Hof sê oor Engelse leerders vir Afrikaanse skole

overkruin

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

Die Gautengse onderwysdepartement kan voortgaan om nog 40 Engelse leerders by Hoërskool Montana en Overkruin te plaas, nadat die hooggeregshof vroeër vandag ʼn aansoek om ʼn dringende hofinterdik teen die opdrag van die departement van die hand gewys is.

Montana en Overkruin, twee Afrikaanse skole in die noordelike voorstede van Pretoria, het op 6 Januarie ʼn instruksie van die departement ontvang om die bykomende leerders in te neem nadat hul toelatingslyste glo vroeër deur die departement goedgekeur is.

“Die skole se regspan het aangevoer die twee skole het vanoggend reeds 340 nuwe gr. 8-leerders ingeneem, terwyl die departement se beleid hulle eintlik net toelaat om 245 leerders te akkommodeer,” het Anton Meijer, verslaggewer van Pretoria FM wat die hofverrigtinge bygewoon het, gesê.

“Die departement se regspan het beweer die skole maak misbruik van die hofstelsel deur die interdik op die nippertjie aan te vra, terwyl die skole eintlik ʼn geruime tyd gelede reeds versoek is om die bykomende leerders te akkommodeer,” het Meijer gesê.

Montana en Overkruin het op 19 Desember 2016 die laaste keer met die departement vergader, waar hulle deur die waarnemende distriksdirekteur versoek is om ʼn bykomende Engelse klas te akkommodeer. Die skole is ook beveel om hulself voor te berei om jaarliks ʼn groter hoeveelheid Engelse leerders in te neem.

“Die skole het sedert 2000 ʼn ooreenkoms met die Gautengse onderwysdepartement om ʼn Engelse klas per graad te skep, aangesien daar nie genoeg Engelse skole in die omgewing is nie. Die regspan sê nou die skole het egter eenvoudig net nie meer kapasiteit om nog Engelse leerders in te neem nie, want daar is net nie genoeg infrastruktuur nie. Al sou die departement nog ʼn onderwyser vir die klas verskaf, raak dit ʼn gesondheids- en veiligheidsrisiko vir die leerders,” het Meijer verder gesê.

Maroela Media het verlede jaar berig die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het die twee skole gekap omdat hulle nie sowat 33 Engelse leerders wou inneem nie. Lesufi het die skole daarvan beskuldig dat hulle traag is om te transformeer, maar die skole se beheerliggame het toe reeds gesê hulle het hul kapasiteit bereik.

Na ʼn vergadering met die betrokke distrikskantoor, het dit geblyk dat die nuwe aanlynregistrasieproses vir leerders in Gauteng sommige van die leerlinge dubbeld geregistreer het en kon die meeste van die leerders by die skole geplaas word.

Die regspan het verder aangevoer Montana en Overkruin moes ook Afrikaanssprekende leerders wegwys omdat Engelse ouers nie hul kinders na die naaste Engelse skool wil neem nie.

Die onderwysdepartement het onlangs nog ʼn Engelse hoërskool in die omgewing gebou, maar ouers het verlede jaar tydens ʼn vergadering met die LUR gesê hulle weier om hul kinders na ʼn “amakoekblik” skool te neem wat net uit tydelike klasse bestaan. Die skool beskik ook volgens die ouers nie oor die nodige sportgeriewe nie.

“Die skole se regspan het vanoggend gesê dit is ʼn bewys van die departement se onvermoë om voorsiening te maak vir die veranderende demografie van die omgewing. Hulle meen ook die departement is nie in staat om nuwe gehalte skole vir Gauteng te bou nie,” het Meijer berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Kietsie ·

Daarsy net soos verwag, Lesufi is besig om sy 40 000 tekort op te maak, deur Afrikaanse skole te dwing om bykomende Engelse klasse aan te bied sodat hy sy FLOP kan toesmeer. Traag is om te transformeer? WAARNATOE? Daar is Chinese skole in SA, daar is Duitse skole in SA, daar is ROOMSE skole in SA, hoekom karring julle nie aan hulle nie? Hoekom net aan die Afrikaanse skole wat moet transformeer? ERKEN DIT MAAR, julle het nie voorbereidings getref vir die duisende leerlinge waarvoor JULLE gratis onderrig belowe het om aan bewind te kom nie, nou is dit weer TRANSFORMASIE se skuld .. die AFRIKANERS se kinders is al laasjaar MEimaand ingeskryf .. Wil nie ENGELSE skole toe gaan nie, wil AFRIKAANSE skole DWING om ENGELS te gee as voertaal .. Altyd die kat aan die punt van die stert beet!

