Hof sê oor Nelspruit se naam

nelspruit naamDie Pretoriase hooggeregshof het uitspraak gelewer in die Kruger-Laeveld-sakekamer-en-toerismevereniging (KLST) se aansoek om Mbombela in Mpumalanga se naam weer na Nelspruit terug te verander.

Die Sunday Times het berig die hof het Donderdag die aansoek tersyde gestel.

“Ons sal die hof se besluit respekteer,” het Linda Grimbeek, woordvoerder van die KLST, aan die koerant gesê.

Die KLST het al in 2009 die naamsverandering gedaag, aangesien die proses glo gebrekkig was. Ongeveer 23 000 inwoners het ‘n petisie onderteken om Nelspruit se naam te behou. Grimbeek sê die regter het die aansoek met koste van die hand gewys, aangesien die naamsverandering reeds vier jaar gelede opgeteken is.

Grimbeek sê die organisasie se prokureur sal die uitspraak ondersoek.

Sibongile Nkosi van die departement van sport, kultuur en ontspanning in Mpumalanga, het die uitspraak verwelkom. “Ons kan vorentoe beweeg met die mandaat om ons mense te verenig,” het sy gesê. Sy sê die proses om die aanwysingsborde in die stad te verander sal bespoedig word.

Grimbeek het vroeër gesê die naamsverandering sal die Mbombela-plaaslike munisipaliteit sowat R450 miljoen kos. -SAPA

Lees ook:
Nelspruit hof toe oor naamsverandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

GELD MORS om julle mense te verenig! oh tog, hoe dom kan ‘n mens wees!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.