Die Konstitusionele Hof het besluit om die Nelson Mandela-stigting se aansoek om verlof tot appèl oor die vlagtwiet-saak uit te gooi. Die hof het AfriForum en die NMS vandag in kennis gestel dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die appèlsaak aangehoor word nie. Die hof het nie ʼn kostebevel gemaak nie.
Dít volg nadat die NMS by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen het dat die klag van beweerde minagting van die hof deur Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, op appèl geneem moet word. Die Suid-Gautengse hooggeregshof het die stigting se saak teen Roets vroeër vanjaar geskrap.
Die NMS beweer Roets het minagting van die hof gepleeg toe hy ’n prentjie van die 1928-vlag (ou Suid-Afrikaanse vlag) getwiet en gevra het of dit haatspraak is. Die NMS beweer ook dat Roets die hof geminag het deur te sê dat regters mense is en dat mense foute kan maak. Roets het hierdie stelling gemaak in reaksie op ʼn uitspraak deur die gelykheidshof dat die vertoon van die ou landsvlag op haatspraak neerkom.
AfriForum het die Konstitusionele Hof se besluit verwelkom. “Dít is ’n bevestiging dat die NMS besig is met sy eie politieke agenda wat op niks meer as ’n heksejag neerkom nie – ’n heksejag wat nie aan die hand van die reg geregverdig kan word nie,” sê Roets.
Goeie werk Ernst!!
Stuur vir die NMS n Oranje blanje blou as Kersgeskenk
NMS ….. shame
Ai die ongebleikte christene…
Wat is die gevolge vir NMS? want daar sou beslis gevolge vir Roets gewees het sou die hof in NMS se guns, uitspraak gelewer het!
Praat jy wat tande het. Hulle kort in die bek geruk te word. Kostetjies en skenking vir afriforum se liefdadigheids projekte.
Ai tog n vlag .
Manne van karakter trots om lid van julle te wees
Ai toggie ons ou arme vlag dis tog so mooi kleur as jul mooi kyk sal jy die vlag se kleur sien op die e tol borde gaan hul dit ook verander
Iesh. Dat dieNMS nou so vreesbevange is vir ‘n onbenullige stukkie lap…..
Mooi so. Waar kry ek so ‘n vlag te koop. Ek het die vlag nodig vir navorsing.
Walglike organisasie, die nms.
Die NMS se aansoek word van die hand gewys maar geen kostebevel word teen die stigting gemaak nie?! Hoe is dit moontlik?????
Goeie vraag!
Lekker Ernst! Yster!
Baie jare terug wou ek ‘n vlag bekom, maar tevergeefs van winkel na winkel gegaan. Het toe destyds ‘n S.A. vriendin gehad wat in die VSA gebly het en op ‘n dag kry ek ‘n strokie van die poskantoor in my posbus – gaan haal dit af – ‘n pragtige “ou” S.A. vlag wat steeds een van my kosbaarste besittings is…. en nee, dit hang nie teen een van my mure nie – dit is nog steeds in die oorspronklike verpakking maar ek haal dit elke wan en dan uit om daarna te kyk… ORANJE-BLANJE-BLOU….
Geregtigheid sevier partykeer – Geluk Roets – NMS = Shame!!!!!!!!!!
Liewe aarde, hou die hof nog nog besig met nonsens oor n foto van n vlag.Liewe genade, en elke dag word 55 mense vermoor, verskuif julle aanddag na iets wat belangriker is.
Eienaardige land die.
Sal dit teen die wet wees om die vlag teen my huis se muur op te sit? Dit is mos nie vir openbare vertoon nie, maar vir myself – om die vlag waaronder ek gebore is en grootgeword het, te geniet. Wat sal met my gebeur as ek Die Stem se woorde teen my huis se buite-muur opsit?
Wil die MRK nie die hofuitspraak “bestudeer” nie?
Gaan my huis oorverf , en dit gaan definitief nie ‘n nuwe sa onderbroek kleur wees nie ….
Hierts, nog ‘n foto van die vlag!
Hy sal nie weggaan nie, kom wat wil.