Connie ·

Dit is so.. hoe groter die aantal engelse kinders.. hoe beter hulle riddenasie om aftikaans uit die skole te kry!

Charmaine Raath ·

Woon al 30jaar in die omgewing. Is bly oor al die ontwikkeling in die omgewing. Meer wooneenhede word gebou wat beteken meer mense begin in die area woon. Sal graag wil sien dat ons nog n skool gebou word of die huidige skole opstandaard opgegradeer word.

Basson ·

Ja JC, grondwet is toe nie ons ‘beskutting’ nie, inteendeel… :(

Jolanda ·

“Schoolfees must fall” sal net voor eksamen begin. Dit gaan oor “geen eksamen skryf”.

MM ·

Soos die Golfspeler wat hy vanoggend saam moes golf speel. Nie eers die moeite gedoen om hom te laat weet dat hy dit ongelukkig weens ander verpligtinge nie kan by woon nie. Nee hy daag net nie op nie sonder om te laat weet nie.

Adri ·

Op watter strand sou julle in die golwe baljaar? So ‘n ou bogger! Het jy toe maar alleen geswem?

Visser Bezuidenhout ·

Ons mag nie trots Afrikaans wees nie.
Dis rasisme
‘n Gebrek aan transformasie.
Hoekom moet kinders wat absoluur f.all met die verlede te make het nie TRANSFORMEER.
Is dit net blankes wat afrikaans is?
Moet swart en bruin afrikaans sprekendes ook nou TRANSFORMEER?

Maria Van Dieweeck ·

Al die geld vir nuwe skole is gesteel. Wat dink die mense? Lesufi het R2 miljard “geabsorbeer” vir “e-learning. Wat het van daai projek gekom? Soos gewoonlik, niks! Hoeveel moedertaal skole, en ek bedoel oordentlike skole, kon gebou word met sulke geld?

Maak grense oop, maar bou geen nuwe infrastruktuur. Druk net in, en breek ook dit wat nog werk. Die anc moet dringend oorkom word.

Gavin ·

Enige iets om baas te speel en ook om Afrikaans as taal te ondermyn

Heleen ·

Daar is ‘n groot tekort aan skole in die Noorde van Pretoria. Bou bleddie skole!!!

D ·

En dan brand hulle dit weer af want hulle wil.ni sover loop.ni.

Flintstone ·

Wat word van die nuwe engelse skool in Montana.Daar is voldoende spasie om daardie skool uit te brei op die bestaande gronde.Daar is ook ‘n oop plot reg langs die skool wat hulle(Lesufi)kan koop met al die geld wat vir lugitasie beskikbaar gestel is.Hoor sopas op die radio dat hy namens die gemeenskap optree.Waar is daardie gemeenskap?In Soshanguve,Ga-Rankuwa en Mabopane?Verseker nie in Montana,Sinoville ,Anlinn en Wonderboom nie!

KCE ·

I removed my children from Montana Poort at the end of the 1st term 2016 for countless reasons, whereafter other schools shrugged their shoulders: “no space”. A Pta East school said if my white (very) English-speaking children could speak 1 of 2 black languages fluently (i.e. as a 1st language), they would have space! My children now attend a FS school where they have no family / friends, etc. Yesterday I left after work to take them to school & arrived back home at 01h20 this morning! I’m a single parent. They are currently in High School! ‘We moved from PE to Pta for financial reasons. Now we are forced to live apart because there is no space for my white (very) English sons in Pta @ schools I could have tried to afford OR I cant afford the school. Acquaintances threatened to report me to Welfare because my sons werent able to attend school the 2nd term of 2016. By Law they must attend school, but there is no space and IF there is space, it is not affordable by the average working class …

Johan II ·

KCE ek voel jammer vir jou maar jy moet maar “vir Afrikaans”. Die engelse se liberalisme haal hul middel klas erg in. Hoekom dink julle is daar so baie (en ou gevestigde) engelse privaat skole, dit wag v ons ook! Begin solank bou mense en onderstreun mekaar.

