha

Nika ·

Mense dink dagga word net gerook…. ja dagga is nie goed as jy dit met tabak neem nie. Ek verskaf vir my THC olie aan en dit help my om te slaap en dit voorkom en behandel migraine, ek kan enige dag ophou om die olie te los en ek kry nie onttrekkingsimptome nie waar as die dokter vir my slaap pille voorskryf en pyn pille is ek vir maande verslaaf. Hulle moet maak soos oorsee…. selfde reels tel wat alkohol en sigarette aanbetref jy verkoop nie aan minderjariges nie en ouers moet maar net hulle kinders leer tussen reg en verkeerd. Dwelm verslaafdes wat misdaad pleeg is nie op dagga nie hulle is op kokaiene, tik, LSD ens. En vir die ouers wat toelaat dat hulle kinders rook… Nikotien is 10 keer meer verslawend and kokaien so wat is dan nou so erg aan dagga?

Hendrik Du Plessis ·

Ek het 9 rugoperasie al gehad en pille vir pyn kan ek nie bekostig nie.Ek het begin om dagga te gebruik vir die pyn in n olie vorm.Ek kan weer slaap snags ek het baie minder pyn soms geen pyn deur die dag. My lewe het weer verander ek kan weer die dag in die oë kyk en aanvat. Ek persoonlik self sal sê dit kan maar gewettig word dan kan ek my eie begin kweek want dit werk en help my baie.

daniel ·

dieselfde wit afrikaanse mense wat hierbo so die wettiging van dagga goedpraat, kla andersins oor goed soos regstellende aksie, Eskom wat te gronde gaan, onteiening van grond sonder vergoeding en amper almal wil n vorm van wit selfbeskikking hê.
As die houding teenoor die wettiging van dagga so posetief is, wees dan nie verbaas oor al die ander euwels in SA nie. Moet dan ook nie julle beywer vir selfbeskikking en “kom ons keer terug na God toe nie”.
Baie van ons mense wat so besorg is oor wat in SA aangaan, is toe ook maar nie so wonderlik nie. Lekker dubbele standaarde op ons eie werf, terwyl ons die ANC, die DA ens ens van hulle dubbele standaarde beskuldig.

Reinhardt ·

Dubbele standaarde? Inteendeel, ek hanteer dagga met dieselfde standaard as alkohol. As jy jouself kan beheer kan jy dit gebruik. Indien n mens een ding goedkeur en n ander, soos bv regstellende aksie, nie, beteken dit slegs dat jy n vrye denker is. Jy besluit vir jouself of iets goed of sleg is, ek laat my nie voorskryf of ek links, regs, liberaal, konserwatief is nie.

Ben ·

Die gebruik van dagga olie is nie skadelik nie. Die rook wat ingeasem word is die probleem. Behalwe dat dit die mense se denkwyse en houdings beinvloed is die langdurige gebruik daarvan dat die brein en die geslagsdele krimp. Wat is die gevolge daarvan op ongebore babas? Sal maar niks verder se nie……… Dit is ‘n SAD dag vir Suid Afrika.

Casper Labuschagne ·

Tot nou toe het ek sover moontlik boomrokers uit my vriendekring uitgesluit en ek vermoed dat my vriendekring vorentoe nog verder sal krimp. Wat sal gebeur is dat daar nou breedvoerige en akkurate statistiek oor die gebruik van die cannabis plant sal wees wat mag aandui of dit voordelig of nadelig is. Die hoeveelheid oortredings kan inderdaad styg omdat baie persone nie by die beperkings van private gebruik sal hou nie. Dit sal waarskynlik ook nou ongrondwetlik wees om ‘n werknemer aan ‘n toets vir die gebruik van dwelms te onderwerp.

nettie ·

Hoe kan dit nou so verkeerd, en erg wees, ek meen ons Groot Vader, het dit goed gedink, om vir ons, so n plantjie, te gee, sekerlik nie verniet, met Genade! nou kan almal soos Jacob regop, regop wees!

Ben ·

Nee Nettie, U is verkeerd. Die plante wat op die aarde geplaas was wat goed was, was in die tuin van Eden. Nadat Adam en Eva, uit die tuin verban is, het God as straf vir hulle die aarde met onkruid besaai. So nie alle plant is goed vir ons nie.

Casper Labuschagne ·

@nettie, Inderdaad het die Here plante geskep sodat die mens alle soorte kwale en siektes kan behandel. Maar, as voorbeeld, word die opium papawer word streng beperk, tot so ‘n mate dat daar eerder kunsmatige plaasvervangers vir opium gebruik word as die werklike middel. Net so is daar vir elke mediese gebruik van die cannabis plant ook wel ‘n farmakologiese alternatief. Ons het egter almal ‘n produk van die hennep plant wat deel van die Cannabaceae familie is, in ons beursies, in die vorm van geldnote omdat die vesels van daardie plant duursamer is as die van papier.

Israel ·

Wel daar is baie misdade wat gewettig is , korupsie ,plaasmoorde , roof, ens hoekom nou nie dagga nie , hoe meer hulle wettig hoe minder hoef die polisie te doen wat alreeds niks doen en wil doen, die k woord dra baie meer gewig as die ander misdade, kan julle sien waar lê die regering se prioriteite, As jy in die lewe staan vir niks val jy vir enige iets

RHG ·

Mens raak nie fisies aan dagga verslaaf nie, maar dit lei tot hunkering na ander dwelmmiddels. Iemand wat gerook is, se denke is nie helder nie. Sommiges sal dinge doen wat hul andersins nie sou doen nie.

