Hof sê oor Hlaudi Motsoeneng

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het bevind dat Hlaudi Motsoeneng, die hoof van korporatiewe sake by die SAUK, afgedank moet word.

EWN berig regter Owen Rogers het bevind dat Motsoeneng geen pos by die openbare uitsaaier moet beklee nie.

Motsoeneng was vroeër as die bedryfshoof van die SAUK aangestel. Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het in 2014 bevind dat Motsoeneng in hierdie tyd oneerlik was en ʼn wanvoorstelling van sy matriekkwalifikasies gegee het, onregmatig sy eie salaris verhoog het, onregmatig senior personeellede by die SAUK afgedank het en sy magte misbruik het. Die regstellende stappe wat sy in haar verslag aanbeveel het, was dat die SAUK ʼn dissiplinêre verhoor teen Motsoeneng hou.

Motsoeneng is in September vanjaar oorgeplaas van sy pos as bedryfshoof na hoof van korporatiewe sake by die uitsaaier nadat die appèlhof ʼn hooggeregshofbevinding bevestig het dat sy aanstelling as bedryfshoof “irrasioneel” was en tersyde gestel moet word. Hy het ʼn vyfjaarkontrak gekry in sy aanstelling as hoof van korporatiewe sake.

Die DA het egter hierdie aanstelling beskryf as “ʼn nuwe kontrak met dieselfde salaris” en gesê dit is irrasioneel dat Motsoeneng weereens in so ʼn senior pos aangestel is ten spyte van die OB se bevindinge. Die DA het die hof versoek om ook hierdie aanstelling van Motsoeneng tersyde te stel.

Intussen het die ad hoc-komitee wat aangestel is om die bevoegdheid van die SAUK-raad te ondersoek, verlede week by voormalige personeel van die openbare uitsaaier gehoor hoe Motsoeneng glo sommige raadslede se “gunsteling” was en hoe sy aanstelling as bedryfshoof, met behulp van kommunikasieminister Faith Muthambi, ondanks baie teenstand “deurgedruk” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Julie ·

Dank hom dan af en kry klaar, hoekom alles so uitrek? Dit gee hom nog ‘n salaris en langer tyd om te lobby vir support en mense op te steek en te beinvloed .. RAAK ONTSLAE VAN HOM!!!

Ouvrou ·

Nou het ek nie meer ‘n kersgeskenk nodig nie. Maar pasop, hierdie verkleurmannetjie is nou verseker op pad na ‘n politieke loopbaan.

Lions ·

Ek dink nie dit pla hom nie want ek wil amper met sekerheid sê hy gaan ‘n golden handshake ook nog kry. Dit is mos standaard prosesure.

CAV ·

Gaan seker nou eers wèèr appeleer – en wie gaan dan vir dit betaal

Ietje ·

Net om na hom te kyk gee my koue rillings! Daai oë! Hy moes lankal die trekpas gekry het.

zoom zoom ·

Hlaudi gaan nerens nie. Geen hof kan hom afdank want hy word beskerm deur no 1 en deur faith sy godmother. As hy moet gaan gaan hy sy ponde in miljoene eies wat uit ons sakke kom

Jan ·

Zuma, steek nou ook sommer jou maaitjie minister Faith Muthambi in die pad. Daar is mos nou niks wat jou meer keer nie, of moet sy nog vir jou ‘n takie of twee verrig?

FM ·

Nee wat, no 1en faith is hlaudi se groot maatjies. Hlaudi moet nou sommer n job by malema gaan soek, want, lyk dit vir my, hulle kan nog al goed oor die weg kom en white capialism breedvoerig saam haat. Hulle is voëls van eenderse vere. Mr hlaudi gaan of n goue handdruk kry of zuma gaan hom n hoë pos aanbied. Ons is nog glad nie ontslae van die man nie. Of hy gaan alles nou uitrek op ons belastingbetalers se onkoste deur te appelleer. Mark my words. No 1 het hom goed geleer.

Janneman ·

Nou sal ons sien of rooi oog net soveel lewens het soos stortkop 783.

Lucas ·

As jy weer hoor het sy groot tjom hom ‘n minister gemaak want hy het nie ‘n kwalifikasie nodig daarvoor nie!!

FM ·

# Hlaudi vir min. van Finansies.!!!!!!Net 6 maande en dan het hy die land se ekonomie reggeruk !!!!!?Gee die man n kans mense !!!!!!!? Hy is n ou bulperd !!!? Dan kan al die musikante wat hom so ophemel oor plaaslike inhoud weer voor sabc hoofkwartiere plakkate swaai met” hands off hlaudi” Hluadi is n marionet van sommige anc lede.

Ella ·

‘n Mens weet nie of jy moet lag of huil nie. Dis ‘n absolute wonderwerk dat ons nie LANKAL rommelstatus bereik het nie.

al ·

Hy het baie koue oe. Die bedrading werk nie aldag lekker nie. Ek glo hy sal nou die boodskap kry en verstaan. In die wereld van politiek wanneer jou beeld te veel skade opdoen en n Hlaudi n verleentheid is vir jou, sal hy soos n bokkom hang in die wind en weer en vergete raak. Kyk hoeveel mense se koppe het al gewaai en sondebok gemaak.

Lucas ·

Hulle is net baaiiieee dikvellig en beskou hulleself as onaantasbaar want hulle rolmodel is die President self

Meisie ·

Hy moet sommer hofsake betaal en al die salarise met sy onwettige matriek sertifikaat ook terug betaal.

Gerhard ·

Al wat ek vir jou wil se is dis koud daar buite. Sluk jou eie kommentaar.

Andre K ·

Die ANC is meesters met “fancy” voetwerk. Hy sal seker nog daar wees EN salaris ontvang vir die volgende drie jaar.

Rina ·

Wat ek NIE kan verstaan! Hoe kry jy dit reg om met soveel selfvertroue en so min kwalifikasies jouself te laat geld tussen hoogs gegradueerde joernaliste? Hoe doen ek aansoek vir iets waarvan ek niks weet nie en hoe verdien ek respek???? Nee die man gee my ook koue rillings!

Boela ·

Die Es-Y-Bie-Sie: nog ‘n voormalige trotse instelling – deur die Afrikaner opgerig – wat deur die ANC en sy meelopers vernietig is.

Henry ·

Gerugte doen die rondte dat Motsoeneng op SARU se kortlys is as agterlynafrigter.
Daar word geglo dat hy gêps kan vat waar daar voorheen geen gapings was nie.

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe………..laat daar ‘n glasie klink, want ‘n Kersgeskenk word vroeg uitgedeel. Slaap wakker Mnr Hlaudi gan verseker ‘n “Golden Handshake” kry en Kameraad Motsoeneng gaan ‘n goeie Ministers pos bekom van die groot Boeta (No 1), dalk Minister van Landbou sodat daar par ruggies gekrap word. Sy aanstelling was “irrasioneel” noe wat van al die mense wat hy so links en regs afbetaal het as hy nie by magte is om so iets te kon doen nie met hierdie valse aanstelling. Siviele eise teen hom, die SAUK Raad en regering sal van pas wees. Maak hul goudpotjie bietjie leeg en stop die soustrein.

magiel ·

en al die geld en verhogings wat hy homself betaal het.
Hoop die DA maak jag op sy miljoene wat hy gesteel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.