Hof sê oor ‘F*** white people’-kunswerk

Die uitstalling.

Die hofstryd tussen die Cape Party en die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad oor die omstrede “F*** white people”-kunswerk het tot ʼn einde gekom.

Landdros D.M. Thulare het Dinsdag gelas die werk is nie haatspraak nie maar eerder ʼn uitdrukking van kuns. Volgens Thulare is die werk van Dean Hutton nie onbillike diskriminasie op grond van ras nie.

Jack Miller, leier van die Cape Party, het die gelykheidshof genader en versoek dat Hutton beboet word en om verskoning moet vra vir die kunswerk. “Dit is ongelooflik dat so ʼn eenvoudige en duidelik aanstootlike uitlating so verkeerd verstaan en verskoon kan word in ʼn hof,” het Miller oor die uitspraak gesê.

“In 1994 het die Suid-Afrikaanse regering onder leiding van Nelson Mandela ʼn visie van ʼn reënboognasie bevorder. Vandag is ‘F*** white people’ kuns. Waarnatoe volgende?”

Jeremy Klerck, regsverteenwoordiger vir die museum, het die uitspraak verwelkom. “Dit is ʼn waterskeidingsuitspraak ter verdediging van vryheid van spraak en uitdrukking van kuns.”

Die uitstalling bevat net die woorde “F*** white people” wat in swart en wit gedruk is, saam met ’n stoel en goue stewels. Die uitstalling is sedert begin vanjaar by die museum te sien en is in Januarie deur lede van ʼn politieke party geskend.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het destyds gesê in tye waarin rasseverhoudinge in Suid-Afrika uiters sensitief is en waar mense wat hulle aan rassistiese uitsprake skuldig maak, selfs swaar deur howe gestraf word, is die uitstalling kortsigtig en ervaar baie mense dit as beledigend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Arie ·

Kan n beledigende uitspraak ooit as “KUNS” waardeer word?

Sien my uitspraak as n definitive afkeur in die hof uitspraak.

Nou kan beledigings na links en na regs gesien word as “KUNS” en geen mens mag daarteen beswaar maak nie.

Dit het n ernstige presedent geskep

Asjas ·

Daai DING is kuns en vryheid van spraak?? Ek is nie vreeslik kunstig nie maar waar is MY vryheid van spraak???
Ons het ‘n restaurant groep onlangs op hul kniee gedwing deur net eenvoudig weg te bly. Ek wonder wie is die museum se meeste betalende besoekers?? Ek praat nie van skool groepe nie.
AS ek ‘n kunstenaar was en my werk was op dieselfde perseel, verwyder ek dit onmiddelik voordat ek met rassisme geassosieer word …

Teresa ·

EK stem heelhartig saam Asjas. Wonder of ons kunstenaars daar hulle werke gaan verwyder. Ek begin al meer dink die teorie dat ons in ‘n “Genocide” situasie is, rym waar. Siende dat ongelykhede van die aard en ontkennings van rassisme teenoor wit mense van die aard al stap 6 van die proses is….

Asjas ·

Ek is nie ‘n reggeleerde nie, maar kan hierdie uitspraak nie in die toekoms voorgehou word as standaard (of wat ookal die regsmense dit noem) nie?
Ons moet dit maar die buiteland instuur, ek is seker daar is baie wit mense wat hier wou kom vakansie hou maar nou dat die “kunstenaar” namens SA gepraat het sal hul seker hul geld elders wil spandeer?

Eish ·

Maak enetjie op n leeu vel met die teenoorgestelde rasgroep, gumboots en n ou 20l parafiendrom alles swart agtergrond met wit beskilder dat dit nou nie aspris lyk nie.

anton ·

Ek sê al lankal dat die howe n grap geraak het in die land en die is maar net weer n bewys dat dit waar is!!!
Ons moet eerder n jurie stelsel kry want regters in die land word daagliks meer n joke!

