Hof sê dán oor godsdiens in skole

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Die uitspraak rakende die behoud van godsdiens in openbare skole word Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer.

Die Organisasie vir Grondwetlike Onderrig en Demokrasie (Ogod) het die saak aanhangig gemaak teen ses skole wat hulleself met die Christelike etos verbind en onderrig vanuit ʼn Christelike perspektief aanbied. Die saak word deur die ses skole teengestaan, sowel as Solidariteit en AfriForum wat as vriend van die hof namens die skole toegetree het.

Uitspraak tussen Ogod en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oor die beoefening van godsdiens in skole is in Mei vanjaar voorbehou ná ʼn drie dag lange hofsaak.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het destyds gesê dit is vir Suid-Afrikaners noodsaaklik om van jongs af wedersydse erkenning en respek aan te leer vir mense wie se kulture en sienswyses van hul eie verskil.

“Hulle moet ook leer om met hul eie identiteit gemaklik te wees, insluitend hul geloofsoortuigings. Dít is waarom ’n godsdienstige etos in skole behou moet word,” meen Bailey.

Sy het gesê godsdiensbeoefening moet nie, soos Ogod voorstel, bloot tot aktiwiteite beperk word wat kinders in pouses of voor of ná skool, soos ’n stokperdjie, beoefen nie.

“Dit vorm die waardes en dus ook daaglikse optrede van die individu; daar moet vryheid wees om dit te beoefen en kinders moenie met die idee grootword dat hulle of hul onderwysers gestraf mag word as geloofaksies nie tot sekere tye en ruimtes beperk word nie. Godsdiensvryheid is immers een van die regte wat die Grondwet duidelik omskryf.”

AfriForum beklemtoon dat die saak alle gelowe en dus die totale gemeenskap raak – die uitspraak gaan nie alleen die toekoms van openbare skole bepaal nie, maar ’n veel wyer impak hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico ·

Plaas dat ogod erder hulle daarop spits om kinders by skole en geleer te kry sodat hulle maniere kan optel.Die geld wat hulle nou aan die hofsaak bestee vir n organisasie skenk want hulle gaan duik in die pad

ROOIKAPPIE ·

Nico , kinders moet maniere by huis geleer word. Dit is nie die onderwyser se plig nie. Hulle het genoeg waarmee hulle moet deel. Daar mag nie getugtig word nie, dus is dit die ouers se plig.

Wanda ·

Nooit gedink ek sal die dag beleef wat ons moet veg vir ons geloof. Dit is waneer alle nasies saam gegooi word en tot vervelens toe in ons kele afgedruk word, dat sulke dinge gebeur!!!

Olivia ·

Die Woord is duidelik dat dit wereldwyd gaan gebeur voor Yeshua se wederkoms. My vraag is eerder is jy bereid om dood te gaan vir jou geloof in Hom want dit is volgende. Dit verstom my dat mense nie bewus van die One world Order en hul planne nie. Doen navorsing en oor Fema kampe en meer. Jesus het vir alle nasies gesterf nie net een nie, niks maak ander spesialer nie as jy Hom werklik lief het is jou werk om Hom te verkondig aan alle nasies. Dit was Sy opdrag!!!!! Nie regerings sin nie.

Gatbrand ·

Nou wil ek sien hoe die hof die skole by die moskees gaan verbied om hulle godsdiens te beoefen. Wat n grap.

John ·

… ongelukkig sal dit veel erger begin gaan en nooit weer beter nie. Die hele wereld is vasgevang in die menseregte-ketting en sendingwerk erg bedreig. Afrika-jeug koppel die Christendom aan kolonialisme n soek weer voorvaderaanbidding ea gebruike. Pres Zuma besoek Hindu-byeenkomste en Cyril praat by Moslemfeeste en ondersteun die Palestyne. Ons plaaslike tv-stasies is duidelik daarop gerig om alle gelowe te plesier met tot Buddha-tempels as agtergrondbeelde om ons in te breek. Ons Christen-kerke is in gevaar. Gemeentes moet voorsorg tref…

SARIE VAN HEERDEN ·

Godsdiens, enige een, is noodsaaklik in ons skole want dis miskien die enigste plek waar die kind aan soiets blootgestel word. Meeste kinders is meeste van die dag blootgestel aan hul skool en in ‘n mindere mate aan hul ouers. Godsdiens bring orde.

Herman ·

Die antichriste is hard besig aan die werk. Hulle wil ons geloof onderdruk en vernietig. Daar is net een God. Geen ander nie.

Jaco ·

Ek voorspel moeilikheid as openbare skole in n moslem gebied n klas begin vir ander gelowe of as hul verbied word om hul geloof te beoefen. Kyk maar wat gaan in Oosterse lande en wat oorgespoel het na Europa. Hoe maak jy vir een of twee kinders van n sekere geloof voorsiening in n skool wat honderde kinders het. So nou moet skole gekies word ,dalk buite jou area ,aan die hand van hul oortuigings wat gaan lei tot meer privaat skole of dan Christen of geloofgebaseerde skole… Kan interessant raak. Die duiwel is inderdaad baie baie lustig in Suid Afrika

Bia ·

Ek verstaan nie hoekom almal n boehaai opskop nie. Dit is ons plig as ouers om ons kinders van die Here te leer. Die half uur van hulle in die skool aan die Here spandeer kan ouers nou by die huis doen as n gesin. Maar deesdae is dit te maklik om ouerverpligtinge aftesmeer aan onderwysers en skole. Wees die ouer vir jou kind waarna hy/sy kan opkyk. N ouer wie sy kind van God leer. Ek persoonlik wil he my kinders moet se my ouers het my van God geleer en nie ekt by die skool geleer van God nie. Dink mooi daaroor, wats vir julle belangrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.