Hof sê oor OB se aanbevelings vir Reserwebank

busisiwe-mkhwebane

Busi Mkhwebane tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdagoggend die openbare beskermer (OB) se aanbeveling dat die Grondwet verander moet word om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank te wysig, ter syde gestel.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, is ook beveel om die regskoste te betaal.

Die Reserwebank het die OB se bevindinge voor die hof gedaag en aangevoer dat dit die bank se onafhanklikheid sou ondermyn.

Mkhwebane het in haar verslag oor skenkings wat die Reserwebank tussen 1985 en 1995 aan Absa, toe nog Bankorp, gemaak het, die parlement aangeraai om ʼn proses te begin om die Grondwet rakende die Reserwebank se mandaat te wysig.

Sy het in die verslag bevind die R1,125 miljard was ʼn onwettige skenking en sy het aanbeveel dat die bedrag van Absa verhaal moet word.

Mkhwebane het die Reserwebank se besluit om die skenkings te maak skerp gekritiseer. Volgens haar aanbeveling in die verslag moet die Reserwebank eerder fokus op ekonomiese groei en transformasie as op inflasiebeheer en die beskerming van die rand. Sy het gesê dié bank moet voortaan eerder na die “sosio-ekonomiese welstand van die burgers” omsien en die hoofdoel van die Reserwebank moet die bevordering van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei wees.

Haar bevindinge is wyd veroordeel, onder meer deur die Reserwebank self, die minister van finansies, asook verskeie sake- en regskenners.

Die Reserwebank het kort daarna ʼn dringende hersieningsaansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die aanbevelings in die verslag ter syde te stel.

Mkhwebane het in Julie nog aangedui sy sal die hofaansoek teenstaan, maar etlike dae later gesê sy het haar regspan se raad aanvaar om eerder nie die aansoek teen te staan nie.

Die Reserwebank het egter voortgegaan met die hofaansoek omdat dit glo die hof moet ʼn amptelike bevinding oor die saak maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

lekker – kom nou as jy mense aanstel wat nie die job kan doen nie

Johan. H. ·

Net daar om te vat en ty kyk waar kan hulle nog n bietjie terug kry.Hulle word mos geskuld forever…HaHAHA.

Rasper ·

Ek hoop dat hulle sal BEWYS kan lewer sodra sy die geld terug betaal. Om te se en te doen is 2 verskillende dinge.

B-man ·

Haar fokus is op die verkeerde plek. Ondersoek R1,125 milj., maar die R100 milj. wat uit die land se fiskus verdwyn het, sedert Zuma se aanstelling, word geïgnoreer.

Anoniem ·

Is daar ‘n manier om haar persoonlik aanspreeklik te hou vir die onkoste van die hofsaak?

Johan. H. ·

Sukkel maar om Madonsella se plek vol te staan, Wou n impak maak toe flop dit,,,,, Skaam

Johanna Botha ·

Ek het gehoor sy is nie op die rol van advokate nie …is dit waar , weet iemand iets van dit ? Sy tree verseker op of sy nie baie weet nie en dalk ook omring is met mense wat self nie weet wat hulle doen nie …gaan SY ons nou beskerm …ASB wat n grap !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.