Koos ·

Ware woorde en Dubbele standaarde van die regsstelsel in die land

Johan. H. ·

Nou kan ons dit se van die sogenaamde bottomfeeder kunstenaar,,,, dan nie

Anoniem ·

Ek gaan ‘n “andersom” plakkaat maak en dit op my bakkie se agteruit vertoon en as kunswerk bemark. Laat een blikskottel my hieroor probeer aanvat.

Blondie ·

Die Stem is die mooiste en edelste letterkundige kunswerk in die Geskiedenis van die Afrikaner! Nie in een van die frases word mense gevloek nie! Waar’s Steve? Kom laat ons sing tot die kranse antwoord gee!

Llewellyn ·

Mag ek dan iemand beledig onder die dekmantel van kuns? Hierdie is seker dekoloniseerde reg? Klad op die regstelsel!!!

Frikkie ·

Frikkie dink die einste kunstenaar moet n’ kunswerk in die teenoorgestelde rigting maak…kyk of hy sal….Frikkie wonner

JOHANN HOLTZHAUSEN ·

Ek glo ons kan selfs ‘n fonds stig om te kan betaal vir so ‘n kunswerk deur ‘n erkende kunstenaar. Gee asb ‘n aanduiding of u bereid sal wees om ‘n bydrae ter vergoeding aan die kunstenaar te te maak?

Skande! Hoekom moet ons altyd verskonend en bedees wees omdat ons velle wit is?

Ekke ·

Kyk of SY sal, die is ‘n vrou wat haarself klassifiseer as genderqueer…

Room Doug ·

In America as jy vra vir Swart koffie dan staar die mense jou an. Jy moet vra vir koffie sonder melk.

m ·

Shame is dit nou al manier wat hierdie persoon aandag kan kry deur sulke snert te verf. Dis so pateties ek lag nie eers nie. Jy kan dit nie eers kuns noem nie so moenie kuns so beledig nie.

Ronel ·

pRESIES WAT EK GEDINK HET. Wie sal so “kunswerk” maak dat ons bietjie reaksies daarop kan toets?????

Anoniem ·

Ek is ñ bruin Suid Afrikaner en is geskok wat ek lees. Kan nie glo die hof het dit kuns genoem nie. Mandela sou dit nooit toegelaat het nie. Dit veroorsaak net rassespanning. En almal maak grappe oor wat hul reggekry het. Dis al kuns wat sekere groepe sal koop en verstaan. Sies…ek skaam my.

Piet Pompies ·

Daardie woord is bloot ‘n etiket en ‘n etiket is mens gemaak en uitgedink, soos Allet dit noem, ek bly wit vir ewig en is trots daarop.
Die “kunstenaar” is bloot daarop uit om sensasie uit te lok en sy “kuns” te bemark, sal ek enige van sy produkte koop, nee, want sy werk is nie kuns.

Roger ·

Dan dink “regsgeleerdes” hulle is God se blou-oog dogters en seuns. Laagste vorm van lewe, naas politici!!

Theresa B ·

Ongelooflik dat alles altyd in hul guns draai. Wonder waar gaan alles eindig. Moeg en gatvol vir alles!

broos ·

maar sê net ‘n sekere iemand is ‘n zombie dan is jy sommer jou werk kwyt!!! unbelievable!!

Reinhardt ·

Terloops, Cape Party staan bekend as Die Kaapse Party in Afrikaans.

chrissie ·

Ok goed ek is n kunstenaar, so vandag gaan ek die teenoorgestelde kunswerk maak, en dit uitstal….more is die koerant blaai vol daaroor want dan is ek n rassis….??? help my verstaan..

jean ·

Wat anders het ons verwag?………Same story, different day….

Wessel ·

Sien ons nie die tekens van ‘n getransformeerde regbank nie?

Karen van Zyl ·

But of course, only in South Africa, en as ‘n wit mens so iets gedoen het wat dan?

antie ·

Enige mens met gesonde verstand sal in die lewe nie so” kunswerk” in die eerste plek waardeer en in die tweede plek dit raaksien as “kuns” nie. Wat ‘n belediging vir enige ordentlike kunstenaar met regte talent om vereenselwig te word met so spul strooi wat “kuns” genoem word. Really!!!!!!!