CAV ·

Lesufi → Dit het niks te maak met ransformasie nie, maar met kapasiteit. Die skole moes al klaar addisionele klasse aanbui verlede jaar, waarvoor die Afrikaanse ouers moet betaal
BOU dan eerder nog n skool vir die Engelse kinders in daai omgeweing

CAV ·

Skuus oor spelling, ek was nou besig met twee dinge op een slag en het nie spelling gekyk nie

C ·

Kapasiteit of vol is vir die regering n relatiewe begrip. Dit gaan oor hulle siening en mag af te dwing. Narsiste en diktators. Nie demokrasie nie.

jaco ·

Ek weet die ANC is gou om te sê Afrikaans is die taal van onderdrukking. Ek gaan nie nou in of dit nou regtig waar of onwaar is nie. Maar waarom is die ANC so lief vir Engels? Dis dan oorspronklik ‘n wit Europese taal wat ‘n taal van onderdrukking was dwarsoor die Britse Empire. Selfs in Wallis, Skotland en Ierland is dit op ‘n lelike manier op mense afgedwing.

Juistement ·

Netso! As hulle wil dekoloniseer, moet hulle dalk maar die taal van die koloniseerder ook uitgooi.

Nats ·

Maar wat ek nie verstaan nie, as die skool nie meer plek het nie, en die kapasiteit is al 100 leerders terug bereik, waar moet die skool dan die kapasiteit nou kry? Die departement subsidieer nie die skool om nog klasse te bou nie? Hoe nou gemaak? Die skool is VOL??!! Dit is niks met engels of afrikaans te doen nie, DIE SKOOL IS VOL? Regtig, dis basiese wetenskap….as daar nie plek is nie, dan is daar nie plek nie….Hoekom gaan die leerders nie na die nuwe engelse skool in Montana nie? Hoekom dwing die HOF nie daardie ouers om na die nuwe skool toe te gaan nie? Dis dan ‘n nuwe skool wat daar gebou is? Hoekom dwing die DEPARTEMENT nie die ouers om hul kinders na die nuwe skool te vat nie? Hoekom moet die Afrikaanse skool, wat VOL is, gedwing word om die kinders te akkomodeer? Ek weet darem nie…

Boerseun ·

Nou waar is die DA en Karen Zoid nou? Eerstens bou hulle nie nuwe skole nie want daar is nie geld nie. Dan die howe is so sterk soos die wat dit interpriteer, en dis anti Afrikaans. Dan in slot, afriform kan n skool of twee help privaat maak maar wat van die res wat nie die geld het nie? word wakker boere en sit af jou kyknet, rapport en rugby en begin bewus word en raak betrokke by volks (nie Afrikaans) aksies, afriform/ solodariteit gaan meer slae kry in die toekoms want die howe is nie betroubaar nie.

Juistement ·

Ek stem. Solidariteit en Afriforum (tot wie se fondse ek beide bydra), staak dalk maar die hofgeding. Neem die geld (asook die sms-veldtogte se geld), en privatiseer ons bestaande Afrikaanse Hoër- en Laerskole. Die basis van wie die leerders vir Akademia aangestuur moet word. Eie taal, eie onderrig. Eie Christelike norme en waardes.

JC ·

Boerseun, volks (nie Afrikaans) aksies, he…? Verduideliking asseblief?
VOLK=AFRIKAANS

Boerseun ·

JC. Ek wag nog vir my kaapse broers om op te staan vir Afrikaans, met die Afrikaans must fall en ander teen Afrikaanse aksies, is en was ouens soos emu, die 7de laan akteurs en al die ander ouens wat geld uit Afrikaans maak maar still. Ergste is wie is in beheer van die taalraad en taalmonument? afrikaans is nie=Volk nie

Jem ·

Ja wakker skrik en jou kinders betyds in skryf verstaan meeste mense nie.

