Hof sê oor besluit om Jiba nie te vervolg

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ʼn besluit deur Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, om aanklagte teen sy adjunk, Nomgcobo Jiba, terug te trek, ter syde gestel.

eNCA berig die hof het ook beslis pres. Jacob Zuma moet dissiplinêre prosesse teen Jiba en Lawrence Mrwebi, die spesiale direkteur vir openbare vervolging, instel. Volgens die hof moet daar ʼn ondersoek na Jiba en Mrwebi se bevoegdheid gedoen word.

Die uitspraak beteken dus dat Jiba weereens tereg moet staan op aanklagte van bedrog en meineed omdat sy na bewering onwettig goedgekeur het dat aanklagte van rampokkery teen Johan Booysen, die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, gebring word.

Abrahams het vroeër in weerwil van advies deur staatsadvokate besluit om die aanklagte teen Jiba terug te trek. Die hooggeregshof het egter bevind dat daar wel ʼn sterk saak van moontlike bedrog en meineed teen Jiba is en het daarom Abrahams se besluit ter syde gestel.

Verlede maand het adv. Gerrie Nel en AfriForum aangekondig dat hulle Jiba privaat gaan vervolg. Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het destyds met die aankondiging gesê aangesien die NVG besluit het om Jiba nie verder te vervolg nie, daar geen rede is waarom die organisasie nie namens Booysen in sy private hoedanigheid kan optree nie.

Ingevolge die ter sprake wetgewing het AfriForum se private vervolgingseenheid aansoek gedoen vir ʼn nolle prosequi-sertifikaat waarin die NVG bevestig dat hy nie verder teen Jiba gaan optree nie.

“Dit is ʼn aansoek wat die regering kan dwing om sy werk te doen en die sertifikaat uit te reik, of self besluit om Jiba verder te vervolg. Wat ook al die NVG besluit om te doen, dit is ʼn oorwinning vir ons. Al wat ons wil sien is dat geregtigheid geskied en dat iemand met politieke bande nie net iemand soos Booysen goedsmoeds uit die Valke kan verdryf nie,” het Kriel destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Jou tipe kommentaar is van die frustrerendste kommentare in hierdie forums.

Piet Snot ·

Ja weet jy, dit maak my ook lam, hierdie tipe kommentaar wat mens gedurig sien.

voorlaaier ·

@Cherokee….Ongelukkig bly ons in i fustrerende land..

Daan ·

Staak die vervolging van die Cato Manor Georganiseerde Misdaadeenheid helde! Hoe langer nog nodig vir die eerlike polisiemanne om hul naam en repurtasie te herstel? Naas die Boeremagsaak die langs uitgerekte saak in RSA geskiedenis. Wanneer kom dit voor? Dieselfde akteurs het hul vieslike vuil vingers hier ook in die pastei.

Doris ·

Ek wil net sê as daardie Jiba en Shaun Abrahams hulle werk gedoen het en aandag aan hierdie hoë profiel saak gegee het sou dit beter gewees het, maar dit is mos makliker om sake net te sluit.

Doris ·

Mooi Meneer Gerrie Nel vat hulle maar bietjie vas want daar is baie hoë profiel sake wat hulle net gesluit het en geen aandag aangegee het nie.

Eish ·

Kan een van die geleerde artikelskrywers in Vadersnaam net aan ons gewone sterflinge verduidelik waarom Afrikane so ongelooflik verdraagsaam is teenoor misstappe van die sogenaamde leiersfigure? Wat is die psige daaragter? Selfs op die NUK van die ANC is ou skelms waaragtig weer gekies soos Bheki Cele asook die adjunk minister wat nou n kriminele rekord het van aanranding.
Ons gaan in der ewigheid bymekaar verbyleef juis oor hierdie absolute onlogiese aanvaarding van die absurde gedrag.
Moet ons aflei dat korrupsie endemies deel van die meerderheidskultuur is?
Hul vergewe vinnig en met oorgawe, waaruit ons kan leer, maar die absolute, sistemiese verrottingskultuur as gegewe gaan my verstand te bowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.