
Argieffoto
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn man wat terminaal siek is die reg gegee om met behulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig.
Robin Stransham-Ford (65) se aansoek dat ʼn dokter hom mag help om selfmoord te pleeg, is toegestaan. Die hof het gelas dat die dokter nie vervolg of dissiplinêr verhoor mag word nie. Stransham-Ford, ʼn voormalige advokaat, is in September 2013 met terminale prostaatkanker gediagnoseer.
“Die aansoeker is geregtig om deur ʼn mediese praktisyn gehelp te word deur ʼn dodelike middel aan hom toe te dien of die dodelike middel aan die aansoeker te verskaf om self toe te dien,” het regter Hans Fabricius gesê.
Stransham-Ford het die hof versoek om toestemming te gee dat ʼn dokter ʼn dodelike middel aan hom mag toedien indien hy nie in staat is om dit self te doen nie, sonder dat die dokter vervolg mag word. Hy glo dat dit ʼn skending van sy grondwetlike reg tot waardigheid is om hom te verhoed om dit te doen.
Die ministers van justisie en gesondheid, die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe en die nasionale direkteur van openbare vervolging het die aansoek teengestaan. Doctors for Life en Cause for Justice is toegelaat om as vriende van die hof op te tree.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dis goed en reg so – sy lyding is verby, mag hy in vrede en “dignity” gaan en ewige rus hê. Dankie tog vir die hof wat ‘n menslike besluit geneem het.
Om op so wyse jou lewe te mag beeindig waar daar net pyn met geen herstel is, is wonderlik. Dankie aan die hof Se menslike uitspraak
Mag hy nou van sy pyn en leiding verlos wees. Wens net die doodstraf terug bring vir die wat wil lewe en moor
Ag dankie tog vir n menslike regter. Hopenlik sal dit die voorloop wees vir wetsverandering mbt genadedood. Die drs wat so daarteen is, dink net aan al die geld wat hulle nou nie gaan maak met terminaal siekes nie, dis al.
Ek is so bly die hof het dit toegestaan. Ek hoop van harte dit sal in die toekoms ook toelaatbaar / wettig wees om die genade dood toe te pas.