Hof sê môre oor Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die konstitusionele hof sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer in die Nkandla-saak waartydens pres. Jacob Zuma ter elfder ure aangebied het om ʼn gedeelte van die staatsgeld terug te betaal wat op sy privaat woning spandeer is.

Die senior registrateursklerk by die konstitusionele hof het ʼn brief aan die partye in die saak gestuur, die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters teen Zuma, om te sê dat die uitspraak om 10:00 gelewer word.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het bevind dat luukshede op staatsonkoste bygevoeg is tot die eiendom, soos ʼn swembad, hoenderhok, beeskraal en amfiteater, en dat dit nie as bykomende veiligheidskenmerke beskou kan word nie. Sy het Zuma aangesê om ʼn redelike gedeelte van die R216 miljoen terug te betaal.

Zuma het meer as ʼn jaar lank geweier om die geld terug te betaal, en die EFF en DA het hom en Baleka Mbete, speaker van die parlement, hof toe gesleep.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willie ·

Ek wonder of iets regtig hiervan gaan kom? O ja dis verkiesings tyd, seker so n klein ietsie… Of gaan sy lands vertrouelinge sy kostes dra? Viva Zupta, Viva!

jaco ·

Die uitspraak sal ten gunste van Zuma wees, veral as die regters hulle werk wil behou. In Zimbabwe het die wit boere eers hulle hofsake teen plaasbesettings en afvat van plase gewan, totdat Mugabe eenvoudig al daardie regters summier afgedank het en regters aangestel het wat sy beleid deurgaans uitvoer.

ELSABE ·

Hierdie Nkandla stories en die Guptas ireteer al die HEL uit my uit!!!!!!

Karma ·

Elsabé, gaan dan vir spel- en lees-opleiding as dit jou IRRITEER. Jy het dit klaarblyklik nodig.

Andre K ·

Die tragiese gevolge van Zuma se Nkandla is die voorbeeld wat gestel word dat dit maar reg is om Staatsfondse te gebruik vir persoonlike gewin. Geen wonder dat bedrog en korrupsie aan die orde van die dag is nie.

André ·

Ek is al so “G” vol vir die al die gemors dat ek nie eers kommentaar wil lewer nie.

Theresa ·

Hy’t seker nooit gedink hy sou hof toe gesleep word nie. Dit was al ‘n lessie vir die president van presedente skep. Ek nogal nuuskierig om te sien wat die bedrag is waarop hy nou reken dit maak reg wat krom is (maar KEN hy die lekker sê-ding?) Dount fink so. Rong tale. Kom ons kyk wat gebeur – ten minste het Thuli haar beste voetjie voor gesit en hierdie nes oopgekrap. Hoenderhok en al…

Tania ·

As ek sou by my werk moet geld steel om iets anders mee te doen, sal ek dit moet terug betaal en ek sal gefire word. Hoe kom Zuma weg met soveel goed, hy is in diens van ‘n besigheid ons land, maar hy kan maak en steel en breek nes hy wil. Hoe werk dit?

Minx ·

Tania jy slaan die spyker op sy kop….maar ek is bevrees omtrent hulle almal het maar ‘n vinger in iets…sien dit daagliks

postaffie ·

ministers , presidents en hulle gevolg kry hengse salarisse. ek het al gelees van munisipale bestuurders met 24/7 sekuriteitswagte betaal met munisipake geld. hulle word genoeg betaal om hulle wie sekuriteits aanpassings en wagte self te betaal.

Minx ·

Julle moet verstaan dis duur om soveel vrouens en kinders te he……Hy gaan maar net ‘n klap op die hand kry en ‘n verhoging..Sad maar kom ons kyk maar

Minx ·

Plaas doen hy die eerlike ding verklaar homself bankrot tree af vat ‘n paar plakkers en run sy hoender besigheid ek is seker sy klein pensioen sal hom deur trek. Die plakkers kan verniet swem so hulle het nie water te kort nie en kan maar brand en breek soos dit hulle pas.

Ek kan net nie op die oomblik rerig iemand sien wat nie korup is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.