Hof sê oor dwelmsaak teen Henri en sy meisie

Henri van Breda en Daniella Janse van Rensburg in die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, het weer Dinsdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak teen Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, is teruggetrek.

Volgens Ntabazalila moet Janse van Rensburg sielkundige sessies bywoon nadat sy glo verantwoordelikheid vir die dwelms aanvaar het. Daar is geen aanbeveling oor Van Breda gedoen nie.

Die twee is op 5 September 2016 in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat daar glo dagga in hul besit gevind is.

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van Breda moet ook weer op 24 April in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar hy teregstaan op die moord op sy ouers en broer, Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22). Hy staan ook tereg op bykomende aanklagte van poging tot moord en regsverydeling.

Van Breda (21) is op 14 Junie verlede jaar op borgtog van R100 000 vrygelaat in verband met die moordsaak nadat hy homself die vorige dag by die polisiestasie in Stellenbosch oorgegee het.

Die staat voer aan dat Van Breda sy ouers en broer op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het in die gesin se huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Van Breda se suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is ook aangeval en met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas. Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa B ·

En so dink hy, hy is bo alles en almal verhewe. Hy gaan ook “vrygespreek” word op die aanklagte op sy gesin. Môre is hulle twee weer by die see en vol smiles.

Nou-ja-toe ·

En swem in die geld na oa hul vakansiehuis in Australië vir R25 miljoen verkoop is/word!!!

Ange ·

Op grond van wat word hulle vrygespreek? Die dwelms is in hulle besit gevind.

Marcel ·

Ek dink dit het te doen met die uitspraak van die hof so week terug oor dagga, dis mos nou wettig. So ek neem aan jy kan nie meer iemand vervolg vir dagga in hulle besit nie?

Magda ·

Die saak is terug getrek omdat met hulle vorige verskyning die hof bevel het dat die meisie sessie met ‘n silekundige moet bywoon. Die bevel is gedoen op aanbeveling van Nimro. Sy het erken dat dit haar dagga is en nie syne nie. Daarom is die klag terug getrek. Dit volgens Netwerk 24

Theresa ·

skuus, ek het nie als gelees nie – is dit dagga? is dit nie nou gewettig nie?

Liza ·

Mense moet nie oordeel nie, net God kan…. maar dit wat hy gedoen het is verkeerd, geregtigheid sal wel eendag geskied, laat hy en sy girl maar aangaan, en die ergste is hy toon geen berou nie, hoe kan mens so lewe elke dag met jou gewete…..

Henda ·

Sy moet defnitief vir sielkundige behandeling gaan as dit die vriende is waarmee sy rond hang!

jaco ·

Hierdie saak gaan diezelfde pad loop as ‘n klomp vorige moordsake: die staat vat die “maklike” uitweg. Inge Lotz: blameer die boyfriend. Steenkamp-plaasmoord Griekwastad: blameer die vermoorde ouers se oorlewende seun. Dis mos nie polities korrek om die regte moordenaars te soek en te straf nie. En dan Oscar: lifts vonnis want hy het maar net ‘n wit vrou vermoor.

Malalane ·

Die meisie se ouers moet ingryp – sy is in groot gevaar!

Mielies ·

Stem saam Malalane, een of ander tyd gaan sy hom ook “kwaad” maak – wat dan?

Mielies ·

Stem saam met Malalane – een of ander tyd gaan sy hom “kwaad” maak – en wat dan? Haar ouers moet baie bekommerd wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.