Hof sê oor borgtog vir Menlyn Maine-moordbeskuldigde

Carlo Arendse.

Die man wat beskuldig word van die moord op JB Strydom (44) het Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Carlo Arendse is Maandag in hegtenis geneem kort ná Strydom se skietdood in ʼn parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelsentrum in die ooste van die stad. Die skietery het glo uit ʼn stryery gespruit.

ʼn Video is boonop van die skietery gemaak en wyd versprei. Dit het groot opspraak gewek.

Die landdroshof het Arendse Woensdag op borgtog van R8 000 vrygelaat, het eNCA berig. Die saak teen hom is tot Maart aanstaande jaar vir verdere ondersoek uitgestel.

JB Strydom (44). (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Strydom het sowat vyf maande gelede saam met sy gesin na Engeland geëmigreer, juis om van die hoë vlakke van geweld in Suid-Afrika weg te kom. Hy was op ʼn kort besoek aan die land toe hy vermoor is.

Hy het glo bloot die vrede help bewaar toe hy geskiet is.

Chantelle Strydom, JB se suster, het vroeër gesê dit was moeilik om te sien hoe iemand haar broer oënskynlik doodkalm doodskiet. Sy het gesê haar broer het ʼn hart van goud gehad.

ʼn Roudiens vir Strydom word na verwagting Vrydag gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

MR ·

Ongelukkig in ons land het die kriminele meer reg as die slagoffer.
Almal word nie onder dieslefde kam geskeer nie.
Ons regstelsel moet dalk die slagoffers meer beskerm as die kriminele

DAN SAL SA N BETER PLEK WORD

Brian ·

Mense sit Jb se foto op julle fb vir ‘n dag ter nagedagte en uit respek vir sy familie se verlies asb ek het sal julle ook?

Shane ·

En dan? Bring dit hom terug? Straf dit die moordenaar? Of streel ons maar ons gewete want ons het nou “iets gedoen”? Oulike fototjies verander niks.

PJ ·

Nee Shane. Dit bring hom nie terug nie. Dit wys wel sy familie dat mense omgee. Mooi gebaar, dis al. Well done Brian

Cherokee ·

Nadia, jy dink nie dit moet ondersoek of daar met die video gepeuter is nie? En of die persoon wat afgeneem is, wel die beskuldigde of iemand wat soos hy lyk? En wat die motief was nie? Soveel dinge wat ondersoek moet word, maar jy dink die bewyse is genoeg. Die moordenaar sal ‘n storie vertel wat as rede voorgehou word. Dink jy nie dit moet ondersoek word nie? Daar is altyd dinge om te ondersoek.

Wishful Thinking ·

Dis verregaande dat koelbloedige moordenaars net R8000 vir botgtog moet betaal nadat hy ń persoon se lewe geneem het. Skuld jy die staatskas geld dan moet jy enige iets van R500000 tot R 1m vir borgtog betaal. Kan nie die kloutjie by die oor bring nie. Baie tragies -sterkte vir sy familie.

Alice ·

wonder net het hulle mekaar geken en saam gaan uit eet toe due stryery plaas gevind het na die ete

Poot ·

@pieter
Wat laat jou dink sy wapen was nie gevat nie. Dis nou ñ bewysstuk in die saak en balistiese toetse word gedoen.

Ep ·

Ek stem saam jou Pieter …. Poot met die nalatigheid van die polisie sal dit n wonder wees as hulle dit gedoen het! Jammer Poot ek spreek my bekommernis saam Pieter uit

Thinus Erasmus ·

Kom ons wees eerlik, die regstelsel in SA is ontoereikend, ondoeltreffend, onverskillig en onbeholpe.

AmY ·

Nou moet sy vrou en kinders seker terugkeer na hierdie misdaadhool?

DS ·

Sou wat wou gee om te weet waaroor die argument gegaan het….

Ben ·

Hoe in die lewe kon hy borg kry???? Hy is dan ‘n moord verdagte!!!!!

Adel ·

Ja nee ek verstaan dit ook glad nie, hoekom word hy nie opgesluit tot sy verhoor in Maart nie??? Wat sal hom keer om weer so iets te doen?

Avokado ·

Borg gaan nie oor straf nie maar om te verseker dat die beskuldigde sy verhoor sal bywoon.

LANA ·

Borg gaan nie oor straf nie, want iemand moet eers skuldig wees om straf uit te dien.
Borg (of nie) gaan in eerste plek daaroor om te sorg dat iemand nie “verdwyn”, maar wel in hof sal wees vir klagte teen hom/haar.
Verder gaan dit daaroor om die persoon teen die gemeenskap te beskerm EN/OF die gemeenskap teen die persoon te beskerm.
Volgens my moet ‘n persoon wat (met so baie bewyse) iemand sommer uit woede skiet in aanhouding bly.
Hy is beslis ‘n gevaar vir die gemeenskap en hy is dalk sy eie grootste vyand ook!!

sons ·

Ek verstaan nie mooi nie,R8000 borg vir n moord verdagte,maar R50000 vir n verkragter verdagte?

