Hof sê oor Hlaudi se appèlaansoek

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, die voormalige bedryfshoof van die SAUK, se verlof om appèl aan te teken teen ʼn hofuitspraak van 8 September, waarin daar bevind is dat hy en Simon Tebele, die voormalige waarnemende hoof van nuus by die SAUK, aanspreeklik is vir die regskoste van die sogenaamde SAUK-8, is Dinsdag met koste van die hand gewys.

Maroela Media het vroeër berig die arbeidshof in Johannesburg het op 8 September beslis dat Motsoeneng en Tebele aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8 verlede jaar. Die uitspraak het beteken dat Motsoeneng, Tebele en die openbare uitsaaier elk ʼn gedeelte van die regskoste moet betaal.

Die kostebevelaansoek het gevolg nadat die SAUK-8 suksesvol was in hul hofaansoek om hul afdanking deur die openbare uitsaaier teen te staan. Die agt mense is afgedank nadat hulle Motsoeneng se opdrag teëgegaan het dat geen gewelddadige betogings op die uitsaaier se platforms uitgesaai mag word nie.

Motsoeneng het in September appèl aangeteken teen dié uitspraak.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, was dié poging van Motsoeneng en Tebele bloot net nóg ʼn mislukte poging om die onafwendbare uit te stel.

“Solidariteit het dit al telkemale gestel dat hy nie sal rus voor Motsoeneng en Tebele, soos deur die hof beveel, die koste in hul persoonlike hoedanigheid terugbetaal nie,” het Van der Bijl gesê.

“Hlaudi dryf homself nou in ʼn hoek in ʼn poging om die gereg te omseil,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Kyk, boet. Betaal net. Dis mos lekker om op ander se geld onkostes aan te gaan. Betaal en kry klaar.

Harry ·

Hierdie uitspraak is ‘n groot oorwinning vir geregtigheid want nou moet die oortreders uit hul sakke betaal, eerder as dat die SABC alles betaal. Die SABC het al voorheen reddingsboeie van die regering, en dus uit ons belasting geld, ontvang. In kort betaal nie die belasting betaler nie, maar die oortreders vir hulle eie droogmaak.

Ouma ·

Mooiso!! Betaal net en klaar!! Jy het daardie plek soos water deur jou vingers vermors!! Tot eenitjie glad oorlede is van stress!

Johann ·

Howk? Nou wat hy het gobeer? Lekker ou Rooi Oog…so val jy hopelik saam n klomp ander handpoppe voor die trein wat jou pêl Zuma nie kan keer nie.

Willie ·

Mens kan sien hy en hulle het oor sy kwalifikasies gelieg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.