Jan ·

Jip , daai wigte en teenwigte, dit spook ook al by my van 1994 af. Dit beteken net een ding, Afrikaans > Dubbel meduim > Engels meduim. Dit is mos nou nie eens voorspelbaar nie, dit is mos onafwendbaar. Dit sal oor ‘n tyd met alle Afrikaanse skole gebeur. En ek raai nie.

Blom ·

Dit is omdat die regering te veel geld steel en nie nuwe skole kan bou nie nou druk hulle ons skole vol soos hoenderhokke.

Karen ·

As ‘n beker 1 liter water kan hou, kan dit net 1 liter water hou. Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat net nie kan verstaan dat as iets vol is, is dit VOL nie.

Leonard van der Dussen ·

Om nou nog tyd te mors met verwyte oor die “wigte en teenwigte” wat duidelik van die begin af ‘n suikerpilletjie was, is net soos ander mense “apartheid” na meer as 20 jaar nog steeds blameer vir alles wat mens self nie bereid is om te doen nie. Die vraag is, dames en here, wat doen ons nou, in die hede, met die gegewe situasie dat die howe nie ons Afrikaanse skole gaan aanhou oophou nie en dat ons werklik onafhanklike skole en ‘n eie onderwysstelsel al moes opgerig het, self doen. Sit dringend jou kapitaal, bestuursvermoë en jou kinders in onafhanklike Afrikaanse skole! En as jy oud is, gee kapitaal, belê in skole en handboekontwikkeling. Versterk die onafhanklike skole, en hoe verder hulle van die staatsoderwys wegbeur, hoe beter.

Yolandi ·

Ja dis al opsie wat ons gaan hê om teen duurste jou kind in n privaat skool te sit!! Maar wat van die ouer wat dit net eenvoudig nie kan bekostig nie?

Leonard van der Dussen ·

Ek kan net namens Raslouw Onderwys praat (Laerskool Raslouw Hoërskool Raslouw), maar glo dat Christen-Afrikaanse privaatskole soos ons s’n saaklik moet optree en skoolgelde hef om ordentlike onderwys te kan lewer, maar dat sulke privaatskole ‘n hart ook het, en dat waar die skool self nie kan help nie, die ouers in sulke skole soms verbasende dinge in stilte doen vir kinders in hulle gemeenskap. Die eerste besluit is om die onafhanklike skool te kies bo die staatskool en dan die finansiële gestoei aan te knoop, en uit te vind wat dalk uit ondersteuningsfondse en op meriete dalk met die privaatskool se eienaars en medewerkers bewerk kan word. Die geldsaak is ‘n uitdaging, maar daar is soms oplossings, veral as die skool en sy mense ‘n hart het.

Dan ·

Leonard, die wigte en teenwigte, eie skole en eie woonbuurte en die utopia van wat beloof was kan nie net onder die tafel gevee word nie. Ons leef vandag juis met die gevolge van hulle wie nieteenstaande ernstige waarskuwings, desondanks besluit het om ten gunste van die huidige bedeling te stem. Hulle wie so gedoen het, moet nou betaal en met oplossings kom. Die Afrikaner verarm by die dag en hoewel die idee van ‘n onafhanklike skolestelsel prysenswaardig is, gaan dit beslis nie eksklusiwiteit waarborg nie. Baie Afrikaners sal uitgesluit word omrede bekostigbaarheid problematies gaan wees. Niks verhinder die regering om in die toekoms Engelse leerders daar in te druk nie. Die aanslag raak al hoe meer intens want daar word gesien die Afrikaner doen niks .

Johan II ·

100% Leonard. En ondersteun mekaar se skole, los die kompetisie, ons is in die selfde gemors en moet saam daar deur. Mense is so vinneg om te vertel hoe sleg n ander Afrikaanse skool is, HOEKOM!? Dit breek my hart om te hoor hoe mense mekaar se skole afkraak.

Disselboom ·

“Dan” se kommentaar laat die idee opkom dat daar druk op die FW de Klerk-stigting uitgeoefen moet word om ‘n slag ‘n Afrikaanse privaatskool of twee te finansier. Dalk nie so slegte idee dat die stigting pleks van praat en breedsprakerigheid, die FW de Klerk-stigting iets daadwerkliks doen nie. Dagbreek Trust en al so aan daarmee saam. Theuns Eloff en kie geld sit waar die mond is.

n ·

Hulle wil ons LAND, SPORT en nou ook ons SKOLE oorvat. Inwurm wil hulle hulself inwurm, maak nie saak of die spasie te klein is of nie. Wat is volgende?

