Hof sê oor grondonteiening-aansoek

Die Wes-Kaapse hooggeregshof.

AfriForum se dringende aansoek om die parlement te keer om die Grondwet-hersieningskomitee se verslag te debatteer, is van die hand gewys.

Die uitspraak beteken die parlementêre debat oor die onderwerp kan Dinsdag voortgaan maar dat die kwessies waaroor meningsverskil ontstaan – spesifiek die tel van die sienings vir en teen die verandering van die Grondwet en die uitkontraktering van interpreterende werk deur die komitee aan ‘n diensverskaffer – nog bespreek sal moet word kragtens ‘n tydraamwerk wat deur die twee regspanne opgestel sal word.

Wat baie duidelik is, is dat die debat oor die onderwerp Dinsdag in die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies sal voortgaan. Wat baie onduidelik is, is hoe die parlement ‘n geldige stemmery sal kan hou oor ‘n proses waarvan die geldigheid nog nie finaal vasgestel is nie.

AfriForum het dié aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gebring om te keer dat die parlement se Grondwet-hersieningskomitee se verslag, om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, deurgestoomroller en deur die parlement goedgekeur word.

AfriForum se regspan wou keer dat die verslag, wat volgens die burgerregte-organisasie vol gebreke en ongeldig is, volgende week in die parlement gedebatteer word.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het vroeër gesê die doel van die aansoek was om die proses te keer totdat die howe uitspraak oor dié belangrike kwessie gegee het.

AfriForum was van mening dat die parlement nie ’n wesenlike besluit kan neem wat die toekoms van die land en die Grondwet gaan raak aan die hand van ’n komiteeverslag wat “absoluut gebrekkig is nie”. Die burgerregte-organisasie meen die komiteeverslag is ongeldig omdat duisende geskrewe voorleggings wat gemaak is nie oorweeg is nie.

Die komitee het op 15 November in sy finale verslag aanbeveel dat art. 25 van die Grondwet gewysig moet word om die onteiening van grond sonder vergoeding duidelik in die Grondwet uit te stippel. Die verslag sal na verwagting volgende week verder gedebatteer word voordat dit na ’n verdere komitee verwys word wat wetgewing sal moet opstel oor die wyse waarop die Grondwet gewysig moet word al dan nie.

Die parlement het AfriForum se aansoek teengestaan aangesien dit volgens hulle voortydig is, ʼn onwettige beteueling van die demokratiese wil is, en ʼn aanslag op grondhervorming verteenwoordig.

Argumente in die saak is Donderdag aangehoor. Aan die een kant het adv. Etienne Labuschagne, vir AfriForum, aangevoer dat ongeveer 176 000 voorleggings teen die voorstel ingedien is. Sodoende is mense hul grondwetlike reg op betekenisvolle deelname aan die demokrasie ontsê. Die proses is dus onregmatig.

Die voorleggings was gelykduidend in inhoud en is as herhalings deur die parlement hanteer. Baie daarvan is mense wat ʼn verklaring wat deur AfriForum versprei is, onderteken het.

Labuschagne het ook aangevoer dat die parlement sy plig versaak het deur sommige van sy verantwoordelikhede uit te kontrakteer aan ʼn diensverskaffer, en dat prosedurele foute gemaak is. ʼn Korrekte besluit kan gevolglik nie op ʼn foutiewe aanname gemaak word nie.

Namens die parlement het adv. Tembeka Ngcukaitobi aangevoer dat die proses nie in hierdie stadium stopgesit kan word op AfriForum se gronde nie.

Hy het aangevoer dat die aansoek aan die een kant voortydig en aan die ander kant te laat is. Volgens Ngcukaitobi is die aansoek voortydig omdat die besluit of die Grondwet verander moet word, nog nie geneem is nie.

Hy het voorts aangevoer dat AfriForum nog baie geleenthede sal kry om insette in die proses te lewer omdat die inhoud van enige grondwetlike verandering ʼn afsonderlike proses is.

