Hof sê oor pedofiel se appèlaansoek

Argieffoto

Die appèlhof in Bloemfontein het uitspraak gelewer in die pedofiel Andries Petrus Retief (37) se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis.

Retief is in Julie vanjaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook tot verdere tronkstraf gevonnis op ander aanklagte. Die regter het egter gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word. Retief moet dus effektief agt jaar tronkstraf uitdien.

Retief het in Augustus aangedui dat hy teen die vonnis wil appelleer en het ʼn dringende aansoek ingedien om op borgtog vrygelaat te word hangende die appèlhof se uitspraak.

Adv. Evadne Kortje, vir die staat, het Retief se borgtogaansoek teengestaan en onder meer aangevoer daar heers kommer by van die slagoffers se ouers en dat dit die publiek se veiligheid ondermyn. Twee regters van die hooggeregshof het saamgestem en Retief se dringende borgtogaansoek geweier. Onmiddellik nadat die aansoek geweier is, het Retief se regspan ʼn aansoek ingedien om teen die vonnisuitspraak te appelleer.

Kortje het hierdie aansoek ook teengestaan en aangevoer die aansoek het geen vooruitsig op sukses nie. Die regters het weer eens met die staat saamgestem. Retief moes dus tronkstraf begin uitdien.

Retief se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis is op 1 September ingedien en die appèlhof het die aansoek vandeesmaand van die hand gewys. Die hof het bevind daar is geen buitengewone omstandighede wat ʼn verdere appèl regverdig nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het Maandag die appèlhof se uitspraak verwelkom.

“Die uitspraak sal die beskuldigde verhoed om enige verdere pogings aan te wend om die tronk te vermy,” het Ntabazalila gesê.

Maroela Media het vroeër berig Retief, ʼn siviele ingenieur, is in Augustus 2015 in die hof vir seksuele misdrywe in Parow tot agt jaar tronkstraf gevonnis op voorwaarde dat hy nie binne vyf jaar weer dieselfde oortredings begaan nie. Die vonnis is egter heeltemal opgeskort, wat beteken het dat hy nie tronkstraf moes uitdien nie.

Dit volg nadat Retief skuld beken het op verskeie aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie sowel as seksuele aanranding. Retief, ʼn eerste oortreder, het toe skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Hy het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem. Van sy slagoffers sluit in ʼn sesjarige, ʼn agtjarige en ʼn negejarige kind wat almal seksueel aangerand is terwyl hulle geslaap het.

Die Wes-Kaapse direktoraat van openbare vervolging het egter destyds teen sy “skokkend onvanpaste ligte vonnis” geappelleer waarna hy tot tronkstraf gevonnis is. Daar is ook beslis dat sy naam op die lys van seksuele oortreders geplaas moet word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HESTER ·

Ek wil net mooi verstaan 2130 aanklagte teen hom? As ek nou reg gelees het.
Waarvoor appelleer hy so, Is dit soveel kinders wat met sy siek idee van leefstyl se lewens verwoes is?
Dis absoluut siek en indien dit my kind was of iemand wat ek sou ken da sou hy nie regop bly staan het nie.

Cherokee ·

Jy verstaan reg Hester, ongeveer 3 x soveel aanklagte as Zuma.

geskok ·

jy kan kinders verkrag en porn doen maar moet net nie in n kis sit nie …dis belaglike straf vir iemand wat jou kinders kan skade aanrig….nee kyk lagwekkend..

Cor ·

Nou verwonder ek my hy het skuld beken op die aanklag nou reken hy seker dit is genoeg vir n ligter vonnis. Die kinders is vir die res van hulle lewens geestelik geskend wat n erger vonnis vir hulle is as sy 8 jaar. Laat hom appeleer en gee hom dan n swaarder vonnis as hy nie tevrede is met die ligte vonnis nie.

Fantabulous ·

NEE WRAGTIG ! Daardie kinders se lewens is verwoes maar kry agt jaar. Wat van die Boere van Mdb niemand is dood of so geskend nie. Die gereg is ook nie die gereg nie ! Hulle moet die Pedo se tronk sleutel weggooi !

Sylvi ·

Na my mening is hierdie vonnis nog te lig. Mag dit in elk geval ‘n waarskuwing uitstuur aan al daai vroetel pappies wat nooit gevang word nie.

Andre ·

Die vonnis bly skokkend onvanpas! Iemand wie kinders molesteer moet vir die res van sy hele lewe lank toegesluit word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.