Yolandi ·

Hierdie berig gee my koue rillings!!! As n ma van 2 kinders wat oor 3 jaar grad 1 toe moet gaan maak dit my bang vir die toekoms! Wat lê voor oor 1 jaar? waarin sal ons nie nog geboelie word nie? Ons word weer eens gedwing om van duur privaat skole gebruik te maak! Net soos ons hospitale gaan die skole ook verval! Ons word gedwing om teen duurste medisefondse uit te neem omdat ons geen ander keuse het nie! Selfde is aan die gebeur met ons skole!

Zanne ·

Ek was in 2014 matriek by Overkruin en ons was in meeste van die klasse alklaar 40 leerders per klas gewees. Hoe gee onderwysers die nodige aandag aan die kinders wat nie alles so mooi verstaan die eerste keer nie, as die klasse uit hulle nate uit bars??

Maak my so kwaad om te dink my kids moet eendag nof hier deur gaan.. Ons gee en gee en gee en hulle vat en breek net af.. Word daar fonds insameling gehou vir die skool is dit amper net die afrikaanse kids wat n bydrae lewer die res voel minder as niks, want hulle betaal mos nie skoolfonds nie, hulle word mos net daar gesit.

Mk ·

By ons word spelers vir rugby gekoop glo my hul is glad nie blank nie nou moet ek my skool geld betaal om hul hier te hou

Johann ·

En al die bogemelde kommentare en ondervindings is hoekom ons wittes nie rasiste is nie.

Boerseun ·

Afrikaners , geniet dit om hul kop aanhoudend teen dieselfde klip te stamp.Die geld wat vermors word en aangewend word vir hofsake, besoeke aan die VN ens. kan meer efffektief aangewend word – stig privaatskole en affilieer by ‘ n internasionaal erkende kurrikulum.Probleem opgelos, julle gaan nie die Kommunis troef met ‘ n gekaapte regstelsel nie – AANVAAR dit en ruik die koffie…

jaco ·

Wees eerder bly skole word Engels. Wat het julle wat nou so kla gemaak as die onderrigtaal Tswana of Zulu was? Engels is darem algemeen verstaanbaar. Julle kinders is heeldag op TV, selfone en die internet reeds daaraan blootgestel.

G ·

Ek dink die grootste probleem is dat die departement kinders in skole wil indruk waar daar alreeds nie meer plek is nie. Die kwaliteit van onderrig gaan verswak. Die taalkwessie gaan tien-teen-een nie eers regtig oor taal nie, maar oor mense nou weer goed aan hulself wil toe-eien omdat hulle regering te slapgat was om skole vir die ‘rapidly growing nation’ te bou.

Johann ·

Ons weet mos nou al waar ons staan, dan stap ons maar net weer ons eie pad, kap dit uit soos in die verlede, hulle vermaak ons mos nie, maak ons net kwater en meer gedetermineerd.

gatiep ·

In die een berig strike leerders oor daar afr is op skool en in die berig wil hulle in afr skool skoolgaan.
My kop is te plat om die soort goed te verstaan wat in SA aangaan.

John ·

?… en daar gaan ons alweer. Die Britte bestuur die wereld en is glo ook die voorbokke in Navo. Hulle het SA se swartes gebreinspoel om te glo Afrikaners is sleg en hul taal verfoeilik en Engels(e) is bobaas. As jy status wat bekom moet jy Engels wees met die Queen as opperheerser. Ons goud en diamante vorm haar kroon, haar tandstopsels en haar hondjies eet uit goue bakkies. Wie is die Afrikaners om te kla. Die res van die wereld is ook haar onderdane. Hulle weet dit net nie. Die Engelse gaan net die een of ander tyd uitvind hulle het hulself eintlik totaal en al misgis… Dit gaan nogal ‘n skok wees…

Ella ·

Hier is geen toekoms in hierdie land as jy peach is nie, Afrikaans jou moedertaal is nie , en jy geen Britse bloed het nie. Wens ons arm mense kan ook net oppak en loop. Ek is gatvol vir hierdie land, en die wereld het sy rug gedraai op ons omdat ons nie feel wil wees van Hulle one world order. Miskien sal Amerika ons help noudat Hulle President nie One World op sy brein het nie.

