Hof sê nee vir EFF-aansoek in Malema-saak

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

ʼn Aansoek deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) om insae te hê in sy leier, Julius Malema, se belastingsaak met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) is Maandag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Regter Gregory Wright het ʼn aansoek van die EFF ontvang waarin hulle die hof versoek om voorleggings te doen wanneer argumente gehoor sou word oor of Malema se sekwestrasiebevel finaal gemaak moet word.

Wright het aan die EFF se Vuyani Ngalwana gevra hoekom die party se aansoek laat was. Ngalwana het gesê die saak moes oornag deur die party bespreek word. “Ek was nie daar gedurende die besprekings nie, maar hierdie is ʼn politieke party, nie ʼn familie nie. Daar sou besprekings gewees het om seker te maak besluite word behoorlik geneem,” het Ngalwana gesê.

Die besluit om Malema uit sy posisie te verwyder, sou die hofbevel finaal gemaak word, sal nadelig vir EFF-kiesers wees, het hy gesê. “Hulle het vir die EFF gestem, want sy preke het by hulle aanklank gevind.”

Wright het binne twee minute op Ngalwana se aansoek uitspraak gelewer. “Die rede hoekom hierdie aansoek laat is, is nie na wense verduidelik nie. Die aansoek word van die hand gewys met koste van die twee regspanne,” het Wright gesê.

Die voorlopige sekwestrasiebevel teen Malema rakende sy uitstaande belastingrekening is in Maart uitgestel. In Februarie verlede jaar het die hof ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen die EFF-leier ingestel vir ʼn beweerde R16 miljoen se onbetaalde belasting.

Albei regspanne sou Maandagoggend met hul betoog voor Wright begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Issabelle ·

Ja nee ….. hoogtyd dat die swart partye besef die gereg & hof is beslis nie altyd aan hulle kant nie !! Malema het seker gedink omdat hy ‘n ” gesiene” persoon is , dat hy nie met die gereg sou bots nie !!! Betaal Malema , betaal soos enige ander Suid Afrikaner moet betaal !!! Dit is mos nou jou beurt , moenie dink jy gaan op slip & weg kom met die nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.