Hof sê oor borgtog in diereliefhebber se moordsaak

Annel Snyman. (Foto: Facebook)

Chris Luus, die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, Annel Snyman, vroeër vanjaar tydens ʼn kort vakansie vermoor het, bly agter tralies.

Die hof het Woensdag sy aansoek om borgtog van die hand gewys.

Snyman, die eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela, se liggaam is in September in die badkamer van ʼn huisie by die Cayley Mountain Resort naby Winterton in KwaZulu-Natal ontdek. Sy en Luus, wat in ʼn verhouding was, was daar vir ʼn kort vakansie.

Aanvanklik is gesê Snyman het haar oënskynlik met ʼn rekverband agter die deur gehang en die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval gedoen. Die ondersoek is later na moord verander en Luus is op dié aanklag in hegtenis geneem.

Die hof het vroeër onder meer gehoor dat twee nadoodse ondersoeke op Snyman gedoen is en dat daar tydens al twee bevind is dat die merke aan haar liggaam ooreenstem met verwurging, eerder as met dié van iemand wat haar sou ophang.

Luus moet weer volgende maand in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jorrie Jordaan ·

Ai,….hoekom ‘n lewe neem as ‘n verhouding nie werk nie. Heelwaarskynlik soonte gegaan om verhouding te verbeter.

Johan ·

Hy her seeker nie so Baie geld soos die ander mense wat se moort sake so lank uitgestel word nie

Eunice ·

Onbeskryflik tragies! Baie Sterkte, aan almal,hierdeur geraak

PJC ·

Wanneer ń landdros of regter dink dat die staat ń sterk saak bet behoort geen borgtog oorweeg te word nie. ń Groot probllem bly natuurlik die feit dat daar van hulle is wat bevooroordeeld en onbevoeg is.

Regz ·

Geen persoon vat verdink word van moord behoort borg te kry nie. Kanse is goed dat hulle sal vlug. Hierdie ou is erg selfvoldaan en hy en sy familie dink hy gaan loskom. Hoekom het hy nie net eenvoudig weg gestap van die verhouding nie? Hoekom haar vermoor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.