Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak gelewer in die aansoek van die EFF rakende ʼn interdik oor die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).
Die hooggeregshof het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se aansoek met koste van die hand gewys. Die hof het ook gesê die aansoek is nie dringend nie.
Die EFF wou nie ‘n deposito van R600 000 betaal wanneer hy sy kandidaatlys vir vanjaar se nasionale verkiesing indien nie.
Maroela Media het vroeër berig Julius Malema, leier van die EFF, het aangedui daar moet ander metodes buiten geld wees wat ʼn party se erns aandui. Hy het ook gesê die OVK voer ʼn oorlog teen armes. Die EFF is bereid om aan die eise te voldoen indien die verkiesingsliggaam ʼn bedrag van tussen R100 en R200 voorstel.
Lees ook:
Uitspraak voorbehou in EFF-saak; joernaliste gedreig
EFF-ondersteuner sterf buite hof
EFF in hof oor OVK-deposito
EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie
EFF hof toe oor OVK
Survival of the fittest. As jy eers 1keer jou plek by die sousbak verloor het, weens jou eie vraatsigheid, gaan jy nie maklik deel in ander vraatsugtiges se sous as jy nie bereid is om ten minste jou deel by te dra tot einste sousbak nie.
wat is die wed fat hy die geld gaan hê teen die einde van vandag