Hof sê oor kleuterskole

(Foto: Erika Fletcher/Unsplash)

Kleuterskole en dagsorgsentrums kan dadelik oopmaak mits hulle die nodige veiligheidsmaatreëls getref het. Só het regter Hans Fabricius Maandag in die hooggeregshof in Pretoria bevind. Die minister van maatskaplike ontwikkeling is ook beveel om albei partye se regskoste te betaal. Die regter het boonop die departement op die vingers getik omdat hy versuim het om antwoordstukke teen die hofaansoek in te dien.

Solidariteit se beroepsgilde vir maatskaplike werkers en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die hof genader omdat daar steeds geen vasgestelde datum vir die heropening van private kleuterskole en dagsorgsentrums is nie.

Die beroepsgilde en die SOS het aangevoer dat die kleuterskole en dagsorgsentrums ter sake ten volle toegerus en voorbereid is om kleuters te ontvang binne die veilige omgewing wat hulle daar gestel het en daarom sou daar geen verdere rede wees om kinders te verhoed om skool toe te gaan nie.

Melanie Buys, hoof van Ontwikkeling aan die SOS. Foto: Verskaf.

Fabricius het in sy uitspraak gesê die departement se versuim om antwoordstukke in te dien of te reageer op ʼn prokureursbrief wat die applikant op 3 Junie aan hom gestuur het, het dit vir hom moeilik gemaak om ʼn dringende uitspraak effektief te lewer. “In ʼn saak soos dié, wat miljoene kinders betrek, is dié optrede uiters onaanvaarbaar,” lui die uitspraak.

Fabricius het ook in sy uitspraak verwys na die belang van ontwikkeling van voorskoolse leerders se sosiale vaardighede en navorsing wat daarop dui dat jong kinders nie so maklik Covid-19 opdoen, nie so siek word daarvan of dit maklik oordra nie.

“Ons is verheug oor die uitspraak. Dit beteken verligting vir duisende ouers vir wie dit nou weer moontlik sal wees om hul kinders in die sorg van hulle bekwame onderwysers te laat vir stimulasie en leer wat hulle so broodnodig het,” sê Marisa Engelbrecht, sektorhoof van die Solidariteit se beroepsgilde vir maatskaplike werkers. “Wat nog meer gerusstellend is, is dat hierdie kinders nou weer in ʼn veilige omgewing kan wees en dat die kinders wat afhanklik van voedingskemas is, weer met vol magies kan leer en optimaal kan ontwikkel.”

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, het gesê hulle verwelkom die uitspraak aangesien kleuterskole se bestuur weet of skole gereed is om oop te maak en ten volle in staat is om self dié besluit te neem. Sy sê die SOS oorweeg ook verdere stappe om ʼn strukturele interdik te kry om kleuterskole weer onder die beheer van die departement van basiese onderwys te plaas.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jackie

Dis tragies dat die regstelsel voortdurend moet ingryp om die onbekwame ANC regering tot intelligente besluite moet dwing.

NetM

Dankie tog!

Duwweltjie

Gee daai regter ‘n Bells!

Jaco

voordat almal nou te bly word: die regter wat hierdie uitspraak gelewer het is ‘n wit afrikaanse man. So dis amper 100% seker dat die anti-wit ANC regering teen sy uitspraak sal appelleer. En die regter sal seker ook binnekort sy werk kwyt wees.

Scalla

Waarvoor is daar n regering as die howe vir hulle moet besluit?