Hof sê oor Grace Mugabe-immuniteit

Grace Mugabe (Foto: ANA)

Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag beslis dat die diplomatieke immuniteit wat aan Grace Mugabe toegestaan is, ter syde gestel word.

Volgens Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het die hof beslis die toestaan van immuniteit aan Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, was ongrondwetlik en moet ter syde gestel word. “Die hof het ook gelas die minister [van internasionale betrekkinge en samewerking] moet AfriForum en Gabriella Engels se regkoste betaal.”

Regter Bashier Vally het in Mei argumente aangehoor in die aansoek om die hersiening en tersydestelling van die besluit van Maite Nkoana-Mashabane, destydse minister van internasionale verhoudings en samewerking, om diplomatieke immuniteit aan Mugabe te verleen.

Die Suid-Afrikaanse regering en spesifiek Nkoana-Mashabane het destyds op ’n baie omstrede wyse besluit om stil-stil diplomatieke immuniteit aan Mugabe te verleen en haar só die geleentheid gegee om uit Suid-Afrika na Zimbabwe terug te keer ten einde vervolging in Suid-Afrika vry te spring.

Weens die verlening van diplomatieke immuniteit kon die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie die klagtes teen Mugabe van aanranding met die doel om ernstig te beseer verder ondersoek nie en AfriForum het ’n hofaansoek van stapel gestuur om die omstrede verlening van diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel. Die DA het ook ’n soortgelyke aansoek gebring.

Gabriella Engels. Foto: ANA

Spies het vroeër gesê indien die verlening van diplomatieke immuniteit ter syde gestel word, dit die weg sal baan vir die instel van strafregtelike vervolgingstappe teen Mugabe. “Indien die NVG versuim om haar te vervolg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, staan AfriForum se privaatvervolgingseenheid en adv. Gerrie Nel gereed om haar privaat te vervolg,” het Spies gesê.

Mugabe het glo verlede jaar vir Engels, ʼn Johannesburgse model, met ʼn elektriese verlengingskoord aangeval en ernstig beseer.

Engels het Mugabe daarvan beskuldig dat sy haar aangerand het toe sy Mugabe se seun in ʼn kamer in ʼn luukse hotel in Johannesburg besoek het. Die vrou voer aan Mugabe se lyfwagte het gestaan en toekyk toe sy aangerand is.

Sy het verskeie foto’s op sosiale media gepubliseer van haar beweerde beserings. Nadat Engels ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak het, het Mugabe haar egter op diplomatieke immuniteit beroep en geweier om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nettie ·

Nee, alle maggies mense, hoekom moet ek (en jy, belastingbetaler) vir hof- en regskostes betaal wanneer sake soos dié met kostes van die hand gewys word of beslissings omgekeer word? Regter Maite Nkoane-Mashabane het dié verkeerde besluit van immuniteit verkeerdelik in haar posisie as regsplegende persoon geneem, daarom moet sy persoonlik verantwoordelik gehou word vir die regskostes hieraan verbonde.

Anoniem ·

Nettie. Maite Nkoane-Mashabane is nie ‘n regter nie. Was wel minister van internasionale verhoudings.

Lerato ·

Stem in beginsel met jou saam Nettie. Ons moet deurlopend vir skelm politici se regskoste betaal. Daarom kan hulle eindeloos appeleer en appeleer

Ellisras ·

Slaan vir Grace waar dit seer maak. Op die beursie. Vat sommer die hele beursie. Tem minste gaan sy nie haar voete in Suid-Afrika sit nie.
En mense. Afriforum kan die nie met ‘n leë beursie doen nie. Gee geld.

Nettie ·

@PietM – baie dankie vir die teregwysing; ek het nie geweet wie dié baie belangrike ….e… persoon was nie, maar ek sê nog steeds dit is onregverdig dat ons, ek en jy – Jan Alleman Belastingbetaler – moet betaal vir sulke regskoste, want op die ou einde is dit tog maar waar die onderskeie departemente en ministerieë hul geld vandaan kry.

riaan ·

Wat help dit?????

Dink hulle regtig disGrace sal terug kom om haar dag in die hof te face??? Ek glo nie.

As hulle nie eers die guptas kan terug kry nie hoe gaan hulle disgrace laat boet?

Mors net ons belastingbetalers se geld!

