Hof sê oor borgtog van man wat seun (15) glo skiet

Betogers buite die hof. Foto: SAPD

Die Lichtenburg-landdroshof het Donderdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Jaco du Plooy (46), ʼn plaaslike inwoner wat in hegtenis geneem is nadat ʼn 15-jarige seun tydens ʼn gewelddadige betoging doodgeskiet is.

Ten spyte van ʼn groep inwoners wat buite die hof saamgedrom het om teen Du Plooy se vrylating te betoog, het die landdros in ʼn volgepakte hof borgtog van R20 000 aan Du Plooy toegestaan, op normale voorwaardes. Die saak is tot 30 November uitgestel vir verdere ondersoek.

ʼn Swaar polisieteenwoordigheid is in dié Noordwes-dorpie ontplooi. Die situasie is gespanne. Volgens die polisie monitor hulle die groep van nagenoeg 300 betogers.

Maroela Media het vroeër berig Du Plooy, wat werksaam is in die boubedryf, staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

Hy word daarvan beskuldig dat hy op 10 Oktober vir Spencer Tshukudu van Blydeville, vermoedelik ʼn betoger, op die Boikhutso/Lichtenburg-pad doodgeskiet het. Twee jeugdiges, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is tydens die skietvoorval gewond.

Hy het homself later die dag in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger, Peet du Plessis, aan die polisie oorhandig. Du Plooy het verlede Donderdag formeel om borgtog gedoen, waarna die saak ʼn week lank uitgestel is vir uitspraak.

Du Plooy voer aan hy het glo skote afgevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.

Die staat het die aansoek teengestaan. Die staat het aangevoer borgtog moet geweier word aangesien dit die openbare orde gaan versteur en Du Plooy se lewe in gevaar gaan wees as hy vrygelaat word.

Die skietvoorval het gevolg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor geplunder en aan die brand gesteek het.

Die inwoners betoog oor ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hulle dring onder meer aan op bekostigbare behuising, ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is en ʼn skool.

Betogers het vroeër vanjaar ook die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Die betogers het op 24 Mei vir Daniel Buthelezi, die burgemeester van die Ditsobola-munisipaliteit, as gyselaar geneem en ʼn gedeelte van die munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is ure later bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leeu ·

n 15 jarige terroris is doodgeskiet met die dat hulle so RIOT. Jammer die ander is net gewond.

Haan ·

Ek het met wrewel die berig oopgemaak maar is werklik aangenaam verras. Tyd dat kriminele optrede in die kiem gestuit word. Sterkte vir die pad vorentoe mnr du Plooy.

Maretha ·

Ek kan nie anders as om kommentaar te lewer nie, dit is so hartseer, as ons hierdie gewaldadige betogings stop sal sulke insidente nie gebeur nie, 15 jaar en neem deel aan ‘n betoging oP 15 was my prioriteit skool. Hierdie 15 jarige kind is toegelaat om aan ‘n geweldadige optog deel te neem, die kinders word verkeerd geleer jy kan nie kwaad met kwaad vergeld nie, ek kry vir Jaco jammer dat hy deur hierdie ding moet gaan, en sy eerste instink was OM TE BESKERM!

Koos1 ·

Die slagspreuk is mos “Liberation before Education”. Dit was in die 70’s en 80’s die norm gewees en dit al wat geleer is. Nou leer die ouers dit aan die kinders, want dit is al wat hulle geleer het!

Maretha ·

Ek weet nie wat my kommentaar geword het nie – maar ek voel ek mag my opinie lig en dat hierdie hele ding hartseer en onnodig is, hoe kan mens op 15 aan ‘n geweldadige optog deel neem, op 15 was my prioriteit skool, mens kan nie kwaad met kwaad vergeld nie, en ons moet ophou om hierdie optrede goed te keur, want wat gaan van ons klein dorpies oorbly op die ou end van die dag, ek kan nie anders as om te dink dat Jaco se enigste denke was om TE BESKERM NIE !

christa ·

dankie dat die landdros hom nie laat intemedeer het deur ‘n klomp betogers nie. Hoop nou net Du Plooy kry ‘n regverdige verhoor.