Ada ·

Shame die kunstenaar weet nie waar hy hoort nie.Hy is opsoek na homself.Pas nerens in nie.

Stem Saam met Wonder Maar net ·

Ek stem volhartig saam! Kom ons maak ook so Kunswerk. !

amvi ·

Nie’n kunstenaar nodig om die nonsens te maak. Dis net ‘n lap met drie sinne wat herhaal word. So spring weg die wat se “iemand” moet dit doen.
Dit sal seker een van die dae hulle lands vlag wees. :-)

John ·

En is die’ storie nie al aan die gang sedert die Ingelse hier voet aan wal gesit het nie; ou nuus en ‘boring’. Geen groot kunsmuseum ter wereld sal dit aankoop nie… Hoeveel witmense kruip nie al jare by Afrika nie… en word hulle ooit bedank… ?… inteendeel…

Afrikaanse Knaap ·

Ek gaan nou so baie prert hê met my kuns. Kan nie wag nie.

Afrikaanse Knaap ·

Sodra AfriForum en Solidariteit my ‘n sms stuur is ek daar.

Flintstone ·

Ek dink as die “regter “in ag geneem word sal so ‘n beslissing nie ongewoon wees nie.Ons moet besef,ten einde “gelykheid ” te bewerkstellig sal intellektuele maatstawwe vernietig moet word.

Hans ·

Die uitspraak is beslis een waar daar in die hooggeregshof appeleer/of hersiening geneem moet word. Die uitspraak is n verkragting van regspraak.

MissDemeanor ·

Ek dink dit is n baie suksesvolle kunswerk. Maar voor jul kwaad word…luister waarom. Dit vestig aandag op ‘n baie belankrike situasie, dat rassisme teenoor witmense aan die orde van die dag is. Dit laat mense dink aan die dubbele standaarde in ons land. Ek dink enige iemand wat na daardie kunswerk kyk vra vir haarself/ homself “waarom is dit OK om een groep te beledig maar nie ‘n ander nie”. Die kunstenaar wou nie net die letterlike boodskap van wat geskryf is oordra nie. Die doel is om mense te laat dink oor ons samelewing se (dubbele) standaarde.

Sonskyn ·

Hy is seker ‘n up-and-coming “kunstenaar” wat probeer naam maak…. bad publicity, is publicity nonetheless! Sal eerder na my Van Gogh print kyk wat op my muur hang – dit is kuns, nie die snert wat hierdie ou maak nie.

Pietman ·

Afgesien dat dit ooglopend haatspraak is, dit is nie kuns nie. Enige bobbejaan kan so iets maak. geen talente word benodig nie. Vergelyk dit nou met ‘n Rembrandt skildery. Daar is sekere parrasiete wat hulle voordoen as kunstenaars wat ware kunstenaars in ‘n slegte lig stel.

WW ·

Dis nie eens ‘n noodsaaklikheid om ‘n kunstenaar te gebruik vir jou blink idee nie! Verf net ‘n paar vellies silwer, druk die woorde in wit op ‘n swart agtergrond; parkeer ‘n wit gebruiksitem – ag sommer ‘n bicycle – langs die bedryf en voila! Kuns!

Melanie ·

Dankie tog ek is nie n kuns kenner nie, want daai lyk meer soos n tienerseun se deurmekaar kamer… As daai deurmekaar gemors kuns is, is ek bitter dankbaart ek is nie kunstig nie.

Jaco Grobler ·

My grootste probleem is met die museum, as hulle, wat die eksperts is DIT as kuns aansien, is hulle besig om die hele industrie skade te doen, ek as leek stel dan glad nie meer belang in kuns nie, hetsy vir persoonlilke genieting of as potensiele beleggings geleendheid, en vat beslis nie my gesin na ‘n gallery toe nie!

