Hof sê oor Malema se grondgryp-aanhitsings

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

’n Interdik is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgryping aan te hits.

Die burgerregte-en-sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset.

Tarien Cooks, veiligheidskoördineerder van AfriForum, het gesê die burgerregte-organisasie het die EFF verlede jaar gelas om die aanhitsing van grondgryping te staak aangesien dit ’n strafregtelike oortreding is. Die EFF het op AfriForum se skrywe gereageer en gedreig dat hulle die grond gaan vat sonder enige vergoeding en dat die grond herverdeel gaan word.

“Dié uitlating is direk teenstrydig met die Grondwet asook internasionale reg. Dit is ’n skending van eienaars se regte en daarom het AfriForum tesame met AfriSake die hofinterdik bekom,” het Cooks gesê.

“AfriSake beskou privaat grondeienaarskap as een van die hoekstene van ’n florerende ekonomie wat op die vryemarkstelsel gegrond is. Enige bedreiging of ondermyning hiervan sal plaaslike en internasionale beleggers afskrik en tot die vloei van kapitaal uit die land lei,” waarsku Armand Greyling, regs- en beleidsontleder van AfriSake.

“Indien Malema of ’n lid van die EFF nie dié interdik nakom nie, sal hulle van minagting van die hof aangekla word,” het Cooks bygevoeg.

AfriForum beplan vandeesmaand ’n blitskonferensie oor wat ’n grondeienaar se regte is en wat hom te doen staan wanneer sy grond beset word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Kay ·

Ek kry net die gevoel EFF /Malema gaan hulle nie baie steur aan die bevel nie – sy mond is baie los en hy se baie goed wat almal warm onder die kraag het .. ek weet nie of hy nie dink wat hy se nie of net mense wil uitlok nie … … ons sal maar kyk wie gaan die ou keer want hy maak hom oop vir baie baie moeilikheid

Jap Snoet ·

Nee wat moenie te gou opgewonde raak nie. Hy en EFF sal hulle nie daaraan steur. Hy sal net aanhou uitlatings maak en net erger uitlatings. Sal uiters verbaas wees as enigiets gebeur na hy weer ‘n aantal dreigemente gemaak het. Hofuitsprake in SA het slegs betrekking op witmense

jaco ·

mark my words: die regter wat daardie interdik toegestaan het, gaan binnekort sy werk verloor…

Loeis ·

Dankie aan Afriforum en sy genote vir die interdik. Maroela Media, hou ons ASSEBLIEF op hoogte van wanneer, waar ens die konferensie oor grondeienaars se regte aangebied sal word. Dit sal ook help as julle ‘n opsomming daaroor hier kan publiseer.

Anoniem ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor onse Julias sy mond (weer) verbypraat. Wat is dan die volgende stap?

Chris J Viljoen ·

Obakeng Mothupi het haatspraak geuiter teenoor witmense met die dood van die motorfiets ryer se ongeluk in Ligtenburg. Ook het hy op FB gesê dat hy twee wit skoolkinders verdrink het in reenwater. Kan daar asseblief teen hierdie persoon geregtelike stappe geneem word. Op politieke massa byeenkomste word haatspraak deur politieke leiers oor klanktoerusting uit basiun vir die massa bywoners en hulle word nie vir haatspraak rasistiese uitlatings vervolg nie. Is swart mense dan gevrywaar van soortgelyke vervolgings? Waar kom die grondwet en regverdigheid dan tersprake? Al hierdie haatspraak uitlatings dra 100% by tot die moorde op die boere asook ander blanke suid afrikaners.

Theresa ·

Wat het van hierdie man se haatspraak geword? Kan Maroela vasstel en rapporteer?

botterblommetjie ·

Goed en wel…. klaar aangehits… ons sien alreeds die ruseltate… mag God ons red….

Jaco ·

Sy groot mond gaan nog sy ondergang wees…lose lips sink ships!! Wat is hul obsessie met grond????????? Bekwaam julself, skep werk, werk hard, help bou aan die ekonomie, koop dan daarmee vir jul n mooi huis….aijaijai, ek verstaan nie daai manier van dink nie….

AL ·

Hul obsessie met grond is eenvoudig: hulle dink alle boere is ryk. Verder dink hulle as jy grond het, hoef jy nie te werk nie. Die skape en beeste eet gras. Die gewasse kry reën. PUNT.
Hulle besef nie dis n wetenskaplike en intensiewe besigheid nie. Dat jy n Plan B en C moet hê as die droogte of die peste of die vloede kom nie.
Dat jy n plaas in n volhoubare besigheid moet omskep nie.
Ons weet immers wat met vorige grondeise gebeur het en soos die ANC premier geboer het.

Willie ·

Ek is in die eiendomsbesigheid. Kan net se dat as Julius en Jacob regtig behoorlik navorsing doen sal hul sien hoe baie anderskleuriges grond en eiendom koop. Vra maar die finansiele instansies vir statistiek. Hierdie mense is net so bekommerd oor die los en vas uitsprake want hul eiendom is ook gemerk vertel party my.

