Hof sê oor aansoek om Abrahams en Kie te skors

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

ʼn Hofaansoek wat deur die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law (FUL) ingedien is om pres. Jacob Zuma te verplig om Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), te skors is van die hand gewys.

ʼn Volbank regters het in die hooggeregshof in Pretoria bevind dat daar nie genoegsame redes aangevoer is hoekom die aansoek dringend aangehoor moes word nie.

Maroela Media het vroeër berig die twee organisasies het gesamentlik ʼn dringende hofaansoek ingedien om Zuma te dwing om Abrahams, Torie Pretorius, die hoof van die NVG se eenheid vir prioriteitsmisdaad, en Sibongile Mzinyathi, die direkteur vir openbare vervolging in Noord-Gauteng, te skors hangende ʼn ondersoek na hul bevoegdheid om hul amp te beklee. Die aansoek hou verband met die bedrogaanklagte wat teen Pravin Gordhan, minister van finansies, ingebring is.

Die Helen Suzman-stigting en FUL het vroeër gesê die NVG het deur hul besluit om strafregtelike aanklagte “sonder enige geldige gronde” teen Gordhan in te bring, die strafregstelsel ondermyn en “ʼn gat in die ekonomie geslaan”.

Die organisasie het gesê die president is by magte om hierdie beamptes te skors en meen dit sal “irrasioneel” vir hom wees om dit nie te doen nie. “Die Grondwet verwag van hom om rasioneel op te tree. In hierdie geval sal dit wees om [Abrahams en sy kollegas] te skors. Ons gaan hof toe om seker te maak die president doen wat die Grondwet van hom verwag,” het die organisasies gesê.

Intussen het Zuma verlede week Abrahams, Mzinyathi en Pretorius versoek om redes te gee hoekom hulle nie geskors moet word nie. Die drie advokate het tot 28 November kans om redes aan pres. Zuma te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tong innie kies ·

Tipies die Howe vandag.Ek het VANDAG meer as R34000-00 verloor deur n Hofuitspraak waarmee ek nie saamstem nie.Dit lyk vir my dat my velkleur seker maar te lig of wit is!Ek kan nie appeleer nie want ek het reeds te veel geld verloor.Howe is so pateties soos die hele regering!

Frederik ·

Eintlik is dit logies dat nuwe SA sal sink. Drie advokate het tot 28 November tyd om redes aan te voer waarom ‘n knaap met Gr 5 hul nie moet skors nie. ‘n ANC lidmaatskapkaart is duidelik die hoogste kwalifikasie in die regerende party.

jaco ·

As die regters ten gunste v.d. klaers uitspraak gelewer het, was hulle môre almal werkloos. Dieselfde het in Zimbabwe gebeur: regters het aanmekaar Mugabe se afvat van wit boere se plase as ongrondwetlik verklaar, totdat Mugabe hulle eenvoudig afgedank en met sy ja-broer regters vervang het.

popeye ·

Lees asb wyer as MM se beriggie hieroor. Die volbank het die klaers daarop gewys dat hul redes nie genoegsaam is om te litigeer nie….gaan kyk na hul redes!

Nico ·

Klink of die aansoek afgewys is omdat dringendheid ontbreek – nie op meriete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.