Johan. H. ·

Rodger jy het dit nog die akkuraatste ooiet beskryf, Ek dink altyd aan hulle as n skool met n klomp prefekte , wat dink hulle is die alfa en omega , maar ek sal nie hul werk wil he nie,

Donovan ·

ek wou nie eers die rebriek lees nie, maar weet jy, die boodskap wat hieruit kom is dat bewaar jou mond al is ons hoe om ge-ellie…

Caymond ·

As julle by n restaurant sit, en jy bestel toast, en die kelner vra white or brown, voel julle ook so bietjie skaam om te sê white please? of is dit net ek:D

anton ·

Jip daarom eet ek maar altyd bruin brood die laaste 23 jaar al vrek ek oor wit brood. :-)

Blits ·

Mense dis maklik om rassisties te wil wees, vra eers deur wie is die kunswerk gedoen? dis n wit persoon en nie swart nie, so daar gaan rassisme by die venster uit, so maak n wit mens so een wat sê F**** black people dan is ek jammer maar dis blatane rassisme en ek stem nie saam daarmee nie. woorde kan n mens soms lekker warm onder die kraag maak, maar kyk verder as dit nie oppervlakkig nie. Val die wit persoon aan as sy rede nie regverdig is nie, moet nie altyd op spring en rassisme huil nie. Dean Hutton is n wit man, nie swart nie, so daar is nie rassisme betrokke nie

Eben ·

Maak die toeruste bewus van die skeding van wit mense. Dis al.

gerbrandt ·

Foeitog die Dean Hutton is nie baie skerp nie. Is dit al wat hy kon uitdink? Dalk al wat hy kon spel.

Blits ·

met al die publisiteit wat hy en sy “kunswerk” nou gekry het saam met die hof uitspraak kan ek jou waarborg hy gaan nou sakke vol geld maak omdat mense (wat min tussen die ore het) gaan stoom na die plek om die “kunswerk” te gaan sien, as jy sy naam insit op google dan gooi dit dadelik sy dinge uit kliek net op images , dan sien jy die kalant

Jan ·

Maroela, wil julle nie vir ons ‘n artikel doen oor wat die impak hiervan gaan wees nie. Dit kan mos nie reg wees nie! Veronderstel mens sit nou plakkate op of dra ‘n hemp, maak ‘n tekening en plak dit op jou kar, met derglike woorde op van bv gay mense, enige ander kleur mense, ens, ens. Wat gaan nou hier aan????

Dries ·

Hy is een van daai tipe kunstenaars wat my met walging vervul, pateties verby!

Peanut ·

Laat my dink aan n voorgeskrewe boek op skool “Animal Farm” en ek haal aan “All are equal BUT SOME ARE MORE EQUAL than others”

Dries ·

Ek kan dit nie glo nie, die kunswerk, daardie gallery se kommentaar op die hofuitspraak, die kunstenaar en die hofuitspraak walg!! my.

Kabous ·

Die uitspraak is REG.

REG.

Die politieskorrekte media het ons al so indoktrineer dat ENIGE belediging as rassisme gebrandmerk word.

Om iemand te beledig is NIE rassisme NIE. Om iemand te vloek is NIE rassisme NIE al is hy van ‘n ander ras.

Rasisme is om ‘n ander ras te haat en haatspraak is om HAAT aan te blaas.

Die PK-pers se definisie is verkeerd daarom word Helen Zille verkeerdelik as rassisme deur die PK-pers bestempel.

Mal oor die uitspraak want dit wys op die oog af belediging is nie gelyk aan haatspraak nie.

A Kellerman ·

Om n hele ras te vloek is nie kuns nie.Dit dra nie by tot versoening nie.Dis walglik.Die hooflandros se uitspraak maak vir my nie sin nie.Hier is nou iets wat Afriforum kan aanvat.Wat se die DA?En stem ons mense nog vir hulle?Sies

Ouvrou ·

Daai lyk nie na kuns nie. Maar ek wou nog altyd so graag n kunstenaar wees. Met die nadruk op naar. Hiers my kans. Ek moet dit net klein druk en dan opblaas. Iets soos daai net met blacks agteraan. Ek vloek deesdae op my oudag

REG SE JY ·

REG SE JY, EK LE OP MY RUG SOOS EK LAG.
KIES JOU PLEK MNR.

