Hof sê kinders moet na KZN kinderhuise terugkeer

Die departement sê hoewel die bewerings teenoor personeel by die Môrester-kinderhuis in Ladysmith gemaak is, sal die Newcastle-persele ook ondersoek word. Foto: Newcastle Advertiser

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Woensdag beslis die sowat 200 kinders wat die afgelope naweek onverwags deur die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling uit drie kinderhuise in die provinsie verwyder is, moet binne 36 uur na die huise terugkeer.

Oor die naweek is 146 kinders uit Môrester Ladysmith verwyder, 33 kinders uit Môrester Newcastle en 18 kinders uit Huis Meah in Newcastle nadat die departement na bewering klagtes oor die behandeling van die kinders in Môrester Ladysmith ontvang het.

Al drie kinderhuise behoort aan die KwaZulu-Natalse Christelike maatskaplike dienste (CSS) en word deur die staat gesubsidieer. Die kinders wat verwyder is, wissel van babas tot 18 jaar oud.

Ds. Gerhard Botha, uitvoerende hoof van CSS, het laat Woensdagmiddag gesê die hooggeregshof het die CSS se dringende aansoek dat die kinders na die kinderhuise moet terugkeer, toegestaan. “Die hof het beslis die kinders moet binne die volgende 36 uur na die kinderhuise teruggebring word. Hulle mag ook nie weer deur die departement uit die huise verwyder word nie,” sê Botha.

“Die hof het ook die departement opdrag gegee om ʼn deeglike ondersoek na die bewerings teen die kinderhuis te doen en dié ondersoek moet teen 18 Maart afgehandel wees. Dit is ook duidelik gestel dat die ondersoek op só ʼn manier gedoen moet word dat die kinders nie verder getraumatiseer word nie. Die kinders se ouers en voogde moet ook geraadpleeg word tydens die ondersoek.”

Botha sê die saak sal op 25 Maart weer voor die hof gebring word wanneer die regter sal besluit of die beslissing permanent gemaak sal word of nie.

Volgens Botha is daar ook ʼn kostebevel in CSS se guns toegestaan.

“Soos ons herhaaldelik al gesê het, sal ons ons volle samewerking aan die departement gee in hul ondersoek en hulle sover moontlik hiermee ondersteun. Maar vir eers is ons net verheug. Ons kinders kom terug, prys die Here,” sê Botha.

Ncumisa Ndelu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling, het aan Maroela Media gesê LUR Weziwe Thusi en Nokuthula Khanyile, die hoof van die departement, wag nog vir terugvoer van hul regspan oor die hofuitspraak. Ndelu het gesê die departement sal eers môre kommentaar kan lewer.

Maroela Media het vroeër berig die kinders is Vrydag en Saterdag skielik deur beamptes van die departement uit die drie kinderhuise verwyder en onder dwang na onbekende bestemmings geneem. Ndelu het Maandag aan Maroela Media gesê dié besluit is “in die beste belang van die kinders” geneem nadat bewerings van fisieke, verbale en emosionele mishandeling, asook rassisme by een van die kinderhuise onder die departement se aandag gekom het.

Botha het vroeër gesê hy dra geen kennis van dié bewerings nie en twyfel in die geloofwaardigheid van die aantygings, maar is heeltemal bereid dat ʼn ondersoek daarna gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KG ·

Sal my geensins verbaas as hier weer ‘n politiese gemotiveerde agenda hieragter sit nie.

ZAR ·

Ek wens MM kan oop kaarte speel en die moontlike redes gee wat agter hierdie besluit is. Ek glo ook vas dat dit politiek gemotiveerd is. Is die kinderhuise te wit?

Hanna Hoekom ·

Daar was blykbaar gerugte van rassisme. En dit was genoeg om die arme kinders te kom ontwrig!

Trish ·

ZAR – maak nie saak, wit geel swart of bruin – kinders bly kinders en enige kind het stabiliteit en liefde nodig

PieterJohannes ·

Fantasties! Jammer dat die arme kinders so getraumatiseer is. Ons bid vir hulle en vir elke personneellid wat so ‘n belangrike taak het.

