Hof sê oor parool vir Bob Hewitt

Bob Hewitt tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (78) se aansoek om sy tronkstraf na korrektiewe toesig om te skakel, is van die hand gewys.

Hewitt is in Mei 2015 skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding. Peter van Niekerk, ʼn prokureur van Eversheds Sutherland wat die slagoffers verteenwoordig het, het aan Maroela Media bevestig dat Hewitt se aansoek om die omskakeling geweier is.

Maroela Media het vroeër berig regter Bert Bam het Hewitt tot ses jaar tronkstraf gevonnis. “Daar is duidelik geen vooruitsigte van rehabilitasie nie,” het Bam in daardie stadium gesê. Die regter het verduidelik indien Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word. Hy het gesê Hewitt het net homself vir sy ellende te blameer.

Hewitt is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Suellen Sheehan in die 1980’s en die seksuele aanranding van nóg ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Hy dien sedert September 2016 sy tronkstraf uit by die St Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth ná die konstitusionele hof sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

Hewitt het sewe titels in enkelspelle en 65 in dubbelspelle verower, asook al die Grand Slam-dubbeltitels en mans- en gemengde dubbelspelle. Suid-Afrika se enigste Davis-bekertitel in 1974 is aan hom te danke.

Sy naam is in 1992 in die internasionale tennis-eregalery opgeteken, maar dit is onbepaald opgeskort ná die saak van seksuele teistering in November 2012 teen hom aanhangig gemaak is.

Lees alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Antoinette ·

Shame dit is so sad maar soos die regter sê hy het net homself te blameer!

Maljan ·

Toe hewitt in sy 50’s was, was regters nog nie in kompetisie met mekaar om te sien wie kan die meeste jare tronkstraf oplê wat gelyklopend uitgedien word sodat oortreders die minste tyd in die tjoekie deurbring nie.

Ander Annie ·

Nee wat, hy het sy befaamde posisie gebruik in ander “posisies’. Die Regter is korres, hy het dit beslis oor homself gebring.

Peet J ·

Is die vrou wie se naam nie bekend gemaak mag word nie dan verhewe bokant die wet of is dit ‘n soort van geheimhouding. Na +- 38 jaar word ‘n persoon op grond van spekulasie skuldig bevind blykbaar is hierdie ook nou ‘n geval van die wet van Mede en Perse om nie korrektiewe toesig toe te staan nie .

Ellisras ·

Bob het reeds verminderde tronkstraf gekry vanweë sy gevorderde ouderdom. Wat ek nie dink ouderdom moet ‘n versagtende rede wees nie. Om dus nou WEER ouderdom te wil gebruik is net kanse vat.

humor ·

Ek weet nie so mooi nie. Hiedie dade waaraan hy skuldig bevind is, vind seker nie so met die eerste oogopslag plaas nie. Kon die slagoffers nie voortydig gemerk het daar is rooiligte nie en vookomend opgetree het nie.

marina appelgryn ·

Ek bevraagteken baie hierdie slagoffers!! Wie sê hul so onskuldig?? Om nou na soveel jaar kamstig te vore kom! Hul was dalk heel gewillig want op daardie ouderdom geniet meisies enige aandag en dalk om vinnig leer te klim!!!? Vir ny vrou bepaal hoe ver man se attensies mag gaan!! Jy is die een wat streep trek!!! Nou betaal hy op sy ou dag en dis mos mode en sosiake aansien geword vir vrouens om nou te vore kom vir seksueeke misdade!!!

Tarien ·

Grillerige ou. Hy behoort bly te wees dis net 6 jaar, hy moes veel langer gesit het.

Piet ·

Haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit iemand anders se oog probeer haal.

Justine ·

The victims were underage (12) at the time. The one child informed her parents at the time and they laid charges, to be told by the police that because Mr Hewitt was so famous they were wasting their time. The other child’s parents accused her of lying.

Mellie ·

Daarsy laat hy sit! Hy het lank genoeg sy ‘vryheid’ geniet terwyl sy slagoffers in n emosionele tronk was.

GRIET ·

Onbeskryfbaar jammer…vir sy slagoffers, sy arme onskuldige familie…
aaaijaajaai…oom Bob,pleks jyt betyds hulp gaan soek

Nel ·

Verkragting is net do erg soos om moord te pleeg. Mens is nooit weer dieselfde ns verkragting nie. Hy moet maar sit!!

Peet J ·

Volgens die vorige SAP se optrede sou hulle defnitief nie die aanklag verdoesel het asgevolg van Mnr. Hewitt se internasionale aansien nie .
Die ouers van die ander kind het die bewerings as leuens afgemaak maar kon mos die nodige stappe geneem het om die situasie te beredder.
Die SAUK het voorgehou dat die klaagsters die saak vooraf bespreek het is dit nou so ‘n ernstige saak om nie korrektiewe toesig toe te staan nie of is dit ook maar politiek gemotiveerd .

Wilma ·

Laat hy sit. Hyt geweet sy optrede is walglik. Vieslike ou man..

Giffie ·

Kyk die spul wat komentaar lewer kan nie spel nie damduikers se ek ek jou, sit diknek en oordeel tipies laeklas

Anita ·

Sy beroemdheid het hom onaantasbaar gemaak het hy gedink, maar die slagoffers moet lewenslank leef met wat gebeur het. Daar loop duisende Hewits rond in SA, hoog geplaasde persone , geld kan alles uitwus. Hy moet sy volle staf uitsit, dit moet ‘n les wees vir die ander wat daarmee wegkom en vryloop. Die slagoffer het LEWENSLANK sigies gekry en moet daarmee saamleef elke dag van hulle lewe.

marina appelgryn ·

Ek bevraagteken baie hierdie slagoffers!! Wie sê hul so onskuldig?? Om nou na soveel jaar kamstig te vore kom! Hul was dalk heel gewillig want op daardie ouderdom geniet meisies enige aandag en dalk om vinnig leer te klim!!!? Vir ny vrou bepaal hoe ver man se attensies mag gaan!! Jy is die een wat streep trek!!! Nou betaal hy op sy ou dag en dis mos mode en sosiake aansien geword vir vrouens om nou te vore kom vir seksueeke misdade!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.