AL ·

Ek stem, optrede word NOU vereis voordat die land in die afgrond instort.Ons kan nie op ons louere rus nie.
Voorkoming is beter as genesing.

jaco ·

JC, Mugabe het die regters wat sy plaasbesettings en afvat van plase teegestaan het, ALMAL afgedank. Dis net ‘n kwessie van tyd, eintlik bitter min tyd, voordat dieselfde in SA gebeur. Dis bloot die Afrika-manier van dinge doen.

tom ·

Gaan niks help hy het klaar in die parlement gese wat hy gaan doen

Nel ·

Die man is soos ‘n hitte gedrewe missiel met Blankes as teiken!

marous ·

Dink julle regtig papier gaan hom keer? Hoop die aansoek was PRO BONO gedoen .

Secret ·

Oh oh oh o Julie. …..mark my words oh Julie…
Lalalalalaala oh oh o o Julie

.

JC ·

Jaco, gaan(EN MEER BELANGRIK; KAN) Zuma dieselfde doen in ons land, of is die beginsel van die oppergesag van die Reg nog te lewendig daarvoor? Na aanleiding van die burgerlik aktiewe samelewing in SA en die plethora van burgerregte(pro grondwet[regte]) organisasies waarvan Afriforum een is sal dit nie gebeur nie. Mens kan nie sommer veralgemeen wat betref die Zimbabwes, en SA, nie. Toestande verskil heeltemal; om net een wesenlike faktor te noem bv. stedelike versus landelike bevolking(65% stedelik). Daar moet ook in ag geneem word die relatiewe gemoderniseerde en ontwikkelde aard van SA. Daar is net te veel instellings wat sal veg vir die oppergesag van die reg(Grondwet).

Eddie ·

Baie dankie Afriforum as hy aanhou moet hy ook maar tronk toe gaan.

De Villiers ·

Goed, laat Malema die voorbeeld stel deur sy veldtog te loots op Nkandla. Dan die grondgebied in Natal wat wettig deur Piet Retief en sy manskappe onderteken en betaal is vir die blankes te gee (waarin baie van Malema se ondersteuners nou woon), en die grond te los wat wettig gekoop is, waarop hy nou aanspraak maak.

snoefie ·

is dit nie snaaks hoe zuma en sy teenstander, malema een groot ideaal ” GRONDGRYP SONDER VERGOEDING” in gemeen het nie?

Secret ·

Ai ai dalk vervolging nodig
Sommige leer baie moeilik en sommige leer glad nie
Oh my Julie oh oh

Johann ·

So Malema jy en jou trawante moet maar lig loop met julle lospratery anders sit die eff binnekort sonder leiers

Johanna Botha ·

Jammer maar ek voel nie die reg dra meer water in SA nie… al die uitsprake teen n sirkus en kyk hoe ignoreer almal die hof …maak die grondwet n GROOT grap !

Tanya ·

Dankie AfriForum vir julle pogings. Mens kan altyd op julle staatmaak. Hoop maar dat hy daarby gaan hou, as hy nie bang is vir die tronk nie, begesê.

LMF ·

As dit julius is met sy rug na die kamera en after all n argief foto dan is dit toe hy nog lekker dik was teenoor wat hy nou is en so tussen ons sy soort dieet mos nie soma nie so is 2+2 nie 8 nie nê

AndreK ·

As ou Julius se mond nie so groot was nie waaar sou die kraaie dan nes gemaak het ?

STAAN BY ·

praat klaar met jul vriende, op plase of ini dorp, as hul op 6 april gaan grondvat, dat ons klaar reg is om as ‘n groot groep as toeskkouers te gaan kyk hoe beset hul grond, ons gaan om te kyk of doen die wetstoepassers hul werk, ons hou ons cool, binne die wet op ‘n afstand, geen selfone, en ons moet mekaar daai dag kalmeer die doel is om net ons teenwoordigheid te wys, en kyk om jou daai dag wie is daar en wie nie, sodat daai ou dan nie bysgestaan word as hul sy grond wil beset nie. ALMAL VRA OP ELKE KOMENTAAR WAT GAAN ONS DOEN, NOU TOE KOM ONS STAAN SAAM, KRY VIR JUL ‘N LEIER WAT DIE DAG VOOR VAT, EN GEHOORSAAM HOM, nou toe dis die begin van iets doen, moenie by jou huis sit en bid alleen nie, bid, en kom staan by. ons kan nie net verwag gebed gaan genoeg wees nie, ons moet realisties ook wees. Magtig man, ons is ‘n klomp slapgatte , eks eerlik eks self versigtig en skrikerig, maar ons moet by staan. nou toe kom wie staan by.

FM ·

Baie dankie AFRIFORUM. Mense sluit asb aan by Afriforum. Hoe meer lede hoe sterker die beweging.Asseblief, hulle vermag baie!!!

oom niklaas ·

N man met n bruin pak klere gaan ons leier word maar nie nou al nie. Lees Siener en verstaan. Ons gaan eers alles verloor. Al hierdie gepraathelp niks. Die groot verandering gaan op sy tyd kom.

Andrea ·

Nooit! Nooit, nooit. Groot verraaier, nes Pik en De Klerk.

ANTI MALEMA ·

Ek dink nie die land sal ooit weer n wit leier he nie om eerlik te wees en dit is so hartseer eintlik.

anne ·

Hy speel so reg in Zuma se hand en daar gaan net mooi niks van kom nie. Malema is een van die untouchables, Hy stook die die kole en almal back hom op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.