Ngcukaitobi het betoog dat gelykduidende voorleggings as ʼn enkele voorlegging hanteer word omdat dit nie ʼn referendum is nie, maar ʼn voorlegging van idees en standpunte. Hy het ook aangevoer dat AfriForum se regsoptrede ʼn aanslag teen grondhervorming is – ʼn bewering wat deur AfriForum betwis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

legens ·

Laat dit aan die parlement oor om te besin oor hoe die wetgewing in hierdie land verander en toegepas word. Waar kom `n buite party daaraan om die werksaamhede van `n demokraties gekose liggaam te keer om sy demokratiese pligte na te kom ? Dit is nie eers `n politieke party wat verteenwoordig word in die parlement nie . Sies man , die arrogansie .

Boer ·

As jy wil bly lê dat hulle oor ons loop, maak dan sò, maar ons dink nie almal soos jy nie
Dankie AfriForum dat jy bereid is om op te staan vir ons Boerevolk al is die “odds” teen ons.

Tiaan ·

Die ’buite party’ praat ook namens die mense (lede) en word nie verteenwoordig in die parlement nie, dit is juis waarom die hof genader word om kwessies aan te spreek wat soms deur die parlement afgeskeep word. Gee tog die geleentheid dat alle Suid Afrikaners se stem gehoor kan word selfs al is dit wettige onkonventionele metodes wat gebruik word, aangesien dit nie ‘n ligtelike saak is nie.

legens ·

Parlementslede verteenwoordig die burgers van die land en neem besluite namens hulle . Hulle is volksverteenwoordigers . As mense (lede) nie wil deel neem aan die parlementere proses of nie verteenwoordig word nie , is dit tog hulle keuse en probleem en kan die res van ons wat die toekoms wil tegemoed kom en wat wel aan die demokratiese proses deelneem , nie deur die klein groepie gyselaar gehou word nie .

anti-liberaal ·

Wat bedoel jy “demokraties gekose liggaam”? Dis ‘n terroriste-organisasie. En NIEMAND het vir die huidige “president” gestem nie.

Johannes ·

anti-liberaal, presies! Ons was oorgelewer aan ‘n terroris organisasie deur liberales. Ons moes NOOIT eers met die anc onderhandel het nie.

Johannes ·

anti-liberaal, stem 100% saam, maar MM weier om my kommemtaar te plaas. Seker te “anti-liberaal”?

jaco ·

is daar dan ‘n uitspraak ten gunste van Afriforum verwag? hierdie regters weet wie betaal hulle salarisse. in Zimbabwe het wit boere ook allerhande hofsake oor onteiening sonder vergoeding gewen, totdat Mugabe eenvoudig daardie nogal swart regters afgedank het en vervang het met regters wat altyd uitsprake in lyn met regeringsbeleid gelewer het.

Andre ·

Die uitspraak was voor die tyd gereël. Die Howe word beheer en is geinfiltreer deur die ANC en die ANC moet een voor die EFF wees om kiesers se stem te trek in volgende jaar om in beheer te bly en om vervolgings vir korrupsie te vertraag tot in ewigheid. Leer by die ANC van destyds, gaan internasionaal na die Eerste Wêreld vir hulp.

SP ·

Ek stem saam, Andre. Die verdrukte word nou die verdrukker. Nog al die jare het ek gedink dat die huidige regeerende party, wat as ‘n bevrydingsorgnisasie was, eendag kan verander in ‘n domineerende verdrukkings organisaie. Juis waar van die internasionale gemeenskap nie van sal hou nie. Hierdie is ons laaste hoop. Ongelukkig kort ons nog baie skietgoed, voordat hulle sal kennis neem. Mandela het die standaard baie hoog gestel en juis hierom is dit baie moeilik volhoubaar vir die toekoms. ‘n Ander hoop is “social media”. Dalk is hier ‘n geleentheid vir Maroela Media om in Engels die boodskap uit te stuur nie na die wereld, dalk moet julle ‘n Engelse nuus werf begin, sodat Fox se Tucker dit ook kan lees….

Sp ·

Dalk is dit voortydig – kom ons sien Dinsdag. Dit is blykbaar nog ñ lang uitgerekte proses om die wet deur te voer. Daar sal moontlik hofsake ontstaan met die aframmeling vd proses.
Nietemin moet SA waaksaam bly.