Robert ·

Tipiese bravade van die hopelose spul, as julle iets wil doen doen dit net reg maar duidelik is julle onbevoeg en te arrogant om te vra hoe dit gedoen moet word.

Sak ·

Ek hoop net al die kinders word terug besorg. Dis vir my ontstellend dat hulle die kinders na die “ontvoering” begin rondskuif het…

madels ·

Hierdie is niks nuuts nie, dit het al voorheen gebeur dat kinders net eenvoudig uit kinderhuise verwyder is…

GRIET ·

???????
DANKIE VADER TOG…
BEHOED EN BEWAAR AL DIÉ OU KINDERTJIES VADER ????

Snowflake ·

Kinders sal wel se waarheen hulle uitgeplaas was, hoop onbevoegde, onopgeleide, ongeletterde sotte gaan “pa” staan vir hulle onwelvoeglike optredes

JoeV ·

Hoop nou net nie daar is van hulle weg nie!!!
Weet enige iemand wat die redes was vir die “ontvoering”?

jakes ·

Soos maar altyd die geval, word staatsdepartemente deur onbevoegde kaders van die ANC beheer en dis verblydend dat die hof die regte besluit geneem het. Al hierdie kinders is getraumatiseer deur die gebeure en sal graag die verslag wat die ondersoek betref , se inhoud wil lees. Jammerlik dat SA deur narre regeer word.

Gaitsigubib ·

Ek raai dat die kinderhuise oorwegend wit kinders gehuisves het. Ene Weziwe en Nokuthula het toe besluit om hulle ‘n les te leer wat hulle nie gou sal vergeet nie. As dit wel so ontvou het dan is dit duidelik wie in die eerste plek rassisties is.

elize ·

die huise huisves meete anderkleurige kinders met meeste wit admin en swart helpers.
On moet maar wag en hoor wat die regte rede was vir hierdie drastiese onmenslike optrede teenoor die kinders. Daar was Dinsdag aand n video op E nuus waar n blanke man op mense skree in Xoeloe ongelukkige het ek dit gemis en kon dit nie weer vind om te luister wat hy se of op wie hy skree nie sover ek verneem het is hy nie verbonde aan die kinderhuise nie

lolla ·

ja ek dink ook daar was teveel wit kinders vir die staat en die rassisme kan weers omdat verskillende kulture saamgegooi word. ons almal weet nie almal het dieselfde waardes en kultuur nie….maar ek glo die arme kinders sal erggetraumatiseer wees….hulle was al een keer uit n ouerhuis verwyder en ek glo dit moes erg gewees het… ek was n pleegkind en weet dat ek elke dag moes hoor as ek nie doen wat van my verwag word nie sal en na n kinderhuis gaan….dit was daardie jare n vreeslike onbekende plek … maar die vrees vir die onbekende is genoeg om jou gevoel van veiligheid weg te neem …. die vrees dag so iets weer kan gebeur sal ewig by die kinders bly…. en dit deur n onbevoegde staatsdepartement….. hulle plekke van veiligheid is eintlik ‘kindertronke’…

Trol ·

N kombuiswerkster was oor die vingers getik. Tweede het video gemaak toe het hulle in afrika styl gaan huil oor rassisme. Pleka van ander werk gaan soek waar hulle gaan sê sy is n agrika wonderkind. Van waar die dunvelligheid? Daar is witmense wat swaarkry en die werk met graagte sal doen. Maar natuurlik voel css witmense moet gratis aa vrywilligers kom werk sodat hulle brownie punte kan verdien. Kla hulle sommer saam met die department aan van kindermishandeling. Dis waarop die department se optrede neerkom.

Jane ·

EK is so bly dit is REGVERDIG . hoe kan die arme kinders so ontwrig word? En natuurlik meestal wit kinders .. die departement wou hulle weer straf want daar was meer wit kinders daar en hulle is goed behandel toe moet hulle natuurlik na die oorwegend swart tehuise toe gaan om daar te gaan suffer. .. JULLE IS ONMENSLIK en RASSISTIES.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.