Hof sê oor Krejcir se vierde borgtogaansoek

Radovan Krejcir tydens 'n vorige hofverskyning op 28 Februarie 2014 Foto: Werner Beukes/Sapa

Radovan Krejcir tydens ‘n vorige hofverskyning op 28 Februarie 2014 Foto: Werner Beukes/Sapa

Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer oor Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, se vierde aansoek om borgtog.

Volgens Phindi Louw, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Krejcir se aansoek deur die hof van die hand gewys.

Krejcir het ʼn dringende borgtogaansoek by die hof ingedien nadat die Palm Ridge-streekshof in Januarie sy borgtog geweier het. Hy het daarna wéér om borgtog aansoek gedoen wat op “nuwe feite” gegrond was, maar dié aansoek is in Februarie van die hand gewys. Palm Ridge-landdros Reginald Dama het Krejcir se eerste aansoek om borgtog op 13 Desember van die hand gewys.

Krejcir staan saam met Siboniso Miya, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng, George Jeff Nthoroane en Ian Jan Mofokeng tereg op aanklagte van ontvoering en poging tot moord. Hulle het glo in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand. Die man, slegs bekend as “Doctor”, sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel. Die mans word daarvan verdink dat die hulle die broer by Krejcir se Money Point-besigheid in Bedfordview in Johannesburg vir vier dae lank aangehou en hom aangerand het.

Luphondo, Maropeng, Nthoroane en Mofokeng is in Desember elkeen op borgtog van R5 000 vrygelaat. Miya is steeds in aanhouding.

Die ses verdagtes se verhoor begin op 5 Mei. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Jasper, daar is ook baie geld ter sprake hier, jy verstaan wat ek bedoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.