Hof sê oor OB se Bankorp-verslag

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, se omstrede Bankorp-verslag ter syde gestel.

Die saak is in Desember aangehoor. Die hof het Vrydag beslis Mkhwebane moet Absa en die Reserwebank se regkostes betaal en dat ʼn deel daarvan uit haar eie sak moet kom.

Mkhwebane het in haar verslag aanbeveel dat die spesiale ondersoekeenheid die R1,125 miljard moet verhaal wat Absa, voorheen Bankorp, in die 80’s van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het.

Sy het in haar verslag oor skenkings wat die Reserwebank in dié tyd aan Absa, toe nog Bankorp, gemaak het, ook die parlement aangeraai om ʼn proses te begin om die Grondwet rakende die Reserwebank se mandaat te wysig. Sy het in die verslag bevind die R1,125 miljard was ʼn onwettige skenking en sy het aanbeveel dat die bedrag van Absa verhaal moet word.

Absa het Mkhwebane hof toe gesleep oor die verslag en gesê sy het versuim om ʼn regverdige en onbevooroordeelde ondersoek te doen na die finansiële reddingsboeie wat gedurende die apartheidsjare aan Bankorp verskaf is.

Mkhwebane het in haar beëdigde verklaring beweer sy het bloot vir oudpres. Jacob Zuma versoek om dit te oorweeg om die spesiale ondersoekeenheid te vra om nadere ondersoek te doen oor wie, indien enigiemand, hierdie finansiële hulp moet terugbetaal. Mkhwebane het gesê haar kantoor se ondersoek het bevind die destydse wit minderheidsregering het die Grondwet oortree deur die lenings toe te staan.

Absa, ʼn filiaal van die Barclays Africa Group, het Mkhwebane daarvan beskuldig dat sy versuim het om te voldoen aan die standaarde wat van ʼn staatsinstansie in litigasie verwag word. “Sy het nooit openlik of ondubbelsinnig met die bewyse omgegaan nie en ook nie voldoen aan haar verpligting om die volle Reël 53-rekord aan die partye te voorsien nie.”

Die Reserwebank het Mkhwebane ook daarvan beskuldig dat sy haar mag misbruik in die regsgeding oor haar Bankorp-verslag. Die bank het verder gesê sy is bevooroordeeld en dat sy die onafhanklikheid van die Reserwebank ondermyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

linda ·

Dis regso, sy is nie n behoorlike Advokaat nie, hoop Cyril raak vinnig van haar ontslae !!!!

Eish ·

Eish!
Kyk nou net wat gebeur in die praktyk wanneer jy nie in jou moedertaal studeer nie né!
Ons verstaan dan net kol-kol, en dit is bykans bokkerol!

SjN ·

Laat dit vir haar n les wees, moenie krap waar dit nie jeuk nie, die saak was jare gelede al afgehandel, ondersoek eerder deeglik die Vrystaatse melkplaas skandaal.

Eish ·

Laat ek weer probeer.
Dit wys ons weereens op die belangrikheid van moedertaalonderrig.

Paul ·

Ja, en Julius het in beide hierdie dame se aanstelling én met Zuma se verkiesing tot president ‘n baie groot rol daarin gespeel dat hulle verkies is. As Julius en sy gevolg anders gestem het (In Zuma se geval, die ANCYL en in hierdie dame se geval die EFF) het ons nie met beide opgeskeep gesit nie. Klaarblyklik het Julius maar ‘n swak oordeel om oor sulke sake te besluit.

anti verrotting ·

Heeltemal buite haar diepte. Wat maak sy in daardie pos?

Griki ·

Jaaa, laat dit vir haar ‘n goeie les wees. Ek hoop die bedrag wat uit haar sak moet kom is ‘n stewige bedrag en dan hoop ek sy bedank. Sy is in die moeilikheid oor die Vrede-verslag ook. Hmmm, hier kom ‘n ding.

Koos B ·

As sy net ‘n deel moet betaal wie gaan die res betaal.Seker maar weer die belasting betaler.
Sy het geen idee wat sy in die pos doen nie.Miskien met Zupta nou uit die pad uit kan sy haar by haar werk bepaal alhoewel sy totaal onbevoeg is.

Gerd Lourens ·

Koos B, ek is seker ABSA gaan grootmoedig wees en ‘n sagte lening aan haar toestaan.

Jacques Venter ·

Die Engelse het n goeie woord DECOY. Sit die aandag op n geringe saak om die aandag van n groter saak weg te vat

Van al die partye was dit NET die DA wat gekant was teen haar aanstelling

Gerrit ·

Nie waar die VF+ het voor sy aangestel is reeds hulle teenkanting gewys.

Thinus ·

Sy is die produk van regstellende aksie. Verder is dit duidelik ook dat sy eerder die rasse kaart wou speel om die aandag te probeer vestig oor ‘n ou apartheidsaspek in plaas daarvan om te konsentreer op die huidige staatskaping. Dit was ‘n patetiese poging om die kollig te probeer skyf van ‘n onbevoegde advokaat. Die vrou hoort nie in die posisie en kan nie onpartydig besluite neem nie. Raak van haar ontslae en stel weer vir Thuli Madonsela aan.

Alida ·

Haar “beskermheer” Zuma KAN haar nie help nie. Hy “drop” hulle nou lekker. Wil mos nie luister nie. Kry vir jou sissie.

PJC ·

Miskien moet sy van meineed of bedrog aangekla word oor hierdie wanvoorstellings voor die hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.