Hof sê dan oor Afrikaans by Unisa

Argieffoto

Argieffoto

Regter Roland Sutherland het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak voorbehou in die burgerregte-organisasie AfriForum se saak teen die beplande implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se 2017-taalbeleid.

Unisa se nuwe taalbeleid bepaal Engels sal vanaf 2017 die enigste taal van onderrig aan dié instelling wees en Afrikaans, wat tans die medium van onderrig vir tussen 20 000 en 30 000 studente aan dié instelling is, gaan voortaan nie meer gebruik word nie. AfriForum het ook reeds ’n saak teen die universiteitsbestuur se aanvaarding van die nuwe beleid aanhangig gemaak.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sou die eerbare optrede van die bestuur wees om te wag met implementering, maar Unisa wou egter geen onderneming van dié aard gee nie.

“Voornemende studente is dus in die duister gelaat of hulle in 2017 wel vir studie in Afrikaans kan registreer en hierdie studies in die toekoms in Afrikaans kan voltooi,” het Bailey gesê. “Ons sal alles moontlik in die stryd werp om duidelikheid aan die studente te gee en hul regte te beskerm.”

Die uitspraak sal volgende week Woensdag gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

jaco ·

Wat betaal Afriforum vir hierdie hofsaak? Gebruik die geld eerder vir opheffing en selfhelpprojekte vir arm wit mense wat swaarkry weens die nare gevolge van regstellende aksie. Al die gekla oor die miskenning van Afrikaans skep die indruk Afrikaanssprekendes verstaan nie Engels nie en is eintlik dom. WAT het al die moaners gemaak as die onderrigtaal na Zulu of Tswana verander is?

Piet Snot ·

Nee, Jaco.
Ons moet die een doen en die ander nie nalaat nie.
Dis ‘n totale oorlog.

snoef ·

volgens TV nuus het die hof klaar besluit: NEE. AFRIKAANS MOET WEG.

Alida ·

Ek weet ek gaan gestenig word maar Engels is n wereld taal. Wat maak jy oorsee of selfs in SA in die arbeidsmark as jy nie Engels magtig is nie. Leef jou moedertaal uit by die huis of waar ookal . Niemand keer jou nie maar vir n suksesvolle loopbaan is engels n moet.

Stev ·

Jy is verkeerd. Om onderrig in jou MOEDERTAAL te kry maak dit baie makliker om te begryp wat jy geleer word. Jy vind dit dan makliker om te verstaan hoe dinge in praktyk gebeur en as jy in besigheids wereld is skakel jy jou Afrikaanse menings en denkwyses net om in engels. So onderrig in Afrikaans is belangrik vir ons wat Afrikaans as moedertaal/huistaal het.

JC ·

Alida jy verstaan blykbaar nie eintlik mooi watter beginsels ter sprake is nie, sien wat se Stev en Lance hierbo!!

Solty ·

Sal jy dieselfde voel as jou kind van graad 1 of selfs graad 3 nie meer onderrig in Afrikaans gaan kry nie? Want dit is sekerlik die volgende stap. Weg met afrikaanse skole

Izzy ·

Alida, daar’s 1000de van ons afrikaanse kinders (en volwassenes) wat oorsee woon of wat gereeld oorgaan……almal van hulle kom reg met die 1 of 2 engelse lesse (weekliks) wat hulle wel in die Afrikaanse skole ontvang het. Nog NOOIT van iemand gehoor wat teruggekom het omdat hulle die taal (engelse taal) nie kon baasraak daar nie (wel agv ander faktore). Daar’s net soveel keer al bewys dat moedertaal onderrig die BESTE is! As jou kind engels in die kleuterskool, laerskool, hoerskool en universiteit gaan dink/praat en leer, sal jou kind later nie meer kommunikeer in Afrikaans by die huis nie..

Victor ·

Alida is 100% reg.

Stev, so as jy in die besigheidswereld net kan jou Afrikaanse idees oorskakel in Engels, wat stop jou om dit op universiteit te doen?

Ek het twee grade, een in Afrikaans, en een in Engels – ek het glad nie met die Engels gesukkel nie

Victor ·

Snaaks Izzy, my broer het na ‘n Engelse skool gegaan en in Engels geswot, maar praat net Afrikaans by die huis

Lance ·

Moedertaal onderig le beginsels vas om juis ander tale wat bykom beter te kan verstaan en om begrippe te kan vaslê …kundige het oor radio oor dit gepraat na jare se navorsing en dit klink vir my reg wat sy gese het.

JC ·

Afriforum GAAN suksesvol wees!! Die tv nuus kan maar bespiegel dis klaar n uitgemaakte saak. Jaco jy maak my naar!! Jy het blykbaar geen selftrots nie en trots op jou pragtige taal Afr nie. Dankie tog jy is VEEER in die minderheid. Afr sal seevier!!Dis ons GW reg!!

Victor ·

Trots op my taal, ek praat dit by die huis en met my vriende. Maar swot in Engels het my nie skade laat ly nie. Engels is die enige opsie in ‘n land met 11 tale

Nina ·

As ‘n taal in die akademie is brei dit uit en groei dit. Elke beroep of vak besit sy eie woorde. Dus verstaan ek die geveg.
Handboeke word egter in engels geskryf en die student spandeer ure om dit te vertaal, wat tydrowend is.
Dit is die waarheid dat dit eenvoudiger makliker is om in engels alles te doen.
My boere hart voel net as ons ophou baklei sal ons mooi taal verlore gaan as dit uit die akademie verwyder word.

Victor ·

Nina, regtig?

As ‘n student rekenaarwetenskap swot, en hy sien die term “source code”, dan hoef hy nie in sy kop te gaan dink “bron kode” voor hy verstaan nie. Baie vakgebiede, soos rekenaarwetenskap, het ontstaan in Engels sprekende lande soos die VSA en groot Brittanje, hoekom moet ons nou snaakse Afrikaanse vertalings gaan uit dink vir alles?

Victor ·

UNISA se grade word nog steeds erken wereldwyd, nes Tukkies en die ander universiteite. Daar is ook ‘n verskil tussen die 1970’s en 2016

JC ·

Victor ek gaan wragtig nie probeer om jou te oortuig nie, ek kan sien jy wil nie oorreed word en na rede luister nie. Met respek jy kan maar ‘aangaan’ jou opinie is in elk geval irrelevant. Gesonde verstand, logika en die beginsel van moedertaal onderrig sal oorwin. Ek is bly vir jou dat jy so mooi regkom in Engels, ek is ook goed daarin en nie probleme om daarin te swot nie MAAR jy moet nie veralgemeen nie en HIER gaan jou argument nie op nie–ALMAL is nie ek en jy nie dis nie soos fliek kyk nie HOOR SO dink WEER voor jou vlg kommentaar!

Victor ·

JC, en nou? Hoe kan jy “sien” ek wil nie oorreed word nie? Is jy heldersiende?

Jou fantastiese logika en wonderlike argumente in jou plasing is seker van so aard dat ek nie sal iets tee sê nie?

Haha, en dan gaan jy nog so ver om te sê my “opinie is irrelevant” – is dit oor ek verskil van jou?

Lyk my jy verstaan nie hoe debatvoering werk nie? As jy dan so verskil van my waar is jou teenargumente?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.