Hof sê glo vandag oor Amcu-aansoek

Amcu-lede betoog in Pretoria op 6 Maart 2014 Foto: Montsho/SAPA

Amcu-lede betoog in Pretoria op 6 Maart 2014 Foto: Montsho/SAPA

Die arbeidshof in Johannesburg sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor ʼn dringende interdik wat deur Amcu gebring is om Amplats en Implats te verhoed om direk met mynwerkers oor hul loonaanbod te kommunikeer.

Amcu het die hof verlede week genader om die twee mynmaatskappye te verhoed om direk met stakende lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) te kommunikeer en om Implats te verhoed om opnames te doen of werknemers wil terugkeer werk toe. Die hof het Vrydag uitspraak voorbehou.

Die aansoek teen Lonmin is uitgestel weens deelname in die arbeidshof se bemiddelingsproses.

Amcu-lede by Lonmin, Impala Platinum en Anglo American Platinum staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn basiese salaris van R12 500. Hulle het die maatskappye se loonaanbod, dat die werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal verdien, verwerp.

Volgens die webwerf platinumwagenegotiations.co.za, wat deur die werkgewers opgestel is, het die werknemers reeds meer as R9.1 miljard in inkomste verloor en die maatskappye het reeds meer as R20.5 miljard verloor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.