Die Konstitusionele Hof het besluit om die Nelson Mandela-stigting se aansoek om verlof tot appèl oor die vlagtwiet-saak uit te gooi. Die hof het AfriForum en die NMS vandag in kennis gestel dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die appèlsaak aangehoor word nie. Die hof het nie ʼn kostebevel gemaak nie.
Dít volg nadat die NMS by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen het dat die klag van beweerde minagting van die hof deur Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, op appèl geneem moet word. Die Suid-Gautengse hooggeregshof het die stigting se saak teen Roets vroeër vanjaar geskrap.
Die NMS beweer Roets het minagting van die hof gepleeg toe hy ’n prentjie van die 1928-vlag (ou Suid-Afrikaanse vlag) getwiet en gevra het of dit haatspraak is. Die NMS beweer ook dat Roets die hof geminag het deur te sê dat regters mense is en dat mense foute kan maak. Roets het hierdie stelling gemaak in reaksie op ʼn uitspraak deur die gelykheidshof dat die vertoon van die ou landsvlag op haatspraak neerkom.
AfriForum het die Konstitusionele Hof se besluit verwelkom. “Dít is ’n bevestiging dat die NMS besig is met sy eie politieke agenda wat op niks meer as ’n heksejag neerkom nie – ’n heksejag wat nie aan die hand van die reg geregverdig kan word nie,” sê Roets.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Goeie werk Ernst!!
Stuur vir die NMS n Oranje blanje blou as Kersgeskenk
NMS ….. shame
Ai die ongebleikte christene…
Wat is die gevolge vir NMS? want daar sou beslis gevolge vir Roets gewees het sou die hof in NMS se guns, uitspraak gelewer het!