Jello ·

Hulle kan darem hulle bates in SA vat as sy nie opdaag nie. As daar ‘n siviele eis is teen haar en sy daag nie op nie en die hof beslis in Engels se guns is dit koebaai met haar eiendom/me in SA.

Koos1 ·

En dis bevesting wat ons lank al weet. Nou moet ek weer betaal met my belasting vir ‘n onbevoegde besluit.

Andre ·

Hier dag ek Maite Nkoane-Mashabane was ‘n gewese ANC minister in ‘n skelm korrupte Derde Wêreld, maar nou sê Nettie sy is toe al die tyd ‘n “undercover” regter:-)

Nettie ·

@Andre, ek het maar net aangeneem dat sy ‘n regter moet wees aangesien daar regspleging plaasgevind het. In elk geval, in hierdie “derde wêreld land” wat SA genoem word, “chop ‘n change” hulle só posisies dat mens omtrent Alfred Einstein moet wees om te kan kophou.

Tina ·

Grace sal nou maar met haar Gucci’s in die hand deur die rivier moet kom…

jaco ·

En nou is die BEE, regstellende aksie, plaasaanvalle, plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding natuurlik alles iets van die verlede.
Veels geluk Afriforum dat julle die saak gewen het, maar regtig, daars ander goed wat UITERS DRINGENDE aandag van julle kant af benodig.

Jansen ·

Selfbeskikking moet nou eerste op die prioriteitslys kom want dit sal al die ander probleme oplos.

Daan ·

Sy is sommer nou ‘n Persona non grata.Ons is baie beter af sonder haar teenwoordigheid,dankie tog!Haar seuns is volgende…

Theresa ·

Sy gaan seker op een of ander manier vir haar seuns kom kuier? Slaan Interpol toe op so ‘n wetverbreker?

Speedguard ·

Nee Theresa, sy was nooit aangekla nie , so hulle kan haar nie arresteer as sy die land se grense inkom nie , die skuldiges op die stadium is die staat omrede hulle haar ongrondwetlik beskerm het, sy of Gerrie kan nou die staat vervolg vir opstruksie en skade vergoeding wat weer die belastingbetaler benadeel! Hulle moet in hul persoonlie hoedanighede gedagvaar word vir skade vergoeding ens.

Peet J ·

Laat AfriForum, geleerde inteligente mense, hulle nou met sulke onbenullighede ophou slaan my dronk.

Koos ·

Net so. Kom ek sê jou hoekom, dis “easy pickings” vir AfriForum se prokureurs want hulle soek die sake uit wat maklik gewen kan word en waarin hulle ‘n groot deel van hulle regskoste by die staat kan verhaal.

Eish ·

Van kwaad tot erger.
Die regering het nie n koeken clue hoe om te regeer binne die wette wat hulself gemaak het nie!
“… die toestaan van immuniteit aan Mugabe was ongrondwetlik en moet ter syde gestel word…”

Tokkolos ·

Nes ek vir dame van afriforum laasweek op foon gesê het as afriforum hulself bewys sal ek weer MY lidmaadskap her oorweeg Regtig afriforum hierdie “as” is verbrande hout As jy die dag besluit om my broer of BOER te help dan kan jy my weer bel Oscar het arme Gerrie Nel so uitgeput hy vat nounet sake vir die toekoms En ek is dalk nie daar in die toekoms nie Tata baai afriforum

Ben ·

Welgedaan Afriforum. Nie net het die minister die land se reels verontagsaam nie, sy het ook haar eie mense veraai. Wat ‘n skande! Sulke ministers hoort nie in ons regering nie. Elke een van die Guptas, Zuptas en kriminele wat vas gevat word is ‘n wen vir ons as samelewing. n Stap in die regte rigting. Die treine wat gebrand word in Kaapstad is ‘n stap in die verkeerde rigting!!!!!!! Hier is te veel kriminele in Suid Afrika. Mense en leiers met Swak Morele waardes, wat oningeligte mense gebruik, om kriminele dade uit te voer. Jaloerse mense wat net wil afbreek in plaas van opbou. Wat jy saai gaan jy maai.

Theresa ·

Ja, jaloesie, nyd en gulsigheid speel ‘n groot rol in die swak beheer oor misdaad en kriminele in hierdie land. Dis “ek wil!! ek wil!!” maar niemand kan nie…

Disgrace ·

Slogan vir EFF om haar te pes: “Grace, come and face the disgrace!!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.