Hof sê oor borgtog ná bakkie in padblokkade inploeg

Foto: Verskaf deur die JMPD.

Albert Pretorius (42), die man wat verdink word dat hy onder die invloed van alkohol bestuur en twee Johannesburgse metropolisiebeamptes by ʼn padblokkade doodgery het, se uitspraak in sy borgtogaansoek is Vrydag gelewer.

Die twee beamptes, Winnie Mokgolo (35) en Sophie Ngoasheng (45), is verlede Maandagaand dood toe Pretorius na bewering met sy Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie in Witkoppenweg in ʼn groep beamptes, sowel as ʼn BMW, ʼn Hyundai en ʼn Porsche wat deur die beamptes afgetrek is, ingeploeg het. Talle mense is beseer. Pretorius is sedert die voorval in aanhouding en het Donderdag sy borgtogaansoek by die Alexandra-streekhof ingedien.

Die verrigtinge is na vandag uitgestel om die staat ʼn kans te gun om nog bewyse te lewer. Dit sluit in die sigbaarheid van die JMPD op die noodlottige aand en bewyse dat die beskuldigde oor die wettige alkoholperk bestuur het tydens die voorval.

“In vandag se verrigtinge het die landdros bevind dat die bewyse wat by die hof ingedien is, aandui dat ʼn spoedbeperking voor die padblokkade sigbaar was. Die pad was reguit en daar was genoegsame sigbaarheid vir die beskuldigde om die beamptes te sien. Die landdros het ook prima facie-bewyse in ag geneem oor die beskuldigde se alkoholperk, wat glo byna ses keer oor die wettige perk was,” het Luyanda Longwe, woordvoerder van die stad se kantoor vir openbare veiligheid, Vrydag gesê.

Longwe het gesê die beskuldigde se prokureur het in die aansoek aangevoer Pretorius het medikasie gebruik wat kon bydra tot die beweerde hoë alkoholvlak in sy sisteem, asook dat dit voordelig sal wees vir die oorvol gevangenisgeriewe as hy nie in aanhouding bly tot sy verhoor nie.

Pretorius se borgtogaansoek is deur die landdros van die hand gewys. Pretorius bly in aanhouding tot hy weer op 29 Maart in die hof moet verskyn.

Foto: Verskaf deur die JMPD.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Die ou het n groot fout begaan en almal wat al n bier gedrink het en dan bestuur kan leer hieruit ek gaan hom nie beledig of aanval nie maar twee mense is dood en die reg moet sy gang gaan.

Dieter ·

Pieter

As jy net effens oor die alkoholvlak is, kan ek nog verstaan dat jy ‘n fout kon maak deur net een dop te veel te drink, maar 6 keer oor die wettige perk? Aikona!

Net soos wat ek ook kan verstaan as iemand 130km/h in ‘n 120km/h sone ry, maar beslis nie iemand wat 200km/h ry nie.

Hy het homself willens en wetens poepdronk gesuip.

Reti ·

Dis reg Pieter. Mense luister nie en sy kleur maak hom nou nog 2 maal meer ‘skuldig’.

Skerpioen ·

Geen medikasie bevat sulke hoë alkohol vlakke dat dit mens 6keer bo d aan aarvaarbare vlak kan stoot nie. Dan moes hy liters en liters medikasie gedrink het. Selfs mondspoelmiddel het selgs n effek van maksimum 20minute. Ek was vir n kort kursus oor hoe alkohol ongeneem word en hoe lank dit vat vir alkohol om uot te werk. Dit maak my nie n kenner nie, maar die ou het lekker gekuier. Moenie sqak verskonings uit dink nie.

Eddie ·

Skerpioen, waar het jy die kursus gekry. Ek soek al lank na soiets. Eddie.

Boerseun ·

Die JHPD het n neiging om wegkruiperkie te speel en daar is al meer as n paar beamptes al so dood. Daar is reels rakende padblokades en die verdediging het duidelik dit uitgewys. Dronk bestuur is eending,

Ander Annie ·

CJ los nou maar die “wit” kwessie hieruit. Hier gaan dit oor hoë spoed, hoë alkohol vlak, 2 mense wat dood is en ander motors wat beskadig is. Alkohol en petrol was nog nooit ‘n goeie kombinasie nie. Daar is 2 families wat die hartseer van dood moet verwerk na hierdie insident. Daar kan geen verskoning wees vir dronk bestuur wat lei tot die dood van onskuldige mense en beskadiging van motors van onskuldige motor eienaars. As ek die Magistraat in hierdie geval was en harde feite word voor my neergesit, sal ek hom ook borg weier. Hy kan pienk, blou, geel, rooi of wat ookal wees.

Neels ·

Boerseun in die geval was daar geen wegkruipertjie gespeel nie. Dievou het openlik in die voertuie en polisie ingeploeg. Ek het ook vroeer in die week al ges hy sal nie borg kry nie . Afgesien van die alkhol vlak, dit gaan n tweede kis saak word want dit is twee van die meerderheids burgers wat oorlede is.

Karen Pieterse ·

Of hy wit is is irrelevant. Of die patrollielede sigbaar was is irrelevant. Of hy borgtog kry is irrelevant. ‘n Verantwoordelike persoon klim nie 6x oor die amptelike perk in ‘n voertuig nie. Punt. Argumenteer die oorsaak van die ongeluk. Die res in onvanpas.

Alida ·

Hy mag nooit weer n motor bestuur nie. As hy borg kry doen hy dit weer. If you do the crime do the time.

connie ·

Die wet geld net vir sekere mense die man wat my dogter 19 jaar se dood veroorsaak het
in n ongeluk waar hy dronk was niks oorgekom loop al 2 jaar vry voet nog nie een keer in hof verskyn terwyl my kind onherkenbaar verbrand het omdat hy soos n pad vark dronk bestuur het. Hy aangekla vir culpable homicide maar was nog nooit gearisteer of in die hof verskyn nie nou waar is die wet dan .

thinus ·

Ja Connie dit is so . Dronkbestuurders kom met moord weg. Dit is tyd dat hulle behoorlik en permanent gestraf word. Die man moes op sy ouderdom beter geweet het.

SjN ·

Die berig sê die man wat verdink word dat hy onder die invloed was, se bloedtoetse is mos reeds bekend,so dis mos so, hoe nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.