Hof sê of EFF aktivis se naam mag gebruik

Malema na die hofuitspraak. Foto: Frans Sellout waga Machate/ PINA News

Malema na die hofuitspraak. Foto: Frans Sello waga Machate/ PINA News

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn aansoek van die hand gewys om die EFF te keer om die naam van ʼn vryheidsvegter te gebruik.

Die Solomon Mahlangu Family Trust het die aansoek gebring om Julius Malema, leier van die EFF, te verhoed om Solomon Kalushi Mahlangu se naam te gebruik vir hul “Solomon Mahlangu Memorial Rally” wat Saterdag by die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus plaasvind.

Mahlangu, ʼn anti-apartheidsaktivis en lid van Umkhonto we Sizwe (MK), is in 1979 deur die apartheidsregering gehang.

ʼn Ontstoke Gideon Mahlangu, ʼn neef van Solomon en die familie se woordvoerder, het na die hofuitspraak gesê die familie is kwaad oor die EFF se voorneme om die naam te gebruik in hul veldtog vir die munisipale verkiesing later vanjaar, “aangesien Khalusi nie noodwendig die party se politieke ideologieë sou ondersteun nie”.

Die Mahlangu-familie het gesê hulle sal verdere regsadvies inwin in hul pogings om die EFF te keer om die naam te gebruik.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê hulle is tevrede dat die saak nou afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pietman ·

Sien die Mahlangu kerel begin deesdae heelwat nuuswaardig raak. Dalk sal dit goed wees as mense herinner word hoekom hy gehang is. Beslis nie gewees omdat hy net die destydse regering sleggese het nie.

christine ·

Hyt mense vermoor. Nou word hy verheerlik. Dan draai die spul gemors nog om en se ons verheerlik apartheid agteraf lafaards

Jannie ·

Die apartheids regering van daai tyd het baie meer vryheidsvegters vermoor!

Wim Kotze ·

Jannie, daai soort van “vryheidsvegters” is nie vermoor nie, hulle is tereggestel. Dit is wat destyds met moordenaars gedoen is.

Armand ·

Jannie, ek dink jy moet bietjie die statistieke gaan bestudeer voordat jy sulke stellings opper. Duidelik is jou opinie gebasseer op die breinspoel propoganda van die ANC/DA partye en met respek gesê, verstaan jy nie die verskil tussen teregstelling, oorlogvoering en om koëlbloedig vermoor te word nie. In 20jaar oortref die aantal boere, vrouens en kinders wat wreedaardig (daagkiks) op plase aan die hand van wreedaardige booswigte sterf die syfers van noodlottige vreigeidsvegters in die 60jaar van Apartheid, by vêrre. Dis juis híerdie comrades wat geen respek vir lewe het nie en net een missie het en dit is om blanke Afrikaners uit te moor. Solomon was n moordadigr kommunis , onder leiding van kommunistiese terroriste van ouds, Nelson Mandela, Chris Hanie ens. Die enigste rede waarom Solomon deesdae so baie in die nuus is vir sensasie. Die Apartheid idologie wat kamtig so wreedaardig en onmenslik was is nou al holtug gery en die politiek kort hierdie klas van sinnelose sensasie om aan die lewe te bly.

Maria van Dieweeck ·

Die polisie het hom vasgetrek toe hy die land weer binnekom na Russuese tereur opleiding, toe skiet hy 4 onskuldige mense dood. Toe hang hy, soos hy moes.

Casper ·

Die berig is niks segend. Gaan lees die artikel wat gese is op die “memorial” dag deur die EFF op Praag.co.za. Nou as dit nie haat spraak en rassiesties is nie dan weet ek nou nie so mooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.