Hof sê oor Gareth Cliff se Idols-pad

Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die  Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Vrydag uitspraak gelewer rakende Gareth Cliff se dringende aansoek om weer as Idols-beoordelaar aangestel te word.

Cliff het die hof op ʼn dringende basis genader om te probeer verhoed dat 2016-oudisies vir die Idols-program vandag begin, tensy hy weer in sy pos aangestel word of vergoeding van R25 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk” en “naamskending” ontvang.

Cliff se aansoek is Dinsdag aangehoor waartydens adv. Dali Mpofu, sy regsverteenwoordiger, aangevoer het dat M-Net teen hom gediskrimineer het omdat hy wit is. Mpofu het Cliff se omstrede twiet vergelyk met uitlatings op sosiale media deur twee van sy Idols-kollegas, Unathi Msengana en Somizi Mhlongo. Mpofu het bygevoeg dat Msengana en Mhlongo erger oortredings begaan het, maar deur die uitsaaier oorgesien is. Msengana en Mhlongo moes albei in die openbaar om verskoning vra nadat hulle verlede jaar omstrede opmerkings op sosiale media gemaak het.

Adv. Wim Trengrove het aangevoer dat Cliff se aansoek teen M-Net met koste van die hand gewys moet word. Trengrove het gesê M-Net het die reg om te besluit wie beoordelaars moet wees. “Die skade aan sy reputasie is deur sy eie toedoen met daardie twiet, nie deur M-Net nie,” het hy gesê. Trengrove het gesê M-Net was gedwing om te kies tussen die 2016-seisoen van Idols, of om Cliff as ʼn beoordelaar te hê “te midde van ʼn politieke opskudding”.

Regter Caroline Nicholls het uitspraak tot Vrydagoggend voorgehou. Sy het Vrydag beslis daar is ʼn kontraktuele dispuut en dat Cliff tydelik weer in sy pos as beoordelaar heraangestel word omdat daar wel ʼn bindende kontrak is tussen hom en M-Net.

M-Net moet die koste van die aansoek dra. Cliff het gesê hy sal Saterdag ʼn mediakonferensie oor die aangeleentheid hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Henri ·

Intekenare betaal elkgeval, M-net base gaan dit voel uit hul sak. Lekkerder gedagte, Nelia?

humor ·

Bemoei of is dit nou meng jou met die semels dan……………….

Zena ·

Ek is bly hy word weer aangestel, al is dit net tydelik,voorlopig. Ek voel dit is onregverdig dat hy summier afgedank is en die ander twee net waarskuwings gekry het. Mooi man.

marlene dilger ·

Goeie nuus, darem weer ‘n goeie kommentator! Wie kyk Idols in elk geval? Swak, dalk sal Gareth dit biekie opkikker..

Henri ·

Baie bly vir Cliff, En trots op die man vir die moed en durf om ‘n Goliat aan te vat uit beginsel.
Wie kan nog nie glo dat een man se stem nie gewig dra nie? Hou dit in gedagte die dag van stem, een stem tel wel baie en kan geregtihei laat geskied,
“Cliff, you are the proof, there is still a chance of Justice, thank you for the lesson”.

Henri ·

Ek sien ook ‘n Sterk boodskap aan die ANC, alhoewel in bedekte vorm, Louis

Chris W ·

Ek is baie bly vir Gareth Cliff se onthalwe.Nou moet hy hulle roer vir daai miljoene.Bly ek het my DSTV opgeskop so my geld sal nie daarvoor gaan nie!

Henri ·

Het nog nooit M0net gehad nie Chris, die base gaan dit aan hul sak voel. Skat mens kan begin uitkyk vir Specials op inteken ens. om op te maak?

Dee ·

Aan diegene wat hêppie is met Cliff se oorwinning, hou in gedagte dat hy ‘n anc-aanhanger is. DA-lede se eie party skop hul uit wanneer hulle as rassisties bestempel word en anc-lede loop hulle teen ‘n monster vas wat hulle self geskep het. Ek voel neutraal daaroor. Hulle kry waarvoor hulle stem. Dit geld ook vir elke DA-lid wat hier lees.

Maddox ·

Dee,
En dit is dieselfde Cliff wat so paar jaar terug Afrikaners so sleg gese het en ons gespot het oor die ABO. Lyk my mense vergeet gou. Ek is net ook bly dat Mnet bloedneus gekry het ook.

Berhalet Beukes ·

Hulle hét teen hom gediskrimineer omdat hy ‘n blanke is en daarom is ek bly dat MNet ‘n ordentlike klap in die gesig gekry het!

Piet Pompies ·

M-Net het ‘n bloed bek gekry, die intekenare gaan nou moet betaal vir Gareth se regskoste…….

Hannelie ·

Ek hou nie van Gareth Cliff nie….maar ek is baie bly vir sy part. Moenie ‘n man op sy baadjie takseer nie…..jy kom maar slegs tweede. Sorry M-Net.

Kaspaas ·

Hierdie jasr mis ek Idols vir niks die ongemak tussen die judges, die spanning ens gasn iets wees om te aanskou. TV vermaak op sy beste

Ben ·

Wat M-Net se “openbare beeld die handelsmerk skade berokken” (Sien kommentaar op Facebook) in my opinie is die feit dat M-Net te inhalig ook is om ‘n “Pensioenarisafslag” aan te bied behalwe ‘n power poging waar jy jou huis moet verkoop en in ‘n tehuis moet gaan woon om ‘n titseltjie afslg te kry. Ek hou nie van Gareth nie, maar ek is verheug dat M-Net bloedneus gekry het. Wag net vir inhalige M-Net se prysverhoging, want hulle weier om te verloor. As mense net ‘n paar minute sal afstaan om M-Net toe te gooi met klagtes kan dit miskien vir hulle laat regop sit met hulle monopolie.

GES ·

‘n Mens is geneig om maklik kant te kies maar ek dink nie ek sal graag vir Cliffie as ‘n volksgenoot wil hê nie. Ek voel ook baie neutraal oor sy wel en weë. Hy het sy eie bedjie opgemaak.

chrisp ·

Dit is maar die verloop van ‘n “liberale brein”.
Ondersteun partye(ANC,DA,EFF) wat ten blankes spesifiek diskrimineer.Maar as dit my persoonlik begin raak dan kerm,kla ,gaan hof toe,gooi al my speelgoed uit die wiegie ens ek geweldig oor die onreg.

Ongelooflik dat daar so baie Cliffies onder ons is.

marike ·

Well done cliff. Hkm tydelik? Mnet is verkeerd…. Ai ai… Dis reg dat jy iets omtrent die situasie doen. En nie terugsit nie.

Adriaan ·

Hier kom groot sports. Die twee partye gaan mekaar verwoes…… wat ‘n klug….. miskien verdien hulle dit!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.