Hhmmm ·

Ek is ñ Trotse Afrikaner. Lief vir my taal. Het my seun verlede jaar uit sy Afrikaanse skool gehaal a. g.v. Boelie van beide leerlinge ( Baie Baie lelik was) en onderwysers self ook. Hul het niks daaromtrent gedoen nie. Het hom nou in ñ Engelse Skool geplaas. Ek weet almal wil in hul moedertong onderrig kry. Maar as jul buite die gekonkel kyk vir transformasie. Hoeveel besighede doen besigheid as Afrikaans. Universiteite (Privaat) is Engels. Ek sal sê laat almal Engels as hooftaal hê en hul moedertong as hul sekondêre taal. Dan kan daar nie gesê word diskriminasie nie maar hou Dan skole apart wat hul sekondêre taal aanbied. Sodat Elke kind die tyd en aan dag kan kry om ñ sukses te wees. En ons die land kan saam op nou. Hoeveel van ons land se burgers kry werk oorsee en Dan moet hul dit in Engels geskied. Dit kan ons kinders net ñ voorsprong in die lewe gee. Dink maar net…. my opninie mag dalk verskil van Baie.

Lees weer ·

Lees weer die berig mooi deur en u sal sien dat dit niks met gelyke kanse te doen het nie. Daar is volop plek in n nuwe engelse skool net om die daai. Hoekom nie soontoe gaan nie? Want dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor om die afrikaanse skole uit te roei.
Verder is dit lekker om te se dat ons kinders gelyke kanse gegee moet word, maar wat gebeur na skool? Is die speelveld dan nogsteeds gelyk met rassistiese beleide soos bee en aa?

CHRISTA ·

Dis ook hoekom die ANC vere voel vir mense wat elke dag deur OORLAAIDE taxis verongeluk word. Nou verongeluk hulle hierdie jong mense se toekoms ook deur OORLAAIDE skole!! Hoeveel skole het die ANC gebou sedert 1994?

John ·

Hhmmm, taal is nie belangriker as jou kind se (geestes)gesondheid en geluk nie… ontspan. Privaatskole is ideaal maar baie ouers sukkel om die mas op te kom en woon dalk ver daarvan wat problematies is. En om vir kinders op skool al lenings te moet afbetaal voordat hulle nog aan universiteit kan dink, is veel gevra. Dan is daar ook baie enkelouers. Maniere sal gevind moet word om Afrikaanse privaatskole meer bekostigbaar te maak. Mense met ‘groot geld maak’ in gedagte moet liewers ander besighede begin.

Johann ·

Johan Rupert iss doodstil. Feesmustfaal het hom dalk weer laat dink.

RK ·

Whahaha!

Raai wat Lesufi?! Jy kan op jou kop staan en jan-pierrewiet deur jou “fluitjie” speel maar jy sal nie een enkelde leerling in my skool plaas wat ek nie daar wil hê nie.

Alleenlik YHWH gehoorsame dienaars, Afrikaans sprekende Boer kinders is welkom.

En daar is net mooi NIKS wat jy daaraan kan doen nie.

Whwahahahahahahahhahahahahahaha!

Christiaan ·

AfriForum, Solidariteit en die bree Afrikaanse gemeenskap moet dadelik bele in privaat Afrikaanse skole onder die IEB kurrikulum. Daar is al talle sulke skole wat baie suksesvol is bv. Help Mekaar Kollege. Dit is die enigste uitweg. Anderste gaan alle toekomstige Afrikaner leerders in Engels, soos wat ek het, skool gaan!

danie ·

Hierdie is n baie groot sirkel, en ons almal is te blameer. Begin by die oom wat sy klein hoewe verkoop het sodat n ontwikelaar 60 huise kon bou. My oplossing sal wees om ontwikkelaars tedwing om alle Iinfrastruktuur op te gradeer as hulle wil ontwikkel. Daar word aanhoudend nuwe huise gebou in die area en die area kan nie soveel mense huisves nie. Laat die ontwikkelaars en huis agente nuwe skole bou. Hulle is die gene wat voordeel slaan . Hier is net twee skole in die area met infrastruktuur, en dan die paar tydelike klaskamers in montana. Waar het julle gedink moet die kinders skool toe gaan. Hulle bly ook in die area. Hulle is ook geregtig om in hulle area skool toe te gaan. Ek dink nie die probleem le net by die departement nie. Ons almal moet maar pakslae vat vir die een.

