
Andile Mnxitana, leier van die BLF, tydens die hofverrigtinge. (Foto: Mia Slabbert)
Uitspraak in Solidariteit se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) is Dinsdag in die gelykheidshof voorbehou.
Solidariteit het die haatspraakklag teen die party op 14 Februarie vanjaar by die gelykheidshof ingedien nadat hy ’n mandaat van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp se ouers ontvang het.
Die klag het gevolg nadat Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, die dood van vier jong leerders op sosiale media gevier het. Hy het geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.”
Die saak is voorheen uitgestel nadat die BLF die hofdatum geïgnoreer het.
Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdiente, het vandag gesê hulle is positief oor die saak.
“Ons is van mening dat geregtigheid moet seëvier vir Hoërskool Driehoek se ouers en dat [beweerde] rassiste soos Andile Mnxitana en die BLF in die bek geruk moet word. Solidariteit sien uit na die uitspraak,” het Van der Bijl gesê.
Adv. Dirk Groenewald het namens Solidariteit aangevoer dat die respondente tot nou nog geen verskoning voor die hof gemaak het nie en dat die BLF slegs sy posisie verdedig en weier om skuld te beken.
Die leier van die BLF, Andile Mnxitana, het vandag namens die respondente opgetree en het ná verskeie mislukte pogings om die regter van sy politieke ideologie te oortuig, die hof gevra om met betrekking tot die uitspraak in ag te neem dat sy organisasie ʼn revolusionêre organisasie is wat weens wit bevoorregting bankrot is, het Solidariteit in ʼn verklaring gesê.
“Om aan te neem dat die uitlatings wat die BLF oor die Driehoek-tragedie gemaak het nie skadelik of pynlik teenoor die slagoffers se ouers sou wees nie, is verregaande en enige argument daarteen is absurd,” het Groenewald aangevoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
33 Kommentare
Vieslikste “grin” wat ek nog ooit in my lewe gesien het! Jy sal nog jou dag kry!
Ag betaan hy nog hy het so swak gedoen in die verkiesing ….gaan kry n werk en doen iets man
BLF.
Wat ‘n afstootlike spul
Hoekom uitspraak voor behou…
Raak nie sommer persoonlik raak nie. Maar KFC vat darem bietjie van die pyn weg. Ronde gesiggie getuig daarvan.