Hof sê oor borgtog vir ma wat baba glo verkoop

(Foto ter illustrasie: Unsplash)

ʼn Vrou wat haar pasgebore baba glo verkoop het en die vrou wat die kindjie glo gekoop het, bly agter tralies.

Yamnkela Nkote (21) en Beauty Shonnei Simoto (30) het Maandag vlugtig in die Cala-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte van mensesmokkel en ontvoering. Hulle aansoeke om borgtog is van die hand gewys.

Nkote het glo op 10 Oktober gekraam en die baba aan Simoto gegee, wat sy vroeër sonder die kind se pa se medewete ontmoet het.

“Toe die pa navraag doen oor waar sy kind is, het Nkote aangevoer die baba is dood. Sy kon egter geen graf uitwys nie,” het Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Sy het later erken sy het die baba teen betaling aan ʼn vrou in Johannesburg gegee.

Die Oos-Kaapse eenheid vir ernstige georganiseerde geweld het die baba later in Kemptonpark in Gauteng opgespoor en aan die pa terugbesorg.

Nkote en Simoto se aansoek om borgtog is van die hand gewys. Hulle verskyn weer Maandag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.