Wonderlike Afrika ·

Het iemand dan anders verwag van die hool met sy Marxistiese agenda en Afrika geregtigheid ? Wag maar, die ergste kom nog.

Al ·

Moet nie so ñ doemprofeet wees nie.
Die Here het die laaste sê en my geloof en vertroue is ten volle op Hom.
Ek is nie naïef nie, maar ek vrees lankal nie meer eksterne omstandighede nie.
Want ek verstaan hoe die Here werk.
Die Here bly in beheer al lyk dit of ons in ñ storm vasgevang is.

Jip ·

Ja, hulle wil he die land moet in oorlog gedompel word, en hulle besef nie die erns daarvan nie.

cj ·

Afriforum…julle doen goeie werk, maar ek dink julle moet leer om julle “fights” te kies.

Staak saam ·

Die geld wat so gemors word in die howe kon eerder gebruik geword het om die boere te mobilieseer teen grondhervorming sonder vergoeding, maar soos Afri-Forum se, hulle is nie teen grondhervorming nie.
Dit is darem baie moeilik as jy pap nat gespoeg is maar steed spoeg jy in die wind in.

Johannes ·

Staak saam, ek voel ook soms bitter gefrustreerd dat ons steeds tyd in howe mors en nie daadwerklik begin om ons Volk bymekaar te roep, te organiseer, reaksieplanne op die tafel kry, voor te berei en te mobiliseer nie.

Maar miskien moet ons die groter prentjie sien – doen eers al die “skoon” werk om die ergste te probeer verhoed. As dit alles gefaal het, gaan ons oor na die “vuil” werk. Dan het ons nie meer ‘n keuse nie… MAAR dan kan die res van die wêreld ons ook nie verkwalik vir wat dan gaan gebeur nie.

Staak saam ·

Al, in 94 het julle ook vir ons gese ons is doom profete en hier is ons vandag presies soos daat gese is.
Die vraag is nie of God in beheer is nie want Hy is, die vraag is, wat doen jy om dit wat die satanise liberaliste oor ons gebring het reg te maak, of glo jy regtig as jy gebid het dat die misleiding van die liberaliste net so reg gestel sal word. Jy sal jou moue moet oprol en jou hande vuil maak. Jy het op hierdie stadium n keuse van drie, maak reg, berei voor of verkas.

Agie ·

Mede burgers, mag ons hierdie ‘woorde-stryd’ verander in ‘gebed-stryd’.
Net GOD kan doen wat geen mens kan doen nie.
“Die gebed van ‘n gelowige het kragtige uitwerking”
Bid vir mekaar dat ons eensgesind in die stryd teen die bose magte staan.

Helizna ·

Spoeg teen die wind en poep teen die donderweer. Ons tyd hier in SA loop uit en ons nie meer welkom nie. God wys ons mos nou ons gaan alles verloor as ons hier aanbly. Gaan dit help ons skop teen die feit dat ons teenwoordigheid in Afrika nog nooit wenslik was nie?

Koos ·

Wil julle nie deel nie en hierdie ding maak werk hou op so selfsugtig wees.Dit is julle wat die mense se grond in die eerste plek afgevat het.Tyd vir rekenskap is NOU!

JG ·

@ Koos, watter deel van die prent verstaan jy nie ? “Hulle” wil nie deel nie…”hulle” vervloek alles wat wit is. Dit sluit jou in (as jy wit is).

Johannes ·

Ag hel, los eerder. Nog steeds blankes wat in fw en mandela se reënboog nasie glo…

Jerry ·

JG, jy is reg, maar so is Koos ook reg. Deel ons, is ons in die moeilikheid, deel ons nie, is ons in groter moeilikheid, dit is maar net die diepte wat so n bietjie verskil. Beide sienings gaan ons lei tot by die onvermydelike, die een se impak gaan net n bietjie erger wees as die ander een. Die enigste lewensvatbare langtermyn oplossing is vir Afrikaner organisasies om hulle lede te hervestig in lande waar die Afrikaner kan leef en laat leef en herleef totdat die Afrikaner nageslagte, as hulle wil, weer kan terugkeer nadat die een hond die ander hond klaar geeet het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.