Hof sê oor borgtog vir man wat vrou op straat skiet

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Die Dimbaza-landdroshof het ʼn aansoek om borgtog van die hand gewys van ʼn man wat sy vrou ná ʼn rusie op straat raakgeloop en toe glo doodgeskiet het.

Lubabalo Magwebu (38) het hom dieselfde dag nog aan die Dimbaza-polisie in die Oos-Kaap oorgegee.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Magwebu en sy vrou het verlede week rusie gemaak, waarna sy hul huis verlaat en na haar ouers, wat ook in Dimbaza woon, gegaan het.

Die twee het mekaar na bewering toevallig Woensdagaand op straat raakgeloop. Die egpaar se tienjarige seun was saam met Magwebu se vrou.

“ʼn Argument het glo ontstaan. Magwebu het sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote op sy vrou afgevuur. Sy is op die toneel dood,” het Ngcakani gesê.

Magwebu het hom kort daarna aan die polisie oorgegee en sy vuurwapen aan die beamptes oorhandig.

Die hof het Vrydag sy aansoek om borgtog van die hand gewys en gesê dit sal openbare vertroue in die strafregstelsel ondermyn.

Magwebu verskyn weer op 16 September in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakes ·

Gee die landros krediet, dis seker die enigste geval in maande dat n beskuldigde borgtog geweier is omdat dit die strafregstelsel sal ondermyn. Hoop ander regslui neem kennis hiervan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.