Hof sê oor interdik teen BLF

Andile Mngxitama. Foto: ANA

Uitspraak is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer in Sanef se dringende aansoek om ʼn interdik te bekom teen Andile Mngxitama en sy organisasie Black First Land First (BLF).

Regter Corrie van der Westhuizen het die interdik aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) toegestaan waarvolgens Mngxitama en die BLF verhoed word om joernaliste te intimideer, te dreig of aan te rand.

Van der Westhuizen het Donderdag beslis hy is tevrede met die aansoek en dat die saak met dringendheid aangehoor moet word.

Mngxitama het Donderdag al buite die Johannesburgse hooggeregshof laat hoor hulle vertrou nie ʼn wit regter nie. “Hy kom net soos alle wit mense uit ʼn raamwerk wat glo dat sy witheid eerste moet kom. Ons vertrou nie enige wit mens nie.”

Mngxitama het ook uitgevaar teen verskeie mediahuise, insluitend Naspers, en Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, ʼn “house negro” genoem.

Brandon Shabangu vir BLF. Foto: Lindi Masinga/ANA.

Die aansoek is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg gebring en het gevolg nadat die BLF ʼn verklaring uitgereik het waarin hulle joernaliste by die naam noem wat hulle “voortaan sal teiken in hul protesaksies teen wit media”.

Dit kom ook nadat Tim Cohen, redakteur van Business Day, aangerand is tydens ʼn optog deur BLF-lede buite die huis van Peter Bruce, toesighoudende redakteur van Tiso Blackstar.

Die BLF het in Vrydag se verklaring die name van ander joernaliste genoem wat glo volgende op hul teikenlys is. Die sluit in EWN se Stephen Grootes en Barry Bateman, amaBhungane se Sam Sole en News24-rubriekskrywer Max du Preez.

Sanef het die hof gevra vir ʼn interdik teen Mngxitama en die BLF om hulle te verhoed om joernaliste te teiken, intimideer, dreig of aan te rand. Die aansoekers vir Sanef was: Cohen; Bruce; Sole; Adriaan Basson, redakteur van News24; Grootes; Du Preez; Bateman; Karima Brown, verslaggewer en politieke ontleder; Eusebius McKaiser, politieke kommentator en geselsprogram-aanbieder; Ferial Haffajee, toesighoudende redakteur van Huffington Post en Katy Katopodis, hoofredakteur van die Primedia Group.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

N Lourens Reitz ·

Ek verstaan die aansoek wat gebring is voor die hof asook dan nou toegestaan maar ek verstaan nie hkm Max en Adriaan nou ontnugter is en ek voeg ook Tim hierby elke Saterdag oggend met ontbytsake???

marous ·

Maak vir my ook glad nie sin nie. Hoe kan jy teen jou eie geledere wil teenstand bied?

barend ·

dit is maklik gaan bank toe maak n leening en koop die grond ,dit is n vrye mark of verstaan ek dit nie reg nie ?as ek n person dreig dan soek ek mos vir moeilikheid

Jakalas ·

Wat my verstant te bowe gaan is dat hulle moet ‘n interduk kry teen aanranding en intimidasie. Is dit nie alklaar onwettig om dit te doen nie? Of moet iemand die hof betree teen sulke snert.

Hannes ·

Se weer soos vanoggend. N verwarde siel wat deur Zuma en kie betaal word om aandag van huĺle af te vat. Hy is irrelivant

Andile ·

Ek verstaan nie hoekom n interdik nodig is om te keer dat mense jou dreig, aanraand en lastig van by jou huis nie. Is die aksies nie reeds teen die wet nie, so wat is dan die funksie van die interdik?

isak ·

wat beskerm jou as jy met n stuk papier in die hande staan dis nie bestand teen geweld nie. dit is net papier met woorde op. sekerlik is daar ander opsies.

Piet Pomies ·

Enige hof beslissing of uitspraak is ‘n mylpaal omdat dit toekomstige oortreders wys wat met hulle gaan gebeur indien die wet oortree word en dan ook as ‘n verwysing vir toekomstige hof beslissings.
Dit is ook hoekom Afriforum en DA hulle besware hof toe vat, hoe maak jy ‘n tenk vol water, drupel vir druppel

Magda ·

Zuma en kie kan maar probeer om die aandag af te trek – DIT WERK NIE JULLE – BLF Gaan terug skool toe asb, want duidelik word jy soos n toutjie gerek en getrek – en jy weet dit nie eers nie – HA ha ha

jaco ·

Die ANC sê saam met die BLF dat wit boere die grond gesteel het en die ANC-regering pas regstellende aksie op groot skaal teen wit mense toe. Maar tog staan n wit regter wat vir die ANC-regering werk, ‘n interdik teen die BLF toe. Iets is nie pluis nie. Iets maak nie sin nie. Die regter behoort ook te weet dat sulke hofuitsprake hom sy werk kan kos.

Eish ·

Die regter werk vir die regbank, nie vir die ANC nie, wat onafhanlik van die staat funksioneer alhoewel belastinggeld die regter se salaris betaal. Die regter interpreteer die wet volgens gegewe riglyne en kom tot n besluit nav getuienis en bewyse gelewer. Wat op aarde maak nie sin nie? Daar is niks fout met die hofuitspraak nie. Wie gaan hom afdank wanneer Hy sy werk op bekwame en bevoegde wyse verrig?

Melanie ·

Op een van die videos buite die hof word daar duidelik gepraat van “one settler,one bullet,dit is aanhitsing tot moord op die setlaars,ons weet na wie hy verwys het,wat gaan omtrent dit gedoen word?

Johan. H. ·

Duidelik wil die lot”wanttobees something” wees,,In die land is domgheid vollop, Ai

Jan ·

En die media staan agter die deur. Deur hul teenwoordigheid, als op te neem, als wat die BLF aanvang en kwytraak, angstig, gee hulle hierdie ou ‘n platform van 100 verdiepings hoog. Plaas dat hulle wegbly en die ou ignoreer. Ek sien mos hoe kyk hy of die kameras op hom is.

Maar dis mos nuus. 20 BLF mense oorheers die land se nuus en koerante vir weke. Kan jy dit glo.

Cas ·

Snaaks dat self die regter wat as ‘n rassis na sy uitspraak uitgeskel is nie hof toe gaan om hulle te dwing om hulle uitlatings te bewys nie. Naamskending beteken eise wat ingestel kan word as die BLF nie kan bewys dat die regter ‘n rassis is nie. Dit al hoe hulle monde gesnoer sal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.