Die uitspraak rakende die behoud van godsdiens in openbare skole word Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer.
Die Organisasie vir Grondwetlike Onderrig en Demokrasie (Ogod) het die saak aanhangig gemaak teen ses skole wat hulleself met die Christelike etos verbind en onderrig vanuit ʼn Christelike perspektief aanbied. Die saak word deur die ses skole teengestaan, sowel as Solidariteit en AfriForum wat as vriend van die hof namens die skole toegetree het.
Uitspraak tussen Ogod en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oor die beoefening van godsdiens in skole is in Mei vanjaar voorbehou ná ʼn drie dag lange hofsaak.
Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het destyds gesê dit is vir Suid-Afrikaners noodsaaklik om van jongs af wedersydse erkenning en respek aan te leer vir mense wie se kulture en sienswyses van hul eie verskil.
“Hulle moet ook leer om met hul eie identiteit gemaklik te wees, insluitend hul geloofsoortuigings. Dít is waarom ’n godsdienstige etos in skole behou moet word,” meen Bailey.
Sy het gesê godsdiensbeoefening moet nie, soos Ogod voorstel, bloot tot aktiwiteite beperk word wat kinders in pouses of voor of ná skool, soos ’n stokperdjie, beoefen nie.
“Dit vorm die waardes en dus ook daaglikse optrede van die individu; daar moet vryheid wees om dit te beoefen en kinders moenie met die idee grootword dat hulle of hul onderwysers gestraf mag word as geloofaksies nie tot sekere tye en ruimtes beperk word nie. Godsdiensvryheid is immers een van die regte wat die Grondwet duidelik omskryf.”
AfriForum beklemtoon dat die saak alle gelowe en dus die totale gemeenskap raak – die uitspraak gaan nie alleen die toekoms van openbare skole bepaal nie, maar ’n veel wyer impak hê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Plaas dat ogod erder hulle daarop spits om kinders by skole en geleer te kry sodat hulle maniere kan optel.Die geld wat hulle nou aan die hofsaak bestee vir n organisasie skenk want hulle gaan duik in die pad
Nooit gedink ek sal die dag beleef wat ons moet veg vir ons geloof. Dit is waneer alle nasies saam gegooi word en tot vervelens toe in ons kele afgedruk word, dat sulke dinge gebeur!!!
Nou wil ek sien hoe die hof die skole by die moskees gaan verbied om hulle godsdiens te beoefen. Wat n grap.
… ongelukkig sal dit veel erger begin gaan en nooit weer beter nie. Die hele wereld is vasgevang in die menseregte-ketting en sendingwerk erg bedreig. Afrika-jeug koppel die Christendom aan kolonialisme n soek weer voorvaderaanbidding ea gebruike. Pres Zuma besoek Hindu-byeenkomste en Cyril praat by Moslemfeeste en ondersteun die Palestyne. Ons plaaslike tv-stasies is duidelik daarop gerig om alle gelowe te plesier met tot Buddha-tempels as agtergrondbeelde om ons in te breek. Ons Christen-kerke is in gevaar. Gemeentes moet voorsorg tref…
Godsdiens, enige een, is noodsaaklik in ons skole want dis miskien die enigste plek waar die kind aan soiets blootgestel word. Meeste kinders is meeste van die dag blootgestel aan hul skool en in ‘n mindere mate aan hul ouers. Godsdiens bring orde.