Ros ·

Ek stem hulle sou weer n optogte gehou het en alles weer afgebrand het

Lynne ·

Die kunstenaar vloek hom/haarself! Kan ‘n mens jou self so haat in die lewe? Shame!

Nico ·

Ons WEET wat gaan gebeur. Geen sake voor howe. Net dorpe wat afgebrand word…..

Thea ·

en hulle noem dit kuns !!!!!!!, ek verstaan regtig nie kuns????????

sue ·

Ek sit maar net alles en luister en bekyk met ń gerusstelling dat Jesus gesê het in Matt 12:36 -op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word. Laat hulle aangaan en haat en beledig ons verstroosting is dat ons Groot Regter gaan in Sy hofuitspraak regverdig wees.

Elize ·

Die enigste rede hoekom hy dit gedoen het is om bekend te raak. Nog nooit voorheen van hom gehoor nie. Wonder hoe lyk sy ander kunswerke, indien enige…..

Stem ·

Ek stem asseblief kry een ek kan nie wag om die reaksie van die hof te hoor nie!! Sekerlik gaan dit rasisties wees want rassisme word geklasifiseer as van blank aan swart alleen. Kom Afriforum doen asseblief iets kry ons eie kunstenaar toe asseblief. Ons ondersteun julle help ons volkie. Doen net iets!!!

susan de klerk ·

Ek is een van daardie onnosele afrikaners wat glad nie kuns kan waardeer nie. My interpretasie van die kunswerk is soos volg: n klomp A4 “copies wat saam geplak is, ‘n oorgetrekte stoel, goudgeverfde skoene en ‘n lap. My gevolgtrekking is dat dit dalk kan pas by n voorportaal, maar dan gaan my hond die skoene ronddra.

Dan ·

@ Wonder maar net – ek stem volkome saam!!!!
Ek druk sommer vandag ‘n plakkaat en vertoon dit lewensgroot – wonder hoe lank dit my gaan neem om in die hof te verskyn???

Ekke ·

SY……….. Google bietjie, dis ‘n vrou wat haarself klassifisee as genderqueer…

Theresa ·

Sjoe Dean, daar kry jy sommer baie aandag. Net wat ‘n kunstenaar soek!! Ongelukkig toon jy swak smaak in jou printgedeelte. Pleks jy dit maar in prentjies probeer uitbeeld het. Jy weet tog hoe mense deesdae voel oor die f woord voor ‘n kleuraanduiding! maar dalk pla dit jou nie. jy werk seker nou aan ‘n opvolg met meer drastiese gevolge – of hoe dan? Obviously het jy gesoek na iets wat jou ook ‘n bietjie in die kollig kan plaas en dit gevind (want nog nooit van jou gehoor nie).

Asjas ·

Die aandag sit nie noodwendig geld in die “kunstenaar” se sak nie. Dan is ek liewer nie famous nie maar kan darem eet, of famous vir al die verkeerde redes en word dalk net met ‘n blik verf gegooi …

Hendrik ·

Ek verkies die morele hoer grond in die geval. Ek weier om self so banaal te wees.

JG ·

n Foto vertel meer as n duisend woorde…Dean Hutton jou foto vertel my duidelik hoekom jou idee van “kunswerk” so verrot is…
Ek glo daai “landdros” het seker so kunswerk in sy/haar huis…

AV ·

Die mens is so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboksie…siestog…gaan kyk net na die arme mens. So ‘n verdwaalde siel…WONDER tog wat die uitspraak sou wees as dit heeltemal in elke opsit opgeswaai was? Laat my nou dink…

Zachrys ·

Daar is nog baie plek op daai muur…. En die hof het mos nou klaar gepraat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.