Hof sê oor borgtog ná hameraanval

hof-hamer

Argieffoto.

Salidoor Jacobus Wilkinson (41) en William Wilkinson (45) het Woensdag in die Machadodorp-streekshof verskyn in verband met die beweerde aanranding van vier mense op ʼn plaas naby Belfast in Mpumalanga.

Albei het aansoek gedoen om borgtog. Monica Nyuswa, woordvoerder van die provinsiale direkteur van openbare vervolging (DOV), het aan Maroela Media bevestig dat Jacobus borgtog van R6 000 toegestaan is en William borgtog van R3 000 ontvang het.

Die mans staan tereg op twee klagte van poging tot moord, een saak van aanranding en een van die rig van ʼn vuurwapen.

“Die borgtog is toegestaan op die voorwaarde dat hulle elke dag by hul naaste polisiestasie moet aanmeld en nie na die adres mag terugkeer waar die beweerde voorval plaasgevind het nie,” het Nyuswa gesê.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigdes het na bewering op 24 April twee slagoffers, Siyabonga Magagula (18) en Thabo Lukhele (32), met ʼn hamer aangerand. Die slagoffers moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling. Beide slagoffers werk vir een van die twee beskuldigdes.

Volgens Nyuswa het die mans ʼn halfuur later nóg twee mense, onderskeidelik 32 en 60 jaar oud, aangerand. Die twee mense woon glo op die plaas en betaal huur.

Die saak is uitgestel tot 8 Junie vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LOL ·

Dit raak net erger, en erger …. Satan smile al die pad bank toe.

bgj van der westhuizen ·

nog n ras storie word gou geplaas maar plaas morde word nooit geplaas nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.