Hof sê oor ANC se Oos-Kaapse konferensie

Argieffoto

Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Grahamstad het Dinsdag ʼn aansoek om die ANC se Oos-Kaapse provinsiale konferensie tot niet te verklaar, van die hand gewys.

Die aansoek vir die provinsiale konferensie is deur 11 ontevrede ANC-lede van die OR Tambo-, Joe Gqabi- en Amathole-streke gebring. Die aansoek is gebring nadat die konferensie in chaos ontaard en daartoe gelei het dat ANC-lede wat die herverkiesing van Phumulo Masualle ondersteun het die konferensie verlaat het.

Partylede wat tydens die konferensie agtergebly het, het Oscar Mabuyane tot voorsitter en Lulama Ngcukayitobi tot provinsiale sekretaris verkies.

Regter Thembekile Malusi het nie redes aangevoer vir sy uitspraak nie, maar het die aansoekers beveel om die regskoste van die respondente te dek.

Ngcukayitobi het die uitspraak verwelkom. “Ons verwelkom hierdie uitspraak, nie omdat dit ons posisies bevestig nie, maar omdat daar baie lesse hieruit te leer is. ANC-lede moet leer dat interne partyregsmiddele belangriker is as die howe. Partylede moet leer om nie konferensies in die middel van verrigtinge te verlaat nie,” het Ngcukayitobi gesê.

Mvuzo Notyesi, die Oos-Kaapse prokureur wat die aansoek namens die aansoekers gebring het, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Antjie ·

Dit sal BAIE help as die joernalis darem ook sal noem in die berig dat die regter die aansoek geweier het! Eisj!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.