Brian ·

Dankie Pj,
Shane dit bring hom nie terug nie en hoe troos dit my ek ken nie die man nie, maar dit keer my nie om vir iemand respek te toon nie!

TwaalfBoor ·

@Brian
Regtig Brian???? Gaan jy ieder en elk wat vermoor word se foto op FB plaas om eer te bewys? Jy gaan ñ besige mens wees met ñ oorvol FB.

Dis spookasem ·

Elke lewe tel en hierdie is hartseer maar as daar troos was sou dit wees dat hy nie gely het nie. Egter nie so vir twee bejaarde vrouens wie onlangs met vuil lappe in die mond versmoor het na hulle verkrag is nie. Nou vra ek, waarom sou iemand dié geval kies om uit te lig en wanneer gaan hulle opstaan teen geslags geweld? Dalk moet mens maar net verlig wees dat hierdie hedendaagse helpmybraaflyk getatoeerdes wat alles met fone wil reg toor, nie destyds op ons land se grense moes staan en sê: “Vandag gaan niks julle seer maak nie.”

TwaalfBoor ·

@Brian
Regtig Brian???? Gaan jy ieder en elk wat vermoor word se foto op FB plaas om eer te bewys? Jy gaan ñ besige mens wees met ñ oorvol FB.

Rambo ·

Nie gedink ‘n bielie soos hy sou ‘n vuurwapen nodig he nie? Seker sy opleiding gekry op Kaapse vlakte.

Feite ·

Die mens is nie onsterfbaar nie, inteendeel is alles in die skepping vernietigbaar en daarom moet ons die bybel se riglyne volg van hoe om te oorleef en om n goeie lang lewe te kan he en n natuurlike dood te sterf. Die verstand wat God ons gegee het, tesame met die riglyne in die bybel, stel ons in staat om die tekens in die natuur te lees ten einde die regte voorsorg te tref om nie om te kom tydens natuurrampe nie, so ook is ons bewus van die misdaad situasie met sy tipes misdaad en verskillende modus operandis en hoe om dit te vermy. Ons moet goeie keuses maak en nie ander mense te na kom nie en sorg dat ander mense ons nie te na kom nie, ons moet waaksaam, paraat, verdraagsaam en vriendelik wees en konflik vermy solank as wat dit ons beskore is. Ons moet ons kant ook bring soos ons Skepper dit van ons verwag en vir solank dit ons beskore is. Ons moet nie in ontkenning van die bedreigings lewe en n laat “Gods water oor Gods akker loop” houding teenoor die bedreigings inneem nie. Ons moet nie net glo nie, maar ons moet ook ons kant bring en ons roepings vervul terwyl dit ons nog beskore is en terwyl ons nog asemhaal moet ons dankbaar wees. Respekteer die dooies en lewe vir die lewendes!

Niklaas ·

Uit op borg. Lagwekkend . Daar is n koelbloedige moord gepleeg. Is hy dalks n vlug risiko nie ?

Lizelle ·

so gedink die ou gaan op borgtog uitkom. geregtigheid moet geskiet ,, lat dit nou n witman was wat n ander doodskiet sou hy gesit het tot die saak voorkom , kyk soos die 2 boere van Coligny en hulle is onskuldig ook nog.

Wat sê die hof? ·

Die artikel gee glad nie die rede vir die borg toekenning van die hof nie. Julle opskrif van ” Hof sê oor borgtog” is misleidend.

magda ·

wat wil die polisie ondersoek … die video is genoeg bewyse maar die mans wat die ander man in n doodskis gesit het was dadelik selle toe .. die reg het dubbel standaarde .. ek skaam my vir die land se regstelsel

Andrew ·

Die video wys duidelik dat hierdie man ‘n moordenaar is. Sy lewe was nie in gevaar nie en die persoon met wie die slagoffer in ‘n onderonsie was se lewe was nie in gevaar nie. Tog vind die hof dit goed om die man op borg vry te laat.

So paar maande gelede word ‘n man aangerand by KFC in Montana. Daardie mans word aangekla vir aanranding met die doel om ernstig te beseer – terwyl dit volgens definisie aanranding gewoon moet wees – maar die hof weier hul borg vir maande lank.

Hoe kan mens anders as om te wonder of daar verskillende standaarde is vir verskillende rasse.

Maritza ·

Sal dit nooit verstaan hoekom ‘n moord beskuldige borg kry nie. Wonder of die regter dieselfde sal toestaan as dit een van sy familie lede is

Ryan ·

Ek kan nêrens maar nêrens meer inligting kry oor wat presies gebeur het nie…

Marcelle ·

Hy moet asb Na tronk toe sit asb..hy het sommer vir hom geskiet dis nie reg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.