Bushy Van Eck ·

EK KAN NET HOOP EN VERTROU DAT ONS STAATS PRESIDENT SONDER ENEIGE VERWYL AMNESTIE SAL VERLEEN AAN AL DIE ARME SIELE WAT VERVOLG WAS EN TANS TRONKSTRAF UITDIEN.

EK WONDER OOK HOE AL DIE REGTERS, STAATS AANKLAERS EN GEREGS DIENAARS NOU VOEL DAT DAGGA NIE WERKLIK N MISDAAD WAS NIE.

DIE ONTEENSEGLIKE FEIT DAT MENSE IN WERKLIKHEID ONSKULDIG WAS EN ONNODIG OPGESLUIT WAS OOR WETTE WAT DAAR GESTEL WAS IN DIE VERLEDE DEUR LEIERS WAT NIE VAN VEEL BETER GEWEET HET NIE.

AS MENS DIE GESKIEDENIS VAN DAGGA OPLEES DAN WORD DIR DUIDELIK DAT DAAR BAIE POLITIEK BETROKE WAS VIR EIE GEWIN.

MENS KAN BOEKE SKRYF OOR ONKUNDE EN ONGEREGTIGHEID RONDOM DAGGA EN DAAROM HOOP EK DAT IEMAND DIT WEL SAL DOEN SODAT MENSE EN VERAL ONS NAGESLAGTE UIT ONS FOUTE KAN LEER.

DALK DOEN EK DIT.

Chris ·

Wel, ek het dit nog nooit gebruik nie, maar ek lees oorals dat dit ’n baie goeie medisinale waarde het. Hoekom sal mens dit dan nou weghou van ander as hulle dit wil gebruik. Ek sien baie mense sê, nou is die land in sy kanon in. Hoekom? Dit is wettig in ander lande en hulle bestaan nog. Ek dink dit is ’n baie goeie ding dat hulle dit gewettig het. Die dagga is in elk geval vir my ’n baie mooi plant.

Conrad ·

@Ben

God het dus na die skeppingsdae besluit daar moet so – by nagedagte! – nog so ‘n paar onkruidjies gesaai word om dit vir Adam en Eva se nageslagte dit nou so werklik onaangenaam moontlik te maak?

John ·

Nooit gedink die dag sal kom waar ek sal se die regering het iets reg gedoen. En vir al die wat se dagga lei na ander sterker dwelms moet by kom en bietjie Wakker word.

Steven ·

BESTE NUUS OOIT!!!! yEAAAAAAAh…nou kan ons alles met ;n glimlag aanpak.

Ekke ·

Wonder nou so in my stilligheid, wat word nou van die mense wat in die trunk sit oor dagga…

Ben ·

Alles in die lewe het ‘n voordeel en ‘n nadeel. In hierdie geval, gesien van die anderkant, die Drug “dealers” huil vandag want daar gaan al die geld vir die duur daga. Daar is dus geen rede om meer duur daga aan te koop nie want daar is baie min risiko by die verkoop,vervaardiging en vervoer daarvan. Die daga plant groei ook baie maklik… Kweek jou eie in jou privaatheid. Die Polisie honde wat die dagga uitruik het nou so pas sy werk verloor. Jou daga sal jy nou by die Apteek kan koop.. LOL…

Dingetjie ·

By ons maatskappy word ons gereeld getoets vir substances. Wonder of hulle nou hulle reels ook gaam moet laat sak aangesien dagga tot 2 weke glo in jou bloedstroom opgetel kan word. So ek gaan nie noodwendig gerook werk toe mie maar dit gaan wys in my bloed.

Casper Labuschagne ·

@DIngetjie, ek het dieselfde probleem, by die werkplek toets ek gereeld die personeel vir dwelms en het al personeel vir rehabilitasie gestuur. Maar die maatskappy se beleid tov. die gebruik van alkohol sal moet gewysig word om dagga gebruik nou ook in te sluit waar net soos met alkohol, personeel dit nie by die werk mag gebruik of onder invloed daarvan by die werk te mag wees nie. Maar ek wonder of die toets vir dagga gebruik grondwetlik sal wees omdat die spore van Cannabaceae lank in jou gestel oorbly, en vir lank nadat die invloed daarvan al afgewerk is.

Skaap ·

Dagga is net net nog ‘n plant soos koffie, tee, tabak of drank. As jy dit misbruik soos enige iets in die lewe, is dit nadelig vir jou. Die wet moes al lankal afgeskaf word omdat al die goed is meer verslawend as dagga in elk geval.

Nick Oosthuizen ·

Ja né ek wonder hoeveel van julle wat kla is sleg en oorgewig van te veel vreet! Even kos is n drug vir lui mense so ek is verskriklik bly dis wettig!!!! Eerder maer en gerook as dik en ongemaklik!

Tina ·

Dagga help teen kanker en pyn, dis medies bewys. Dit is goedkoop medisyne vir die armes. Die Bybel sê ; God het vir ons blare gegee vir genesing. Alkohol en tabak doen meer skade aan ongebore babas en mense as dagga. Daar is altyd mense wat verslaaf raak. Veg eerder teen verslawing en nie teen plante wat genesing bring nie. Gee vir die arm mense wyn en dagga sodat hulle hul probleme kan vergeet. Dis bybels korrek. Selfbeheersing kom van die Heilige Gees af. God gee elkeen ‘n sowereine wil om te kies tussen lewe en dood. Ons moet ook mense hulle regte gun en nie ons wil op ander mense afdwing nie. Nou gaan arm mense ook pyn verligting kan bekostig. Ek gun hulle dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.