Hof sê ja vir man se genadedood

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn man wat terminaal siek is die reg gegee om met behulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig.

Robin Stransham-Ford (65) se aansoek dat ʼn dokter hom mag help om selfmoord te pleeg, is toegestaan. Die hof het gelas dat die dokter nie vervolg of dissiplinêr verhoor mag word nie. Stransham-Ford, ʼn voormalige advokaat, is in September 2013 met terminale prostaatkanker gediagnoseer.

“Die aansoeker is geregtig om deur ʼn mediese praktisyn gehelp te word deur ʼn dodelike middel aan hom toe te dien of die dodelike middel aan die aansoeker te verskaf om self toe te dien,” het regter Hans Fabricius gesê.

Stransham-Ford het die hof versoek om toestemming te gee dat ʼn dokter ʼn dodelike middel aan hom mag toedien indien hy nie in staat is om dit self te doen nie, sonder dat die dokter vervolg mag word. Hy glo dat dit ʼn skending van sy grondwetlike reg tot waardigheid is om hom te verhoed om dit te doen.

Die ministers van justisie en gesondheid, die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe en die nasionale direkteur van openbare vervolging het die aansoek teengestaan. Doctors for Life en Cause for Justice is toegelaat om as vriende van die hof op te tree.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elfie ·

Dis goed en reg so – sy lyding is verby, mag hy in vrede en “dignity” gaan en ewige rus hê. Dankie tog vir die hof wat ‘n menslike besluit geneem het.

Des Kruger ·

Om op so wyse jou lewe te mag beeindig waar daar net pyn met geen herstel is, is wonderlik. Dankie aan die hof Se menslike uitspraak

Gina ·

Mag hy nou van sy pyn en leiding verlos wees. Wens net die doodstraf terug bring vir die wat wil lewe en moor

pop ·

Ag dankie tog vir n menslike regter. Hopenlik sal dit die voorloop wees vir wetsverandering mbt genadedood. Die drs wat so daarteen is, dink net aan al die geld wat hulle nou nie gaan maak met terminaal siekes nie, dis al.

Carina Rabie ·

Ek is so bly die hof het dit toegestaan. Ek hoop van harte dit sal in die toekoms ook toelaatbaar / wettig wees om die genade dood toe te pas.

Kobus ·

Dit klink dalk na genade, en menslik gesproke klink dit reg, maar net soos aborsie bly dit op die ou end moord, die Bybel se siening beteken egter nie veel in n goddelose land nie.

EMK ·

Kobus om ‘n lewe te “verleng” met allerlei pille en operasies is ook “onnatuurlik” en dan ook “onbybels” want die mens neem God se plan in eie hand. Vrede en rus sonder pyn vir mnr Stransham-Ford.

Jean ·

Homofobie is die nuwe sonde en moord is die nuwe geregtigheid. Kan nie wag dat julle smeek dat die berge julle bedek nie :)

Die oom in die familie waarvan niemand hou nie ·

Goddeloos en menslik. Vervloek is julle onderstebo geregtigheid. Verlore is julle misplaaste meegevoel. Pleks julle vir genesing bid. Nou staan julle trots en naak

Samantha ·

Liewer goddeloos en menslik as bybels en onmenslik. Hier op aarde moet jy jou bepaal en met liefde optree teenoor jou medemens maar duidelik gee jy nie om vir andere.

NEELS DE WET ·

Ek stem saam dat genade dood toegepas mag word maar die vraag ontstaan wat is die Assuransie instellings se houding. Beskou hulle dit as selfmoord en dus weier om uit te betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.