Hof sê nee vir hidrobreking

hof-hamer

Argieffoto.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Grahamstad het vandeesweek beslis dat die regulasies wat in 2015 deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, gepromulgeer is om hidrobreking te beheer, tersyde gestel moet word.

“Die regering se planne om met ʼn skaliegasbedryf by wyse van hidrouliese breking voort te gaan,  het ʼn ernstige terugslag ervaar,” het Agri SA, een van die land se grootste landbou-organisasies, in ʼn verklaring gesê.

Die aansoek om die tersydestelling van die regulasies is deur Douglas Stern, die president van Agri Oos-Kaap, tesame met 15 ander aansoekers, insluitend die Graaff-Reinet-, Cradock-, Jansenville- en Buffelshoek Landbou-unies, aanhangig gemaak.

In sy beslissing het regter GH Bloem die onmiskenbaar ernstige moontlike omgewingsuitwerkings van hidrobreking en skaliegasontwikkeling aanvaar.

Advokate namens die aansoekers het aangevoer dat die minister van minerale bronne nie by magte was om die hidrobreking-regulasies te promulgeer nie, dat dit teenstrydig was met die bepalings van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur en die Nasionale Waterwet en dat die promulgering van die regulasies prosedureel onregverdig was. Die hof het hiermee saamgestem en ʼn kostebevel teen die minister toegeken.

Stern het in reaksie op die uitspraak die volgehoue verset van die Oos-Kaapse landbougemeenskap teen hidrouliese breking in die provinsie geprys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boet Fasie ·

Baie dankie fat die hof darem nog goeie besluite kan neem om die publiek en land te beskerm teen geld gierigheid.

REAList ·

En dan is daar nog die feit dat die geskatte hoeveelheid reserwes heeltemal oorskat is.
Die minister het weereens sy hand oorspeel.

Johanna Botha ·

Kan hulle nie besef die grondwater gaan besoedel word …wat verstaan die dom.mense nie ! Dit gaan net oor n vinnige geldtjie en die res kan tengronde gaan ….anc vdrnietig net sover hulle gaan ….wat werk nog …. NIKS !

Haan ·

“When the last tree has been cut down, the last fish caught, the last river poisoned, only then will we realize that we cannot eat money”

Verblydende nuus, ek slaak n sug van verligting!

Trudie ·

Daar is mense wat hulle siele sal verkoop vir geld. Al weet hulle dit is nadelig vir die natuur. Nou sal ons nog moet baklei teen die kernkrag ding ook. Ons kan maar net hoop die huidige Min van Finansies sit ook sy voet neer en sê daar IS nie NOU geld daarvoor nie.

Eish ·

Ek hoop nie dis slegs aangesien die voorsittende beampte se naam GH Bloem is nie.

Israel ·

Moenie kommer nie , die wereld geld magte sal weer probeer en laat ek julle inlig hoekom , want “skoon water” nie olie of gas gaan in die toekoms meer geld werd wees as goud en wat is onder die Karoo ? gaan Google maar dan sal julle weet hoekom sekere mense daai stuk aarde ondergronds wil besoedel

Grassie ·

Ek dink die senior ANC-regeringslui wat al jare lank op arrogante wyse maak en breek soos hulle wil gaan nou begin agterkom dat hul onaantasbaarheid besig is om tot ‘n einde te kom. Daar het beslis ‘n kentering gekom in die gesindhede en verdraagsaamheid van die mense van die land, soos hierdie hofuitspraak bewys. Hul opper-beskermheer se voete van klei is ook nou vining besig om mee te gee en hulle kan nie meer op sy beskerming staatmaak nie – vra maar vir Hlaudi en Dudu. Dit is darem een ligpuntjie in hierdie andersinds geknelde, beleërde land.

CHRISTA ·

Hierdie ANC kan nie eers standaard rioolstelsels bestuur nie. Ons damme (Hartebeespoortdam) loop DAAGLIKS vol riool. Hier in Ekurhuleni loop riool in ons strate af! Ons kragvoorsieningstelsel (ESKOM) is bankrot gesteel en is besig om te vou! Ons staatskole se matrieksertifikate is minder werd as ‘n rol toiletpapier! Huise wat deur hulle vrinne gebou word spoed weg na die eerste reens! En dis NET BASIESE dienste wat hulle nie eers kan bestuur nie en NOG MINDER kan VERBETER!!! Hoe gaan hulle hidrobreking wat ‘n spesialisveld is hanteer? Dit gaan ERGER as Chernobyl wees!!

Baie dankie dat julle die ANC in hulle spore gestop het!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.