Theresa ·

Baie sterkte, Mnr du Plooy! Hoop daar is ‘n hulpfonds waar jy fondse kan ontvang vir al die kostes wat so tipe ding meebring. Dis ‘n hartseerdag dat Suid-Afrikaners wat net wil normaal kom-en-gaan geïntimideer word deur mense wat hulself die reg gee om af te brand, te plunder, te ontvoer en te verniel. Eintlik verwag mens dat die owerhede ‘n toespraak moet gee oor wat hul verwag ons as gewone mense (dié wat nie plunder, afbrand ens nie) MAG en nie MAG doen wanneer ons duidelik in ongewensde, lewensgevaarlike situasies beland. Daar is ‘n groot leemte vir hierdie vraag. Daar is al hoe meer opstandige gebeure wat al hoe meer mense se dag-tot-dag lewe versuur en verswaar en selfs mens se lewe bedreig. So ‘n praatjie in al 11 amptelike tale in elke dorp, stad en op die platteland – sal waardeer word.

Linda ·

Kan die nasie nie verstaan nie, ons betoog nie buite die hof as daar ‘n plaasmoord verdagte in die hof is nie, maar hulle betoof vir die geringste ding net om hulle sin te kry. Los die man dat die saak sy gang gaan. Baie sterkte Mr. du Plooy, hoop nie die betogers gaan jou lastig val nie. Wees asb op jou hoede.

Net in Suid Afrika ·

Jy wéét sonder twyfel dat jy in ʼn Piesang Republiek bly, wanneer ʼn sogenaamde “Regstaat” aanvoer dat borgtog geweier moet word omdat dit “OPENBARE ORDE GAAN VERSTEUR”

Na die maai met Romeins Hollandse Strafproses riglyne . . . die gepeupel se haat tirade is die Afrika manier

Boet Fasie ·

Dis gewoonlik die jong kinders wat plunder as die winkels en besighede se vensters stukkend geslaan word en wat onskuldige mense beroof tydens die betogings. Die kinders hoort in die skool nie by die betogings nie.

bgj van der westhuizen ·

wat ek nie kan verstaan nie as hulle loop en plunder waar om word hulle nie toe gesluit nie maar die betogens is alles net in klug cover om misdaat te pleeg waar de hel is die sapd dat hulle nie hulle werk doen om wet en order toe te pas nie

Waar is Stompie ·

Nou is daar al weer ‘n spul wat ‘n optog voor die hofgebou hou. WAAR IS JULLE as die PLAASMOORDENAARS verhoor word? WEEREENS word mense se lewens bedreig deur betogers en as iemand paniekerig raak of sy mense probeer beskerm is dit weer ‘n groot issue. HOU OP om te staak en ander mense se REG om ‘n pad te gebruik weg te vat. Wat het die 15 jarige daar gesoek? Hulle stoot die kinders voor en as daar dan iets gebeur is dit wereld nuus. Onthou HECTOR PETERSON, maar almal het vergeet van STOMPIE SEPEI!!

Hendrik ·

Dit is so maklik om jouself in so situasie te bevind met al die vragmotor, taxi en gegriefde inwoner opstande.

Y ·

Hoekom moet witmense sulke groot bedrae geld betaal om bortog te kry. Die agterbelewes betaal altyd die minste. Hoekom kan wit mense nie ook maar onder R1000.

Kom nou ·

Kan nie help om te dink hulle neem deel aan die betoging vir ander redes nie om te plunder en te steel .. Kyk nou delareyville … Hulle steel en moor , en plunder.. En wat soek skoolkinders 34 leerders in ander berig in politiek ? En as een van hulle seerkry of dood gaan dan is die hel los . hoe gaan ons hulle keer? Want sy ouers gaan nou seker vergoed word met n huis !!!!!!

Brandwag ·

Ja die dag was opwindend…ek het lanklaas so baie Polisie gesien, die berede eenheid het my beindruk, jy kan nog die trots sien.(Dankie manne).Na die uitspraak het dinge verander n oom is aangerand, publiek is gedreig geintimideer met messe probeer steek(groepies wat opgebreek het na die uitspraak) en raai hulle ouderdom +/- 15 Daar is by besighede ingegaan en personeel gedreig dat indien hulle nie huistoe gaan nie sal hulle huise gebrand word.(dit het gelyk soos die wegraping of is dit nou opraping) alles onder leiding van Phillip Lottering(gemeenskapsleier???) wat op Tv meld dat hy nie vir geweld staan nie.Ook baie EFF teenwoordigheid gewees, beslis deel gewees om Lichtenburg se Ekonomie te ontwrig.Jaco sterkte ons monitor jou saak en sal help waar ons kan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.