Boerseun ·

Jy het seker geen benul oor die koste van n nuwe skool nie, die rede hoekom privaat so duur is en die staat dit bou. Dan mens noem dit dorps en streeks beplanning , ook seker n nuwe term. Ook as jy eiendom verkoop betaal jy belasting op die groei. Laastens waar gaan my kind skool gaan as die skool oor 5 jaar verengels het? Daar is privaat engelse skole, curro is ook net om draai in malotto se rigting

Magda ·

As ek my Afrikaanssprekende kind in n skool in Mamelodi wil inskryf-bloot omdat ek kan en sou wou(wat ek nou nie wil nie, bloot om stelling te maak)- en ek dring aan om in my moedertaal onderrig te kry, gaan die department ook spring en die skool verplig om my kind in taal van keuse te akkomodeer? NEE!!! so dis maar net nog n tipiese voorbeeld van rassisme- en die swartes wat weer net regkry wat hulle wil

Elize C ·

Sê asb as ek soos my alie redeneer, maar ek maak die stelling: die regering beskik oor ‘n Geboorte-register, geboortes moet geregistreer word (vergeet nou maar eers van diegene wie nie hul baba’s registreer nie), voeg dit saam met sensus-opnames, dus: die regering weet mos nou hoeveel kinders gaan in ‘n spesifieke area oor 6 jaar laerskool toe, oor 13 jaar hoërskool toe, oor 18 jaar universiteit toe…. sommige gaan voor daardie tyd verhuis, andere gaan inbeweeg. Daar kan mos min of meer daarvolgens bepaal word of die bestaande fasiliteite kan voldoen daarin? Indien nie, is dit mos genoeg tyd om te begin bou/uitbrei aan ekstra fasiliteite……? Dieselfde geld vir hospitale/klinieke/winkelsentrums/ infrastruktuur / ens. Maar dit is vir die toekoms….wat NOU moet gebeur, weet nugter alleen. Verder word ek spreekwoordelik gekruisig as ek sê: maak dit SA wetgewing vir 10 of 20 jaar lank dat ELKE vrou (ongeag ras) gesteriliseer word tydens die 1ste keer dat hul geboorte skenk. Iewers, op een of ander manier, moet die bevolkings-ontploffing drasties vertraag word. Kindertjies wat weggegooi word, kan dan aangeneem word deur ouers wie reeds ‘n kind het, en graag nog enetjie sou wou hê, of kinderlose egpare, maar wie kan bewys dat hulle wel finansiëel en andersins ordentlik vir daardie kind se opvoeding sal kan voorsien.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hierbo het iemaqnd genoem dat daar nie gekarring word aan Chinese, Roomse, ens. skole nie. Hoekom gesinne nie beperk tot bv 2 of hoogstens 3 kinders toegelaat by skole nie. En gee dan afslag vir EEN om nie skoolgeld te betaal nie. Die gratis Afrikaanse skole word nou gebruik ipv kleuterskole of “after care” waarvoor betaal moet word.

Anoniem ·

ElizeC, jy lewer sinvolle kommentaar maar Lesufi stel verseker nie daarin belang om om so ‘n behoeftebepaling te doen nie. Dalk het Lesufi nie Wiskunde op skool geslaag nie die dat hy nie so ‘n behoeftebepaling kan doen nie. Dit is vir hom baie belangriker om Afrikaanse skole tot niet te laat gaan. Hy stel verseker nie daarin belang om vir die sogenaamde agtergeblewenes skole te bou nie. Hoe lank gaan die Afrikaanssprekende ouer nog toelaat dat Lesufi daarmee voortgaan om Afrikaanse skole te vernietig. ? Die Afrikaanssprekende kind het die reg om in sy moedertaal onderrig te word. Dit is ‘n ope vraag hoekom Lesufi nie skole bou nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.