Hof sê oor Guptas se straler

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag in die guns van Export Development Canada (EDC) beslis en beveel dat die straler wat die Guptas huur se vlerke geknip moet word.

Die hof het Maandag beslis dat die Bombardier 6000-straler oorhandig moet word en by die Lanseria-lughawe noord van Johannesburg geberg moet word. Dit is nie tans bekend waar dié straler is nie.

Adv. Alfred Cockerell het die hof vroeër versoek om EDC se reg om die huurkoopooreenkoms te kanselleer af te dwing, die vliegtuig te laat opspoor en op ʼn veilige plek te berg waar dit nie gebruik kan word in die pleeg van ʼn misdaad nie.

Cockerell, namens EDC, het aan die hof gesê die Guptas het die opsporingstelsel op hul gehuurde vliegtuig afgeskakel nadat ʼn Kanadese bank hul huurkoopkontrak weens betalingsverstek beëindig het. Hy het gesê sy kliënte is genoodsaak om die howe in Suid-Afrika vir dringende ingryping te versoek weens die ontvouende gebeure rondom die Guptas.

Die Guptas skuld glo nog $27 miljoen op die straler. Dié omstrede gesin mag ingevolge ʼn interdik nou nie meer die straler gebruik nie.

EDC het ook aangevoer dat Oakbay, die maatskappy wat die Guptas gebruik het om die vliegtuig op huurkoop aan te skaf, van sy bates ontslae geraak het, wat ʼn direkte verbreking van die huurkoopooreenkoms is.

“Elke dag wat die Guptas die vliegtuig onregmatig gebruik, is dit ʼn risiko,” het Cockerell gesê. Hy het gesê ondanks die waardevermindering is daar ook die risiko dat die vliegtuig beskadig kan word of vir onwettige aktiwiteite gebruik kan word.

Bombardier het die luukse straler van $52 miljoen, wat as ZS-OAK geregistreer is, aan die Guptas verkoop en EDC het dit gedeeltelik vir sowat $41 miljoen gefinansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

En dit is nou die een waarin Cyril Ramaphosa ook in 2015 toe hy nog adjunk was gereis het.

SjN ·

Fly now, pay later, it change for Guptas to Never ever fly again, pay now.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.